Ikoniese sangeres Sibongile Khumalo oorlede

Sibongile Khumalo (Foto: Sibongile Khumalo/Facebook)

Die wêreldbekende jazz- en operasangeres dr. Sibongile Khumalo is Donderdag oorlede.

Bandile Mngoma, amptelike woordvoerder van die familie, het gesê Khumalo is oorlede weens beroerte-verwante komplikasies ná ʼn lang siekbed.

“Dit is met groot hartseer dat ons die afsterwe van dr. Sibongile Khumalo, wat liefderyk ook bekendgestaan het as Ma’Mngoma, moet aankondig.

Khumalo (63) se loopbaan het oor meer as drie dekades gestrek. Sy is in Soweto gebore uit ʼn Soweto- musikale dinastie. Sy was die dogter van Grace en prof. Khabi Mngoma.

Sy was agt jaar oud toe sy met haar musikale reis begin het, maar het in 1993 in die kollig beland toe sy Standard Bank se jong kunstenaar-toekenning ontvang het tydens die Grahamstadse kunstefees.

Sy het verskeie toekennings ingepalm met haar albums en het plaaslik en internasionaal opgetree.

Oudpresident Nelson Mandela het na haar verwys as “The First Lady of Song” en sy het ook talle eerbetonings ontvang, insluitend die Orde van Ikhamanga (silwer) wat pres. Thabo Mbeki aan haar oorhandig het.

“Sy het deur haar musiek die rykdom van haar kultuur, wysheid, warmte van haar familie, haar gemeenskap en haar kontinent uitgebeeld,” het Mngoma bygevoeg. “Sy gaan gemis word deur elkeen wat die voorreg gehad het om haar musiek, haar vriendskap en haar liefde te ervaar.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Louis ·

Ja, sy mag maar sing. Ek sal haar onthou vir die lied ” Plea for Africa”. Een van die mooiste musiekstukke, wat na my mening as klassiek deurgaan. Net jammer daar is nie ag geslaan op die woord van die lied deur die korrupte Politici nie. Hulle ploeter maar voort in die moeras van korrupsie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.