Ikeys verower top-10-posisie op wêreldvakranglys

Die Universiteit van Kaapstad. Foto: https://www.news.uct.ac.za

Die Universiteit van Kaapstad (UK) het Dinsdag gesê die instansie het twee plekke opgeskuif om weer ʼn top-10-posisie te beklee op die jongste wêreldranglys wat per vakgebied ingedeel is.

Ikeys het deur ontwikkelingstudies sy stempel afgedruk op die ranglys wat deur die opvoedingspesialiste Qaucquarelli Symonds (QS) bekendgemaak is. Die 2019 QS World University-ranglys plaas die UK onder die top-100 internasionale universiteite in altesaam nege vakdissiplines.

Dié ranglys het 1 222 instellings geassesseer en hulle in 48 verskillende dissiplines in vyf breë vakgebiede geplaas.

Die UK het vanaf verlede jaar twee plekke opwaarts tot die negende posisie vir ontwikkelingstudies geskuif. Dit maak dié universiteit die enigste universiteit in die suide van die wêreld wat onder die top-10 vir hierdie spesifieke dissipline verskyn.

Agt ander vakke by die UK wat ook onder die top-100 gelys is, sluit in anatomie en fisiologie, antropologie, argeologie, argitektuur/omgewingsbou, opvoeding, geografie, sosiale beleid en administrasie, asook sportverwante vakke.

“Ons is trots op die uitwerking van ons navorsing op die stryd teen talle probleme wat ons vasteland in die gesig staar,” het Mamokgethi Phakeng, visekanselier, gesê.

“Ons posisie onder die top-10 vir ontwikkelingstudies, in die besonder, is ʼn bewys van die waarde van ons navorsing, onderrig en leer in dié vakgebied.”

In die vyf breë vakgebiede vir 2019 is die UK in die 145ste plek op die ranglys vir kuns en geesteswetenskappe, 300ste vir ingenieurswese en tegnologie, 112de vir lewenswetenskappe en medisyne, 223ste vir natuurwetenskappe, asook 166ste vir sosiale wetenskappe en bestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Deon ·

UCT is die meeste van die tyd gesluit, so in daai gebied is hulle seker nr. 1.

Stephen Namibia ·

Wonder wat is die beoordelaars se criteria. Het in 2018 kursus by Ikeys gedoen. Studente toon oor algemeen tekort aan dissipline. Die plek vuil en verwaarloos en niks werk nie.
Stellenbosch maar die top Uni in SA!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.