ʼn Ietermago, wat ʼn hoogs bedreigde spesie in Suid-Afrika is, is tydens ʼn roetinedeursoeking in ʼn minibustaxi in Mpumalanga gevind.
Kol. Athlenda Mathe, polisiewoordvoerder, het gesê lede van die polisie se snelspoorreaksie-eenheid en lede van die weermag was in Komatipoort met roetinepatrollies besig toe hulle die voertuig op die Mananga-pad deursoek het.
Die twee buitelanders in wie se besit die ietermago gevind is, is in hegtenis geneem. Hulle is boonop onwettig in die land.
“Die span het die twee gearresteer en die dier, wat intussen in die sorg van die Mpumalanga-toerisme- en parkeraad geplaas is, gered,” het Mathe gesê.
Die twee mans verskyn na verwagting Dinsdag in die Komatipoort-landdroshof op aanklagte wat insluit oortredings van immigrasiewetgewing en wetgewing oor die besit en vervoer van wild.
Die polisie het die afgelope paar weke verskeie vermeende wildsmokkelaars wat met ietermago’s betrap is, in hegtenis geneem.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
10 Kommentare
Sluit toe (in die land waar hulle vandaan kom…)
Verbeel ek my of word al hoe meer misdaad in SA verbind to buitelandse burgers en dan nog onwettig ook in die land? -Wys jou die ANC het beheer verloor oor ons grens beheer!!
Wel die grensdrade is stukkend – geen beheer nie en grensposte word deur korrupte beamptes beman en die taxi mafia vertel die regering wat hulle gaan doen – so anargie – gaos en wetteloosheid is ons land se droom!!
Die anc het mos die grense oopgegooi vir hul buitelandse comrades.
Sluit die taxi bestuurder ook toe ,dit is in sy voertuig gevind.