Ikeys-student vertel van angswekkende aanval

Rebecca Liv Shain (18). Foto via ANA

Rebecca Liv Shain (18). Foto via ANA

Rebecca Liv Shain, ʼn 18-jarige student aan die Universiteit Kaapstad (UK), het ʼn angswekkende aanval oorleef.

Shain, ʼn eerstejaar BA-student, vertel sy het op 29 Januarie omstreeks 15:00 in Lover’s Lane in Rondebosch naby die hoofpad gestap, toe sy ʼn man opgemerk het wat in haar rigting loop.

Sy het hom in die verbygaan gegroet, maar bedreig gevoel toe sy besef hy het omgedraai en begin om haar te agtervolg.

Shain het gesê sy het besef haar agtervolger is besig om stemnotas na ʼn medepligtige te stuur, wat verder af by ʼn stilstaande motor in die pad gestaan het. Sy het vinniger begin stap na ʼn gebied wat gewoonlik besig is.

“Daar was egter geen mense of voertuie nie. Hy het my ingehaal en ʼn vuurwapen uitgeruk en my gedreig om stil te bly en nie te beweeg nie,” het sy gesê. “Ek het begin om my longe uit te skreeu. Hy het my aan my regterarm gegryp en ek dink hy het my handsak gegryp. Ek het gekoes en toe slaan hy my herhaaldelik met die vuurwapenkolf agter my kop.”

Shain het gesê sy het haar bewussyn verloor, maar inwoners het op haar hulpkrete reageer. Teen die tyd wat hulp opgedaag het, het die aanvaller en sy medepligtige reeds in ʼn blou motor weggejaag.

“Bloed het uit my kop gestroom. My hele rok was vol bloed.” Sy is na die Kingsbury-hospitaal geneem vir behandeling, waar sy agt steke moes kry. Die Rondebosch-polisie ondersoek die voorval.

Volgens Shain het die polisie gesê dieselfde twee aanvallers was vermoedelik by drie soortgelyke voorvalle in Claremont en Rondebosch betrokke oor die afgelope paar weke.

ʼn Tweedejaarstudent, Sebastian Scheidereiter (22) aan dieselfde universiteit se mediese kampus, het Maandag die mees onlangse slagoffer geword. Lees meer hier.

Kylie Hatton, woordvoerder van die UK, het gesê die universiteit is bekommerd oor die onlangse voorvalle en sal hul samewerking aan die polisie gee om die skuldiges te probeer vastrek.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

DPJ ·

In ons land is niks en iemand meer veilig.
Mense van RSA keer terug na God drie enig en jy het ‘ n grtoue bewaarder wat nie sluimer of slaap nie.

m ·

Alles is buite beheer. Niemand is nerens mee veilig nie. Die regering verkondig dan rassisme so dit gaan net erger word.

Anoniem ·

Ons is S.A moet leer om nerens alleen te gaan nie..nie mans nie vrouens..nie kinders nie!!!!!!!!

DPJ ·

Ja Anonie, neem ons God orals saam met jou. As jy Hom nie met jou saam kan neem nie weet dat jy op verkeerde pad is.

tamboti ·

DPJ, dink of glo jy regtig dat geen kinders van drie enige God, ooit aangeval of vermoor of besteel word nie? Die Woord voorspel dat die lewe vir Sy kinders juis nie maklik gaan wees nie.

Drikus ·

Komaan UK, dit is nie so ‘n groot gebied nie. Stel ‘n lokval vir die aanvallers en beëindig hulle lafhartige dade.

Tina du Toit ·

Ek stem saam met Anoniem en Karolis. Mens kan dit nie waag alleen loop nie. Dit kan met enige een gebeur. Mens is net gespaar deur die genade van God!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.