Die senaat van die Universiteit van Kaapstad het Vrydag in ʼn oorgrote meerderheid ten gunste van die verwydering van Cecil Rhodes se standbeeld van die kampus gestem.
“Altesaam 181 lede het ten gunste van die skuif gestem, een persoon het daarteen gestem en drie persone was afwesig,” het Patricia Lucas, woordvoerder van die universiteit, in ʼn verklaring gesê.
Sy het gesê die senaat het aan die raad van die universiteit aanbeveel dat die standbeeld permanent van die kampus verwyder word en dat dit aan die erfenisowerheid oorhandig sal word vir veilige bewaring. Die standbeeld sal met onmiddellike effek bedek word totdat dit verwyder is.
Rhodes (1853 – 1902) was ʼn Britse kolonialis, sakeman, mynmagnaat en politikus in Suid-Afrika. Rhodesia (nou Zimbabwe) is in 1895 na hom vernoem. Danksy sy nalatenskap word verskeie Rhodes-beurse uitgereik.
ʼn Student het verlede week uitskot oor die standbeeld uitgegooi. Die standbeeld is ook met swart plastieksakke bedek. Die “Rhodes moet val”-groep het gesê hy beplan om politieke opvoeding op die kampus te implementeer.
Max Price, visekanselier van die universiteit, het in daardie stadium gesê die standbeeld moet nie vernietig word nie, dit moet net geskuif word. Die studente het hierdie voorstel verwerp. Price het ook gesê slegs die raad kan die besluit neem om die standbeeld te skuif, en daarna kan goedkeuring van Erfenis Wes-Kaap bekom word. Die raad sal die kwessie op 8 April tydens ʼn spesiale vergadering bespreek.
Die studente het Maandag ʼn sitstaking gehou.
Kennisgewings is oral op die kampus se kennisgewingborde geplaas waarin studente se terugvoer versoek word. Alumni het ook e-posse ontvang en is gevra om hul standpunte en menings te deel.
Lees alle vorige berigte oor Rhodes op Maroela Media.
Ek wonder hulle wil die standbeeld met alle mag verwyder, gaan hulle nou nee dankie sê vir die beurse ook?
@Lorraine jy vra presies wat ek wil weet. Ek kan egter met byna 100% sekerheid sê die ontvangers van ’n Rhodes-beurs, wat ook die “Rhodes mort val”-veldtog ondersteun het, die skynheilig sal wees en die beurs sal aanvaar.
Ek wonder hoeveel tyd hulle bestee aan hulle studies, en hoeveel uiteindelik hulle studies gaan voltooi
Die spul is so gekant teen Rhodes, maar hulle praat Rhodes se taal.
Hier is vir seker ‘n erge opswepery.
Die redenasie vermoee van ons land se woestaards laat veel te wense oor!!
Hierdie kwessie gaan totaal en al oor die arrogante, doelbewuste verkeerd opvryf van
die minderheid!!
Die begin van kommunisme is die totale “uitwissing” van n land en sy mense se geskiedenis……..
Is dit nie dieselfde Universiteit wat growwe rassediskriminasie toepas in hulle toelatings vereistes na hulle mediese fakukteit ? Ek onthou berigte dat ‘n wit student se vereiste matriek slaagsyfer omtrent 20% meer as ‘n swart student s’n moet wees .
Wat ‘n tersiere Wit gepleisterde graf !
Kanselleer die beurse met onmiddellike effek, hulle wil mos niks met sy nalatenskap uit te wai he nie .
UCT ……….Universal Communist Training !!!
Enige voorstelle vir Rhodes Universiteit se nuwe naam?
Gaan hulle die standbeeld na die Apartheid Museum neem waar alles waarvoor Apartheid gestaan het mos gevestig is?
Hopenlik val die beurse ook weg, hkm is sy beurse goed genoeg.