Ignoreer valse boodskap, vra Sassa

Die boodskap wat op sosiale media versprei word

Die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid (Sassa) het Vrydag begunstigdes gemaan om ‘n valse boodskap, wat op sosiale media versprei word, te ignoreer.

Die boodskappe voer aan dat Sassa skooldrag en skryfbehoeftes verskaf aan kinders wat die kindertoelaag ontvang.

Moabi Pitsi, waarnemende nasionale woordvoerder van Sassa, het gesê die inligting is nie akkuraat nie. Hy sê Sassa verskaf nie enige skryfbehoeftes aan skoliere nie, omdat dit nie binne Sassa se mandaat val nie. “Skoolklere word verskaf as deel van die maatskaplike noodlenigingsprogram. Dié program word egter geïmplementeer kragtens die Wet op Maatskaplike Bystand van 2004 en alle voornemende begunstigdes moet voldoen aan die voorgeskrewe kriteria,” het Pitsi verduidelik.

“Die program word gefasiliteer ná gesprekke met die hoofde van die geïdentifiseerde skole en ʼn assessering deur Sassa gedoen is. Kinders wat voordeel trek uit die program is reeds geïdentifiseer en bestellings is geplaas vir die skooldrag deur plaaslike koöperasies wat die klere maak.”

Pitsi ontmoedig enigiemand om die valse boodskappe aan te stuur, aangesien dit tot verwarring lei onder begunstigdes van die welsynstoelaes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Johann cb ·

Laaste woord in die “boodskap” is “cloths”! Die sender het ‘n probleem, want ‘n ” cloth” is ‘n stuk lap, gewoonlik een wat oud en stukkend is! Ai tog, dan kan ons ook nie eens spel nie…vergeet nog van die regte betekenis!

PJC ·

So steier Sassa van een ramp na die ander. Selfs die stormagtige gebeure die afgelope tyd oor wie wat moet doen met die uitbetaling van toelaes kon hulle nie oorreed om dinge op die regte en eerlike manier te doen nie.

Hanna ·

Die sot kan duidelik nie spel nie! Dalk moet hy / sy maar self weer teruggaan skool toe… met die behoorlike school ” cloths ” en al. Lol!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.