Ikeys waarsku oor verkragtings by Rhodes-gedenkteken

Rhodes-gedenkteken in Kaapstad Foto: Pixabay

Rhodes-gedenkteken in Kaapstad Foto: Pixabay

Die Universiteit van Kaapstad (UK) het personeellede en studente gewaarsku om die Rhodes-gedenkteken te vermy ná twee verkragtings en ʼn kaping in dié gebied.

“Dit is met groot verontwaardiging en spyt dat ons personeel van die Universiteit van Kaapstad en veral studente moet inlig oor voorvalle van ʼn baie ernstige kriminele aard wat onlangs in die omgewing van die Rhodes-gedenkteken plaasgevind het,” het Gerda Kruger, uitvoerende direkteur van kommunikasie en bemarking by die universiteit, in ʼn verklaring gesê.

Die Rhodes-gedenkteken is langs die kampus geleë.

ʼn Student het berig sy is Dinsdag [19 Januarie] deur ʼn onbekende man naby die restaurant by die Rhodes-gedenkteken verkrag, het Kruger gesê.

“Dit is uiters kommerwekkend dat dit ná ʼn soortgelyke voorval op 11 Desember 2015 volg toe nóg ʼn student berig het sy is deur ʼn onbekende man aangeval en verkrag toe sy van die Rhodes-gedenkteken na UK gestap het,” het Kruger bygevoeg. “Dié voorval is by die UK-kampusgemeenskap aangemeld.”

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens ondersoek beide voorvalle. Daar is ooreenkomste tussen die voorvalle in terme van die modus operandi wat gevolg is. “Alhoewel dit nog te vroeg is om te sê, is dit moontlik dat dieselfde oortreder verantwoordelik is vir albei gevalle,” het Kruger verduidelik.

ʼn Derde student is op 15 Januarie met ʼn vuurwapen gedreig en sy motor is op die M3-snelweg onder die Rhodes-gedenkteken gekaap. Die motor is ʼn paar uur later verlate gevind en die verdagtes is in hegtenis geneem. Die student is nie fisies beseer nie.

“In die lig van hierdie voorvalle, maan ons almal om die gebied rondom die Rhodes-gedenkteken te vermy, veral in die donker, en veral die paadjie wat as ʼn kortpad gebruik word deur die bosse,” het Kruger bygevoeg.

Enigiemand wat enige verdagte aktiwiteit opmerk, word versoek om dadelik kampussekuriteit in kennis ge stel. “Indien studente bystand benodig, kan hulle die kampusbeskermingsdiens by 021 650 2222/3 (24 uur) kontak. Ons beveel aan dat UK-studente hierdie nommer as ʼn spoedkontak op hul selfone stoor.”

Beradingsdienste word ook gebied aan studente wat deur hierdie voorvalle geraak is of bykomende angs of persoonlike trauma beleef nadat hierdie inligting gedeel is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

jakes ·

Cecil John Rhodes is die skuldige. Defnitief, hy’s dan gedurende al 3 voorvalle op die toneel?

Dee ·

Die bietjie wat ek uit die geskiedenis onthou van Cecil John Rhodes skep geen rede tot beskerming van sy standbeeld nie. Die DA-lede in alle taalgroepe sal dit egter wil beskerm. Dan is dit egter ook so dat ek woon op ‘n plek wat vernoem is na ‘n massa moordenaar, so die waardestelsel in hierdie land is moeg. Ek wonder hoeveel die jonger geslag blanke Suid Afrikaners van die geskiedenis van ons land weet.

Rupert Ashford ·

Dit gaan nie oor Rhodes self nie maar oor die feit dat die geskiedenis “aangesuiwer” word. Jy kan maar soms met die DA saamstem…:-). Baie van die jong geslag wittes waarna jy verwys reken deur hulle eie menswaardigheid en geskiedenis te ontken en die ander lot nie “kwaad” te maak nie sal hulle behoud wees. Die SA wittes het binne een geslag van uitgeworpenes gegaan tot hoofstroom westerlinge want dit is die mentaliteit van die hele weste.

Dee ·

Ek stem veral saam met wat jy sê rakende die mentaliteit van die weste en die navolging daarvan uit eie geledere. Geen beter voorbeeld as Angela Merkel.

Oxford Veldmuis ·

So pragtige land met soveel dinge wat verkeerd loop. Verkragters moet n les geleer word…. maklik , vat hulle manlikheid .

Berhalet Beukes ·

Daar was al baie sulke voorvalle deur die jare en skielik is dit weer nuus? Ag nee regtig, waarom is daar dan nooit iets daadwerkliks aan gedoen nie? Maak ‘n plan, monitor die area beter! Neem inisiatief, doen iets! Dit help nie mense waarsku en steeds hou dit aan en aan nie! Ek het amper 22 jaar terug laas in die stad gebly en toe reeds was ek as vrou bewus bly weg van daardie area!

Liewe heksie ·

My aanbeveeling beveel sapd lede om CRIME op kanaal 170 en 171 the kyk en leer by oorsese polisie en speurder hoe om moordenaars en verkragters te vang en te laat boet Ek dink ek kan al n paar boewe vastrek Maar nou ja ons bly in SA Slapgatte.

ig ·

Liewe Heksie,n ander plan is om n Kentucky langs die standbeeld op te rig en sodoende sal daar nooit n tekort van polisiemanne wees nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.