Ietermago naby Northam gered

Die ietermago wat gered is. (Foto: SA Polisie)

Vier verdagtes is agter tralies nadat hulle naby Northam in Limpopo met ʼn ietermago, ʼn hoogs bedreigde spesie, betrap is.

Kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder, sê die polisie het ʼn wenk uit die gemeenskap gekry dat die vier met ʼn Nissan Almera ry en in besit is van ʼn ietermago – en het blitsig toegeslaan.

“Die verdagtes se voertuig is opgemerk, hulle is voorgekeer en die voertuig is deursoek. Een ietermago is weggesteek daarin  gevind,” het Ngoepe gesê.

Die vier is summier in hegtenis geneem en die polisie het beslag gelê op die ietermago.

Die verdagtes verskyn binnekort in die Northam-landdroshof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Genis ·

Ai siestog, dis so n onskadelikke diertjie… Nou is die China ge-ball sal Genis en Serfaas se…

Dries ·

Sal graag meer detail oor die vier gearresteerdes wil hoor…

Elmarie ·

“Most poached animal in the world” – maak asb voorbeeld van die spul en pas swaarste strawwe moontlik toe!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.