Ietermagô van vermeende stropers gered

Foto: SAPD, Noordwes

ʼn Seldsame manlike Afrika-ietermagô, wat deel is van die hoogs bedreigde spesie in die wêreld, is in Rustenburg, Noordwes, gesteel.

Die dier is na bewering van die Rampampa-gebergtes, net buite Mabeeskraal, Mogwase gesteel.

Kapt. Elsabé Augoustides, woordvoerder van die polisie, sê die ietermagô is na bewering gesteel en daarna op 1 Augustus na Rustenburg gebring. “Die polisie het ʼn wenk van lede van die gemeenskap gekry en die dier is in die besit van twee persone by Rustenburg-taxistaanplek gevind. Die verdagtes het die verskrikte dier in ʼn plastieksak gehou en hulle sou in ʼn taxi daarmee weggery het, toe lede van die Phokeng-veediefstaleenheid op hulle toegeslaan het.”

Volgens inligting wat ontvang is, is die taxi voorgekeer en deursoek. “Tydens die soektog is die dier, met ʼn geraamde waarde van R400 000 gevind. ʼn Voorlopige ondersoek het aan die lig gebring die verdagtes wou die dier vir R20 000 verkoop,” het Augoustides bygevoeg.

Die ietermagô word beskou as een van die wêreld se mees gesoekte bedreigde spesies. “Dit is aan ʼn dierekenner oorhandig vir veilige bewaring. Die ietermagô sal na die hospitaal vir weerlose diere in Johannesburg geneem word.”

Na bewering word ietermagôs gevang weens ongegronde gelowe van die medisinale waarde van hul skubbe.

Die twee beskuldigdes, Surprise Moyani Nkomezulu (25) en Tlhobogang Daniel Mantsho (34), het Vrydag in die Rustenburg-landdroshof verskyn. “Hulle is vrygelaat op R2 500 elk en sal op 31 Augustus weer in die hof verskyn.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Helene ·

Dankie tog hierdie pragdier is gered. Maar hoeveel miljoene ander word mee gesmokkel! Die wêreld is ‘n aaklige plek om te wees vir die dierewêreld. Maar daar is nog duisende goeie mense wat vir hulle veg!! Dankie!!

Henk du Toit ·

Wanneer sal die mens tevrede wees? Wanneer daar nieks meer oor is nie? Die mens is die enigste swak plek in ‘n volmaak geskape aarde. Aangestel om te heers oor die diere en die natuur maar vernietig dit. Het die aarde nie dalk weer n sondvloed nodig nie?

Nettie ·

@Henk du Toit – ek dink ek stem saam met jou. “Mankind is the worst kind”. Miskien is ‘n helse aardse ramp – soos die Sondvloed – weer nodig om die mensdom daaraan te herinner dat die aarde GOD se aarde is, nie ons s’n nie.

Anne-Marie ·

In Zimbabwe het hulle so 2 maande terug 2 persone gevang met een. 3 ure later is hul elk met 8 jaar elk gevonnis. Geen verskonings word hier aanvaar nie. Reguit tronk toe

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.