Ietermago ook nou ʼn bedreigde spesie

'n Ietermago in die Kalahari. Foto: Darren Pietersen

‘n Ietermago in die Kalahari. Foto: Darren Pietersen

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Parke (SANParke) gaan sy waarneming van die ietermago verskerp tydens die vyfde Wêrelddag vir die Ietermago weens die toenemende bedreiging van dié spesie in Afrika en Suid-Afrika.

Ietermago’s, wat ook bekendstaan as miervreters, is een van die grootste slagoffers van onwettige handel. Baie van die diere sterf ook uit weens mensgemaakte elemente soos elektriese heinings. As gevolg van dié hoë aantal ietermago’s wat uitsterf, is die spesie wêreldwyd op die Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur se rooi lys van bedreigde spesies.

Dié spesie is al voorheen in die Kruger Nasionale Park (KNP), Kgalagadi-oorgrenspark, Mapungubwe Nasionale Park en Marakele Nasionale Park in Suid-Afrika waargeneem.

Volgens die Kruger Nasionale Park se algemene bestuurder, dr. Freek Venter, is dit moeilik om dié soogdiere te monitor en te bestudeer.

'n Ietermago wat homself beskerm deur in 'n bal te rol. Foto: Darren Pietersen

‘n Ietermago wat homself beskerm deur in ‘n bal te rol. Foto: Darren Pietersen

“Hulle is nagdiere en hoogs geheimsinnig met hul gedrag en gewoontes en dit is dus moeilik vir wetenskaplikes om hulle in die natuur te bestudeer. Dit is ook onbekend hoe lank ietermago’s in die natuur lewe, maar daar is al beweer dat hulle tot 20 jaar in aanhouding geleef het.”

Ietermago’s is bedek met oorvleuelende skubbe wat help om hulle te beskerm wanneer hulle bedreig word. Hulle kan hulself ook oprol in ’n bal om hulself te beskerm. Hulle loop op twee bene.

In sommige kulture word geglo ietermago’s het genesende kragte, wat verder veroorsaak dat hulle doodgemaak word vir tradisionele medisyne. Die soogdiere word ook beskou as ’n lekkerny en is groot in aanvraag in lande soos China en Vietnam.

“Wildstropery moet gestop word en mense moet die diere se voortbestaan beskerm voordat dit te laat is,” het Venter gesê.

Die vyfde Wêrelddag vir die ietermago vind op 20 Februarie plaas. Besoek SANParke se webwerf vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Eliza-beth ·

Die arme goed word ook vir “muti” gevang. Ai arme, arme diere…

E.K. ·

Natturlik sal die Oosterlinge dit weer as ‘n lekkery beskou, hulle gee mos nie ‘n snars om vir die natuur nie. Dolfyne en walvisse word ge(vr)eet, sop word van haaivinne gemaak, so ook sop van voëlnessies en so kan ek aangaan. Alles word uitgeroei of ind ie naam van sg medisyne of om ge(vr)eet te word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.