Ierse onderwyskenner in Kaapstad vermoor

John Curran. Foto: Facebook

ʼn Onderwyskenner van Ierland se liggaam is in ʼn hotelkamer in Kaapstad aangetref.

Die Irish Primary Principals Network (IPPN), ʼn professionele liggaam vir Ierland se laerskoolleiers, het gesê hy het met skok, hartseer en ongeloof van John Curran, ʼn hoogs gewaardeerde kollega en vriend, se dood verneem.

Lt.kol. Andrè Traut, woordvoerder van die polisie, het bevestig die liggaam van ʼn 60-jarige man is Woensdag in sy hotelkamer in Buitengrachtstraat in Kaapstad gevind. “ʼn Saak van moord word ondersoek en niemand is nog in hegtenis geneem nie.”

Curran was ʼn stigterslid van IPPN en het van 2000 tot 2007 in die organisasie se uitvoerende komitee gedien. Hy was 16 jaar lank hoof van die Good Shepherd National School in Churchtown in Dublin, Ierland, voordat hy in Junie 2005 op vroeë aftrede gegaan het.

Curran was egter so passievol oor onderwys dat hy in Oktober 2016 as ʼn direkteur van Mellon Educate, ʼn Iers gebaseerde Afrika-ontwikkeling-liefdadigheidsorganisasie, in Suid-Afrika kom werk het. “Hy was passievol daaroor om onderwysers en hoofde te bemagtig.”

Volgens IPPN het Curran in 2016, 2017 en 2018 ʼn bydrae gelewer om Ierse onderwysers en hoofde na Afrika te bring as deel van projekte om skole te bou, bestaande skoolinfrastruktuur te verbeter en die professionele ontwikkeling van skoolleiers te ondersteun.

IPPN het gesê Curran sal gemis word vir sy wonderlike sin vir humor, sy aansteeklike lag en sy vermoë om ernstige kwessies ligter te maak. “Hy het ʼn diepgaande impak op verskeie kinders in Ierland en Afrika gehad, sowel as op skoolleiers, kollegas, vriende en sy familie.”

Curran se seun, Eoin, is in 2010 in ʼn seiljagongeluk dood. Hy word oorleef deur nog drie kinders, sy ses kleinkinders en sy twee susters.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Yankee ·

Please don’t blame South-Africa for this. Blame the Government for a “cold shoulder” to crime!!! God bless your Country.

L ·

Wanneer gaan die buitelandse mense besef SA is gevaarlik en dat hulle liefs nie hierheen moet kom nie…. Sterkte aan die familie wat hy agterlaat. Hoop die buiteland sien eendag dat ons president en al sy makkers lieg oor die misdaad in SA!!

Adam ·

Tragies, en dan wonder mense nog oor hoekom die leiers van die groot Westerse moondhede vere voel vir SA.

Oujongvrou ·

Buitelanders moet maar hulle hulp elders as hier gaan aanbied. Hier kom kry jy jou dood as dank. Dis die verskriklike waarheid.

christa ·

dis die nuwe Suid Afrika waar moord elke dag op die ‘to dp list” is

Hettie ·

Jammer vir sy mense ! Maar ongelukkig soek buitelanders hulle dood deur na SA te kom! Regering het nie die vermoe om al die geweld wat hulle al die jare aangemoedig het nou te stop nie!

Fanie ·

Ierland moet ook nou wakker word soos Brittanje en alle ander lande moet wakker word wie se mense hier vermoor word. Julle WIL NIE LUISTER Nie, julle bly glo in AFRIKA en in die opbou en uitbou van AFrika, dit ten koste van julle eie mense. Julle waarsku nie julle mense teen die misdaad in Suid Afrika nie, Dit is tyd at die BUITELANDERS die droom van AFRIKA laat gaan .. ons wat hier woon weet dit is FAKE.

Jan ·

Nou ja daan is dit mos tot ons voorseel as hulle vermoor word dan sal die blankes leer om saam te ataan

Valerie ·

O, maar volgens RSG se “positiewe” denkers en mense daar wat alles weet is daar net een land in die heelal: SA. Assu-blief.

Snowball ·

SA is nie meer die land van melk en heuning nie, dis nou ‘n hool van misdaad en haat. Nog ‘n lewe verloor vir niks. Dankie cANCer. Julle vrot lê diep en julle skuld word baie groter as die apartheid skuld; julle kinders gaan van julle die ANC verantwoording kom eis, wie gaan julle blameer? Steeds Apartheid?…..Julle kinders gaan uiteindelik deur julle magsbeheptheid en korrupsie sien, en die hele vrot gemors wat julle as nalatenskap aangee vir hulle, gaan voor julle vuil deure gevee word.

Jan ·

Ag jy srlom man hulls sal altyd die afrikanerd blameer want dis wat die massa media hulle voer

Francois ·

Ja stuur nog van julle mense….sodat hulle ook vermoor kan word.

Lou ·

Ek verstaan ook eerlikwaar nie hoekom die buiteland nog enigsins probeer om opheffingswerk in Afrika te doen nie. Die mense waardeer niks nie, hulle breek alles wat deur die buiteland “gebou” word net weer af en gaan maar aan op die afrika styl. Dit is ‘n bodemlose put. Vergeet van Afrika en sy jammerlike mense en spandeer julle geld en tyd in lande waar opgevoede mense bly wat julle moeite sal waardeer.

Realiteit ·

Welkom in Afrika. Dis wolf in skaapklere. Wanneer gaan Europa dit besef?

Stan ·

Baie hartseer!!! Hierdie man het met sy lewe geboet om die wêreld ‘n beter plek te maak. Runs in vrede en baie sterkte aan sy familie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.