Ikeys verwerp haatspraak-hemp

Die foto van die beweerde UK-student . Foto: Twitter

Die foto van die beweerde UK-student . Foto: Twitter

Die Universiteit Kaapstad (UK) het Donderdag gesê hy veroordeel enige uitdrukking van rassisme of haatspraak ten sterkste.

Dit volg nadat ʼn foto van ʼn beweerde UK-student met ʼn T-hemp aan met die woorde “Kill all whites” daarop geverf, die ronde op sosiale media doen.

“Ons is ernstig besorgd oor die foto wat versprei word. Die universiteit het dadelik ʼn ondersoek van stapel gestuur en volg die nodige prosedure. Ons sal die nodige stappe doen om aandag te gee aan hierdie saak,” het die universiteit in ʼn verklaring gesê.

Die voorval kom te midde van die “blackface”-herrie nadat twee vrouestudente aan die Universiteit van Stellenbosch (US) hulself klaarblyklik vir ’n studentepartytjie pers geverf en met blinkertjies besprinkel het om soos ruimtewesens te lyk.

'n Foto wat glo by Wits geneem is. Foto: Facebook

‘n Foto wat glo by Wits geneem is. Foto: Facebook

Die herrie het vandeesweek ook na die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) oorgespoel waar verskeie studente glo T-hemde gedra het met boodskappe soos “F*** white people”.

AfriForum Jeug het hierop reageer en gesê universiteitsbesture het geen benul wat konsekwentheid beteken nie.

“Hoe kan die universiteit [Wits] dit toelaat? Die universiteit moet onmiddellik teen hierdie studente optree en hulle skors. Met die persgesiggeval in Stellenbosch het die bestuur dadelik ingegryp en die studente geskors sonder om hul ’n kans te gun om hul saak te stel. Dit is hoog tyd dat universiteite regoor die land hulle dubbele standaarde laat vaar,” het Morné Mostert, AfriForum Jeug se nasionale projekkoördineerder, gesê.

Mostert is van mening dat universiteite selektief optree wat rassisme op kampusse betref. Hy het gesê AfriForum Jeug sal dié onregverdigheid nie aanvaar nie en studente bystaan as daar teen hulle gediskrimineer word.

“AfriForum Jeug is tans besig om te kyk hoe ons die twee studente van Stellenbosch kan bystaan om hulle regte, wat die universiteit so vertrap het, te herstel.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

48 Kommentare

Jakes ·

De Klerk en sy trawante lag in hulle mou vir die witmense, dis mos wat hy wou he, die wiel draai de klerk. Geniet maar jou omkoop geld.

juan ·

Politieke korrektheid + morele relativisme = die dood vd westerse wereld

Trolle ·

Haha juan die weste is lankal dood,hulle is besig om moslem lande nou te raak.

Topster ·

Dis mense soos die wat nie eintlik weet wat hulle doen nie en nie groot geword het in die apartheids jare nie wat die gemoedere laat op sweep tussen wit en swart verwyder hulle van kampus af hulle wil nie opbou hulle wil oorlog veroorsaak

m ·

So iemand moet onmiddellik geskors word want hoe is sulke gedrag toelaatbaar? Hierdie mense is duidelik nie daar om te studeer nie maar om moeilikheid te maak. mens kan ma net lag vir al hierdie nonsens en ons regering steur hulle nie daaraan nie totdat wit student dit doen dan sal die hel los wees. Pateties man!!!!!!!!!!!!!!!!!

Mynard ·

Puik Internasionale bemarking vir eens top universiteite. Knap gedaan!!! Hou SA op die “map”!!! Internasionale studente sal tou staan om hier te kom studeer!!!

HENNA ·

WAT sou opskrifte vandag gewees het indien ek ‘n hemp aangehad het met
teenoorgestelde kleure ????? wonder net …..

REGVERDIG ·

Dis mos hulle land hierdie….. hulle maak in elk geval net wat hulle wil. Ek oorweeg dit baie sterk om vir my ook so n “cute” hempie te verf met die teenoorgestelde geskrifte. Wonder??????????

Dee ·

Dit is impulsief om so te redeneer maar mens veg nie met ‘n rewolwer teen ‘n masjiengeweer nie.

Mielie ·

Miskien moet daar op Open Stellenbosch gefokus word, Wat is hul motiewe, want dit wil voorkom, dat hulle daar is om rassisties en polities gedrewe te wees. Uitdaging aan US – watse aksie gaan julle teen OS neem, daar was doelbewustelik aan hitsing en aan tuigings gemaak, sonder om eers die feite reg te kry. Daar moet aksie teen hulle geneem word, die meisies was on skuldig en ek glo US gaan as dit polities korrek is om te se “rooi”gesigte he, sonder enige verf. Ek sal graag die val van die beweging wil sien, hulle is daar vir al die verkeerd redes.

johny ·

Regverdig Dit is nie net hulle land nie.Ons voorouers was voor hulle hier

Yolandi ·

Die blatante arrogansie. Hulle weet hulle kan se en doen net wat hulle wil, en daarmee weg kom. Laat ‘n wit afrikaanse seun iets soorts gelyks op sy hemp stryf…dan word die universiteit sommer af gebrand, strate vol vullis gegooi en elke liewe wit burger in die land as rassiste gestempel. Blykbaar is ‘Kill all Whites’ heeltemal aanvaarbaar.

Vicus ·

Ja en as ek wil se wat ek voel, dan keer polities korrekte Maroela my! Wonder of hierdie kommentaar geplaas sal word; he Sune?

DEE ·

Ons moet eintlik n dag uitsonder en deur die land heen n hempie aantrek wat iets soos White union = white magic of so iets op het. Ons kan onmoontlik almal aangekla word.

Dee ·

White Union + White Magic? Waarom nie iets baie meer drasties nie?

DEE ·

Jy het nie n idee wat ek graag op so T shirt sal wil sit nie, maar mens moet mos deesdae baie katvoet wees met wat jy se!

Theresa ·

Sal eerstens graag die eienaardige geveerde haarstyl van ene langsaan die een met die aanstootlike hemp, se hare wou bykom. Dan sou ek daar staan totdat die polisie die saadsaaier van moord en wanorde kom haal, hom boei en weglei na waar hy meer tuishoort.

carel ·

I am not choosing sides here but what tid the lady from ARAF say? was it not something like “black people can not be racist”?

If the statements in these pictures written on these \t shirts is not racist what is it?

Why is there no big ho-ha about this?

Am I missing something here?

Realis ·

Eintlik begin ek nou dink dat Jan van Riebeeck tog ‘n fout begaan het met sy volksplanting hier aan die suidpunt van Afrika. Dink daaraan, ons kon vandag almal boorlinge van Nederland, Belgie, Duitsland of ander lande gewees het. Dan was Suid Afrika nog bar en leeg en ongerep met geen flora (gebruik om vuur te maak) of fauna (alles opgeeet) nie.

Vicus ·

Realis, ek stem honderd persent saam met jou. Dit sou beter gewees het, maar dan was hier nog nie eens selfone nie!

Theresa ·

Hierdie blatante uitlokkery en haat saai, is verregaande, maar ons weet dit nou al.
Hy sit so lekker want hy swot nie lekker.
Watter vreeslikheid wag op hierdie land as daar nie na hierdie vergrype met baie ernstige oë gekyk en opgetree word nie. Wat gaan gebeur as almal in die land begin optree soos dié hooligans. Nee, dis nie ‘n soort pluimvee nie – dis ‘n mens wat hom wild gedra.

As ‘n pers gesig die sogenaamde hoë bome ontstig en ontstel – soveel so dat verskonings gevra moet word, skorsing plaasvind, ens., ens., wat op aarde gaan hul sê en doen as massas mense waarvan hul dit nie verwag nie, ook soos knaap op foto maak, maar met ander woorde???

DEE ·

Ons moet dit doen! Maar n hele klomp. Hulle moet sukkel om ons aan te kla

Karma ·

Is daar enige student op enige universiteitskampus, wat die moed het om ‘n swart T-hemp met die woorde: “Kill all Blacks” in wit geverf, te dra???

Theresa ·

Afriforum, het jul hierdie foto’s wat hierdie mense se houding in ons sonskynland, gestuur na die buiteland, asseblief?? Dis broodnodig dat hul weereens herinner word hoe daar teenoor die witmens in hierdie land gediskrimineer word. Blatant, baldadig en met ‘n glimlag doen hul dit. Laat die eerste wêrelddele dit aanskou op swart en wit. Laat hul sien waaraan hul skuldig is, as hul nie optree teenoor hierdie gedrag en uitdagende haatsaai nie. Dalk is hul slim genoeg om sanksies van ‘n aard in te stel om hierdie belhamels hok te slaan.

hans ·

Sou UK bestuur ernstig is om saak aan te spreek,behoort dit nie moeilik te wees om betrokkene uit te ken nie aangesien die ander persone wat by hom sit duidelik herkenbaar is op foto.

pietie ·

mense,,, dit wek groot kommer, en dat dit netso gelos word, die regering moes hul storm geloopo het, soos om ‘n vuur dood te slaan. jy kan nie, mag nie met so T-hemp rondloop nie. Dit kan nie so aangaan nie, hou dop iewers gaan iemand kop verloor. ek hoop nie so nie, regtig, dit gaan lelik wees, want dis opgeboude agresie, aan alby kante wit en swart. Onthou daai een plant ‘n saadjie by sy mense om so uitspraak te lewer op ‘n hemp. Tiek tok tiek tok.

Kallie ·

Ons land is soos n tikkende atoom bom,dis net n kwessie van tyd dis soos pietie se tik tok tik tok.Pleks ons net n ordentlike president kry wat meer aan sy land dink maar nee hy dink net aan sy eie besittings .Kan almal nie maar net in vrede lewe ni

Theo ·

Hierdie verpolarisering van SA en sy mense kan vierkantig voor die voete van die huidige president gele word. Iemand wat dalk wil gaan voete was?

Maddox ·

Ja driekwart van die blanke bevolking wat in elk geval DA gaan stem sal hulle stink voete wil was.

Hennie ·

Al meer rassisme, al meer uitgesproke, al meer ekstreem. Die momentum van die rassisme beweeg al vinniger na ‘n punt waar dit regtig gevaarlik raak, veral as in ag geneem word dat daar slegs teen Blankes opgetree word. Waar gaan ons eindig wanneer hierdie momentum sy klimaks bereik? En dan sit ons met ‘n waardelose polisiemag wat niks beteken nie. Die mense van hierdie land sal hulle knieë moet begin buig voor God want hier kom groot moeilikheid. Ons sal dit nie alleen kan beveg of net neutraliseer nie, iemand gaan seerkry vorentoe en ons sal moet pro-aktief optree en dit in die Gees beveg.

Jan maak n Plan ·

Ek lees nerens dat die betrokke universiteit al die betrokke studente of individue al geskors het nie, maar as hulle wit was dan was hulle seker al gearresteer. En waars daai klomp grootbekke nou wat sommer al vir oud pres de Klerk al dagvaar omdat hy n rassis was. Klomp twee gat jakkalse.

Mick ·

Dis asof joenaliste nou soek na elke idioot wat iets op sy T-hemp skryf wat aanstoot neem. Nou kry die idioot sy nuusdekking, maar die joernalis neem nie fotos van die 200 ander in die kantien wat niks op hulle t_hemde geskryf het nie. STOP DIT. Danella van Heerden het by Potch met 6 betegers van standbeelde onderhoud gevoer terwyl 2000 swart studente saam wittes in ‘n groot sirkel hulle afkeer gewys het. Sensasie. Joernaliste en Huisagente is net Parasiete wat op ander teer.

Theresa B ·

Duidelik dubbele standaarde. Maar die Univ bestuur is slag%$t en te bang om op te tree teenoor hierdie spul. Julle en hierdie student het nie ‘n benul waarmee julle besig is nie. Die hel gaan nog losbars…………………….en dit gaan julle skuld wees.

TTh ·

SKORS DIE MOEGOE !!!!! EN STEL ‘N MOSIE VAN WANTROUE IN TEEN DIE UNIVERSITEITSBESTUUR (NOG ‘N ANC NES)

Izzy ·

Hopelik sal nog meer mense se oe nou oopgaan en sal hulle Afriforum ondersteun. Dit lyk asof hulle die enigste organisasie is wat wel IETS doen rakende die uittartende en openlike rassisme van die swart studente.

Hierdie studente se gesigte behoort duidelik te wees op kameras op die universiteit terrein….so indien die Universiteit nie hierdie studente skors nie, wys dit bloot dat die universiteit hulle gedrag nie afkeur nie. Dagvaar ELKEEN van daai studente (of verwyder hulle vd kampus as hulle nie kan of wil betaal nie) en dagvaar die universiteit wat nog nie die studente geskors het nie.

Oom Boer ·

Dit is nou regtig aanhitsing om so tipe van van T-hemp op ‘n Kampus in die openbaar te gaan dra en te vertoon tussen mede student. Is daar dan geen Sekuriteits personeel op Universiteite of Kampusse wat onmiddelik ka optree en die tipe van dinge kan hokslaan nie. Regtig al die dinge die afgelope tyd gaan die stomende pot laat oorkook en lelik raak, maar dit bly net ondersteuning kry as Vryheid van spraak. Hoe laat die Universiteit sulke dinge toe en is die persele dan nou vir studies of om kommunisme te bevorder? Asb daar is werklike studente wat graag ‘n toekoms wil bou en almal was oop om hande te vat en ‘n toekoms in te beweeg waar elkeen ‘n stukkie van die son gegun word, maar dit kom nie meer so voor nie.

Belinda ·

Hoekom trek hy nie sy hempie aan en kom hou hom groot in ‘n boere gemeenskap waar sy maatjies hom nie kan help nie!

Trolle ·

Dis net praat van die UK anders sou hulle iets gedoen het daaraan as dit hulle gepla het.
Geen hoop meer dat die land as dit nou al so erg is,wanneer begin die kinders in die skole daarmee.

jean ·

Kla die Uni ok aan van haatspraak…hul laat dit Dan toe!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.