‘I’m here to kill you’, voor rower man op plaas aanval

Die aanvaller het die diefering na verskeie probeerslae uit die raam geskop.

ʼn Man van Grabouw het verbete geveg om ʼn aanvaller, wat hom reeds verskeie kere met ʼn mes gesteek het, uit sy huis te verwilder.

Henfré Nel (50) het gesê hy het verlede Maandag omstreeks 22:00 ʼn flikkerlig van ʼn voertuig wat buite die huis geparkeer was, gesien flikker en uitgegaan om ondersoek in te stel. Hy het een van die kar se deure oop aangetref en dit niksvermoedend toegestamp, toe ʼn beweging sy oog vang. ʼn Man het digby hom gestaan.

“Ek het gevra ‘wat soek jy?’ en sy presiese woorde was, ‘I’m here to kill you’. Met dít het hy my met ʼn mes in die arm gesteek,” het Nel gesê.

Hy is met sy beseerde arm terug in die huis in, waar hy die deur inderhaas gesluit en sy vrou, Sandi (45), sy skoonma, ʼn vriendin, skoonsuster en dié se sesjarige kleinkind beveel het om in ʼn kamer te gaan skuil.

Die aanvaller het steeds nie bes gegee nie en het ná verskeie probeerslae die diefwering in een van die slaapkamers uit die houtraam geskop. Hy het tot in die huis geklouter en ʼn struweling het tussen Nel en die man ontstaan. Nel is wéér verskeie kere met die mes gesteek. Hy het in ʼn stadium die mes by die man weggeneem, waarna dié hom gebyt het, het Nel gesê.

Volgens Nel is hy self onseker of hy in ʼn stadium dalk sy bewussyn verloor het. Dit lyk of die man verskeie beursies leeggemaak het. Nel kan net onthou dat hy die persoon ʼn selfoon en ʼn beursie in die sitkamer gesien vat het, waarna hy uit die huis gestap en te voet verdwyn het.

Henfré Nel is ernstig beseer en was etlike dae lank in ‘n hospitaal.

Nel het kort daarna bure wat toevallig daar verby gery het, gevra om hulp te ontbied. Die ander mense in die huis was ongedeerd, maar geweldig geskok, het hy gesê.

Volgens hom kan hy nog glo die gebeure by die voertuig was ʼn gewone inbraak, maar dat hy ʼn ander gevoel gekry het nadat die man hom in die huis ingevolg het. “Van daar af het dit nie meer gelyk soos ʼn inbraak nie, dit het verander na ʼn gevoel van ‘ek is hier om van jou ontslae te raak’. Hy het gefokus daarop om my aan te val,” het Nel gesê.

Sy aanvaller se gesig was nie bedek nie, maar Nel sê hy het hom grootliks net in die halfdonkerte gesien. Hy kan die mes wat gebruik is om hom aan te val, wél in die fynste besonderhede onthou.

Nel en sy gesin woon sedert Februarie op die plaas. Hy werk ook daar en sê hulle was die afgelope ruk besig om verskeie verbeteringe aan te bring, onder meer ʼn veiligheidsheining. Die hekke by die heining was egter nog nie opgesit nie.

Nel is Vrydagmiddag uit die hospitaal op Caledon ontslaan. “Sommige van my slagare is met millimeters gemis,” het hy gesê.

Volgens hom het hy ʼn paar weke gelede, in die hitte van die oomblik, in die vroeë oggendure dreigend by die huisvenster uitgeskreeu nadat hy ʼn geraas buite die huis gehoor het. Hy glo die twee voorvalle hou moontlik verband. “Ek het geskree ‘I will kill you’ en presies daardie selfde woorde is Maandag op my teruggebruik. Dit was uit blote skok wat ek dit geskree het,” het hy gesê.

Die aanval op die Nels was glo een van minstens drie voorvalle wat die afgelope week in die omgewing van Grabouw aangemeld is.

Die Nels se huis na die aannval.

In nóg ʼn voorval is ʼn gesin na bewering gisteraand op ʼn plaas in die omgewing oorval, vasgebind en beroof. Hulle is glo ongedeerd ná die voorval. Luidens berigte is ʼn veiligheidswag in ʼn afsonderlike voorval ná ʼn rooftog op ʼn plaas aangerand. Verdere besonderhede is nie in dié stadium bekend nie.

Maroela Media het ʼn navraag oor die voorvalle aan die Wes-Kaapse polisie gerig en wag op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

59 Kommentare

Venter ·

Die is so hartseer… Ons bly self op ‘n plaas en dis nie maklik nie… Maar wat ek nie kan verstaan nie is HOEKOM gaan julle nog uit om te gaan kyk wie of wat raas so…. Bly binne, hou alles gesluit en bel die polisie, plaas patrolie of jou bure…. Moet vir niks of niemand uitgaan nie! Ek hoop rerig die oom herstel gou :)

Sanni ·

Ek weet ook ni wat di boer buite soek ni Lees hulle ni di nuus van plaas moorde ni

JvS ·

Bly in die huis en sluit alle kamerdeure van binne. Dan moet hul deur die venster klim en nog n deur ook breek. Hopenlik het jy dan al jou wapen. Sterkte

Haan ·

Kry n Vuurwapen. Dra hom by jou. Kry opleiding.

Alle sterkte aan die familie :'(

chrisjan ·

As mens die geleentheid kry om reg te laat geskied, moet mens dit maar gebruik.

Anni ·

Sě ook dieselfde, MOET ONDER GEEN OMSTANDIGHEDE UITGAAN NIE. Die leë motor moes Al klaar alarm gemaak het. Sterkte vir jul op plase.

George ·

Ongelukkig, is die kerk te besig om hulle reputasie te beskerm en ons mense stel nie meer belang in God. Ons het ons rug op die Here gedraai, en nou betaal ons vir ons sondes. Baie min mense loop nog met God, die meerderheid doen hulle eie ding. Jammer aan die Oom, ons bid vir hom en my vrag is net, HOEVEEL LANGER VOOR ONS BESLUOT, GENOEG IS GENOEG. Ons kan nie eers saam staan. Beskerm on Vader, Amen.

legens ·

ai George , iemand is erg beseer , `n familie getraumatiseer en jy sien dit as `n geleentheid om oor jou god te kom dweep .
sies man .

George ·

Legens, al wil jy dit nie erken, Ons God, die Almagtige Here is die enigste God. Sies vir jou, dat jy nie sien hoe ons nie kan saam staan en ons arme volk wat uit vermoor word en die ander wat langs die straat staan want hulle het nie werk. Ek voel jammer vir jou, kyk links terwyl ons volk swaar kry en ou mense word op plase dood gemaak. My kommentaar oor die kerk was ‘n antwoord op ‘n ander kommentaar, wat nie meer op is nie. Seker Maroela wat weer die waarheid wegsteek. Ons arme volk… Vergewe ons Vader.

Delien ·

Middag George. Jys heeltemal korrek. Ons het God verlaat-daarom ons verloor alles. Ons is aan ons vyande oorgegee. Wie dit nog nie kan sien nie.
Droogte, plaasmoorde, grond onteiening.
Dankie vir jou brief. Baie sterkte aan Grabouw familie, so dankbaar julle leef.

chrisjan ·

Praat vir julle self. AS julle God weggooi en verlaat is dit op julself, moet asb nie my en my volk daarby insleep nie.

boerseun ·

ai, nou wie sê vir jou die slagoffer glo nie ook in God nie.

Destarte ·

Ek bly in die stad, en selfs ek gaan nie eers sommer net uit as daar n geraas of geluid is nie. Dit gaan my verstand te bowe dat mense NOGSTEEDS uitgaan terwyl hulle op plase of plotte bly!! Is hulle dan HEELTEMAL ignorant van wat aangaan in die land?? Of probeer hulle aan iemand wys hoe braaf en manhaftig hulle is?

Sonja ·

@Legens – as jy nie ib God glo nie, hou jou smerige aantuiging oir on GOD vir jouself. Jy sal nog sleg verstik in daai woorde

Poot ·

@legens
George se God is die ENIGSTE God. Vader, Seun en Heilige Gees. Jou kommentaar is Gods lasterend en ek glo jy glo nie in God die Almagtige nie. Kan dit sien in jou manier van praat met minag. Maroela verwyder asb “legens” se kommentaar. Dis WALGLIK.

Jason ·

Legens, ek hoop end bid dat jy eendag hierdie almagtige Vader van ons sal ontmoet.

humor ·

Kan nie glo nie. Is daar geen veiligheidsorganisasie in die gemeenskap wat inligtingssessies kan reel en die mense onderrig met betrkking tot paraatheid nie.. Hier is alles eenvoudig net verkeerd gedoen!!!!!!

riaan ·

Mense stel eenvoudig net nie belang nie. Dit sal mos nie met hulle gebeur nie. Weet jy hoeveel mense is daar wat soos volstruise hulle kop in die grond druk en dink as hul nie daaroor praat of daarvoor gereed maak nie, dan sal dit mos nie met hulle gebeur nie. Daar was al hoeveel bewusmakings aksies om te wys hoe ons mense uitgemoor word. As ons eie mense nie eens worry om hulself te kan beskerm nie, hoekom verwag ons van die buiteland om kennis te neem. Mense stel net nie belang nie. Ek het selfs familie wat al n paar keer seur roof togte deurgeloop het, maar, so iets sal mos nie weer gebeur nie, en laas week, toe gebeur daar weer n voorval met dieselfde mense. Mense wil nie besef dat ons nou onsself moet begin beskerm nie. Mense stel net nie belang nie. En die vyand LIKE dit.

Ons is almal teikens ·

Tydens opleiding vir die gebruik van ‘n vuurwapen het die instrukteur seker 20 keer herhaal : BLY IN JOU HUIS, MOENIE BUITE TOE GAAN NIE, DIS HOE HULLE JOU ONKANT BETRAP. Dis instink om te gaan kyk, maar dit is die verkeerdste ding wat jy kan doen.

So jammer vir alle mense op plase, dat julle so geteiken en aangeval word. Wees paraat, dra ‘n vuurwapen, kry die beste sekuriteit wat jy kan bekostig en honde wat alarm maak.

Mads ·

Mense moet ophou dink hulle is so sterk. Ek se nie dis in die geval so nie.

Maar ons bly op n plot. As die eienaar iets hoor is hy dadelik uit en pronk buite soos n pou met die rewolwer aan sy sy.

Bly eerder binne en probeer jou gesin beskerm. MOET NOOIT NOOIT NOOIT uit gaan nie.

Hoop u raak gou gesond.

Elvira ·

AS hy in hegtenis geneem gaan word, sal hy in die hof verskyn, borg kry, gou nog mense beroof, aanval, en vermoor. Weer gevang word en dan n ligte straf kry. Dis mos hoe dit in hierdir land gaan.

Msp ·

Ai, ek weet nie hoekom mens 2 × en soms meer moet skryf voordat jou plasing geplaas word nie. Hiermee probeer ek weer…ons mense wat soos ek en baie ander op kleinhoewes en plase bly moet asb by hulle veiligheidsgroepe in hul omgewing aansluit. Ek is by Concerned Citizens en NCA Dexter. Hulle werk hoofsaaklik deur Zello en WhatsApp. Ek het al ń paarkeer probleme gehad hier waar ek bly en wanneer jy inroep kom daar onmiddelike hulp. Almal en hulle gesinne moet hulself oplei en die posies beoefen sodat as daar probleme kom dat kriminele verras kan word. As almal saam werk sal kriminele begin opgehou met hulle satansaanvalle. Ons mense het al ñ sagte teiking geword omdat meeste glo dit kan nie met hulle gebeur nie. Sterkte vir die wat aangeval is en ek bid spoedige herstel vir julle toe.

Joon ·

Iets ruik na vrot vis. Man kom met motor aan en gaan te voet.

Joon ·

Iets ruik na vrot vis. Man kom met motor aan en gaan te voet. Grabouw plase gebied word Baie goed bewaak en securiteit is baie goed.

hercu ·

niks sal verander totdat daar nie ‘n president aan bewind is wat deur Abba Vader gesalf is en nie die volk nie!!

hercu ·

ek stem, want agbare, hoogsgeleerde sge Gen Bheki Cele is nog nie in die tronk nie!!

Agter die skerms ·

Een ding wat ek geleer het is “bly binne” – daar was een keer toe al die krag op ons plot net afgegaan het sonder rede – almal doodstil binne die huis gebly – niks oopgemaak nie – het ligte binne die huis gehad wat mens voor die tyd moes charge en net dit gebruik – en toe net gaan slaap om dit die volgende dag uit te sorteer toe dit lig was. Iemand het toevallig net die main box se krag afgesit – net toevallig. Maar nog steeds het ons binne gebly.

Johanna Botha ·

Moet NOOIT uitgaan nie ….iemand huil of hulle draai die water oop …bly net binne en bel die bure

Joon ·

Iets ruik na vrot vis. Man kom met motor aan en gaan te voet. Grabouw plase gebied word Baie goed bewaak en securiteit is baie goed.

Gaitsigubib ·

Bly jy nie langs die vaalrivier nie? Dit sal die reuk van vrot vis verklaar.

Joon ·

Shoe kon sy vrou of familie nie Bure of familie bel nie. Baie tyd vers peel. Polisie kon boosdoener vang. Hier was nalatig heid en onkunde beslis n faktor

Gaitsigubib ·

Ek is so bly almal werk op “micky mouse” boerderye, waar jy nooit hoef uit te gaan in die nag nie. As jy by ons nie pivots gaan start na kragonderbrekings nie, moet jy jouself baie moeite spaar en ander werk begin soek. Regso mense, ek is wel sarkasties, maar julle het sowaar nie n benul van wat dit vereis om te boer nie! Se dan eerder gaan uit gewapen erger as Rambo, want jy kannie in jou bed klim en slaap wanneer jou lande verdroog nie!

Cherokee ·

Jy vertel hoe erg gewapen jy moet uitgaan, maar sê niks van beskerming van die ander huismense nie. Dìt is waar jou eerste verpligting is.

humor ·

Bly binne jou huis !!!!!!!!!!!!!!! Maar die mense luister nie. Miskien moet predikante gevra word om met eredienste dit af te kondig, maar of dit sal help weet ek nie, want mense kom nie so gereeld kerk toe nie. Hoe hierdie inbreker deur diefwering toegang verkry sonder dat hy met n koekroller, n broodmes en kookwater getakel is weet ek nie, want dit blyk dat die mense oor geen wapen in watter vorm ook al beskik het nie.

R Buger ·

Ek verstaan regtig nie hoe die mense in RSA nog steeds so paraatloos optree nie!

Jacques ·

Stem saam met jou. Goue reel, veras hom nie hy jou nie. Dan wil ek graag weet is hy ook een wat sy vuurwapen gaan ingee het en sodoende ontwapen is soos baie van die wittes?

Diertjie ·

Ons bly op n kleinhoewe in kameeldrift oos Pretoria. Ons het n wonderlike gpf ons is op zello en wats up groepe. Gaan glad nie uit nie. Mens is so blood gestel. Ons honde slaap ook almal in die huis. Ons is baie veiligheids bewus. Hou als gesluit en bid tot ons Hemelse Vader om Sy hand oor ons te hou.

Christa ·

Ja as die arme bloedjie vermoor was, was die Boer virseker aangekla van moord maar hulle mag op ons eiendom oortree.

Koos de Meyer. ·

Jy kan nie sonder ‘n vuurwapen op ‘n plaas nie. Bly in elke geval binne. Paintball gun met pepersproei of soliede balle sal mnr mooi seer maak en laat hardloop. Ons bly in die stad en vuurwapen 24/7. Help nie eers in die kluis as jy by die huis is nie. Liewer bang Jan as dooi Jan.

Piet parys ·

Ja as ek in die huis gebly het toe ek iets gehoor het 3 keer al was al my skape en my dompelpomp nou weg . So jou metode van buitentoe gaan maak die verskil .Hulle hardloop nou nog . Jy ken jou plaas so dink soos die skelm dink.Mense om van vrees in jou huis toegesluit te word is nie doe antwoord noe . Opleiding wel.

Keelvol ·

Legend- jou opmerking bewys hoe reg George is.
2 Kronieke 7:13-15(33/53vert)

Sterkte.

Db ·

@ Legend. Jy gaan nog swaar aan daardie vieslike woorde van jou sluk hoor. Onthou net dat God speel nie met mense wat van Hom ‘n grap maak nie. Hy gee jou tyd om jou lewe reg te kry en Hom aan te neem voordat dit vir jou te laat is. Watter verrassing gaan jy kry as jy jou oë gaan oopmaak nadat die laaste asem uit jou aardse liggaam geblaas is. Besin voordat dit te laat is

Moedeloos ·

En so word ons een-een vermoor… En niemand knip eers ‘n oog daaroor. Baie sterkte… Hoop jy herstel vinnig mnr Nel… Julle was gelukkig

Werner ·

Kan nie verstaan hoe hulle hom n rower kan noem nie hy se dan hy is daar om die ou dood te maak nou hoe kom julle by rower uit dit wat hy gevat het was net n bonus

Anoniem ·

50 plaasboer,lyk nie oorgewig hardloop terug in sy huis,sluit die deur gee instruksies vir die ander mense om hulself toe te sluit in n ander kamer, skelm prober diefwering uitruk en skop toe later uit en klim deur die venster. Klink vir my die ou wou he die skelm moes hom bykom want as jy net n besemstok by jou het kan jy jouself verdedig en dit klink vir my hy het genoeg tyd gehad om iets te kon kry om himself te verdedig en indien so iets gebeur dan skop jou brein automaties in om jouself te beskerm.

Beetle Bayley ·

Kry ‘n wapen. Kry opleiding, hou dit 24/7 op jou. Letterlik. Jou ander opsie is 666. 6 voet kis, 6 draers, 6 voet diep.

Ettienne ·

Ek het 8 jaar gelede net soos Henfrè gesit na ek IN my huis op my plaas buite Worcester aangeval is – nes hy. Ook met messe en ‘n byl. Om binneshuis te bly is nie altyd die antwoord nie. SAPS was gou op toneel, altwee arresteer. Ek was 3 weke gehospitaliseer en sal die res van my lewe die gevolge (fisies EN psigies) met my saamdra….. My aanvallers het 4 jaar gekry en was binne 2 jaar weer buite – dis nie altyd SAPS wat ons faal nie, maar ook ons regstelsel.

Sterkte Henfrè, ek WEET waardeur jy gegaan het, steeds gaan en wat jy nog gaan deurgaan. Jy HET reg opgetree: jy het jou familielede veilig gehou, jy het jouself na die beste van jou vermoë verset en julle het almal oorleef.

chrisjan ·

Ek staan verstom!Hoeveel maal moet mense op plase en hoewes vertel word MOENIE UITGAAN as iets buite jou aandag trek in die nag nie???
Hierdie man is BAIE gelukkig hy is nie nou net nog een op die plaasmoord statistieke nie.En as hy gedood was was sy familie volgende gewees.Dit kon een REUSE tragedie afgegee het deur die onbesonne optrede van een persoon.Ag nee mense WORD WAKKER asb!En terloops ons bly ook op ‘n plaas en weet van paraat wees.

Oom Koos ·

Die Here het almal met ‘n gesonde verstand geseën wat hulle na behore moet gebruik. Eers wanneer ons behoorlike veiligheidsmaatreëls getref het ,kan ons Sy beskerming afbid.

A ·

Dis bewonderenswaardig watter kenners op die gebied van selfverdediging ons hier in die kommentare het. Dis jammer julle was nie daar om die boer te help nie, want hy het blykbaar heeltemal verkeerd opgetree. As die arme man maar julle rusbankkrygers se waagmoed en helderheid van verstand te midde van ‘n krisis gehad het, was hy sekerlik sonder ‘n skrapie en die booswig agter tralies. Hy het sekerlik net homself te blameer vir die aanval, of hoe?

Francois ·

Dis bitter moeilik om simpatiek te bly teenoor die mense wat eenvoudig net nie WIL wakker skrik nie! Hulle wil eenvoudig net nie luister nie!!! Dit met vrouens en kinders in die huis (plaas) Hoekom was jou vuurwapen nie by jou nie meneer? Het nie een nie – op ‘n plaas, regtig? Hoekom stap jy ieg uit en gaan kyk wat gaan aan as jy nie mense verwag of niemand jou vooraf laat weet het om hulle te verwag nie – dis mos nou soek daarvoor meneer. Nee regtig ek weet nie meer hoe op aarde sekere mense wat op klein hoewe / plase of alleen woon nie meer paraat kan wees nie.

Francois ·

ek wil net noem dat hiedie rusbank-kryger al daar was, 2 keer.
1 ste keer het ek verloor, 2 de keer die aanvaller(s)
Ek het na die eerste situasie noodgedwonge en terwille van my lewe en my kind se lewe my veiligheids sienswyse en paraatheid 100% opgeknap.
Dis hoe ons nou moet lewe en ek het dit aanvaar.

Retha Roux ·

Ek stem volkome saam George. Ons moet nie meer wonder hoekom God vir ons ver en onbereikbaar is nie, ons eie toedoen, want ons ken Hom nie meer in al ons weë nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.