ʼn Immigrasiebeampte van die departement van binnelandse sake het in die hof verskyn nadat hy glo omkoopgeld van R100 000 geëis het.
Sam Langa (52) het Maandag in die Kempton Park-streekhof verskyn op aanklagte van korrupsie, uitbuiting en regsverydeling. Die saak is tot Woensdag uitgestel vir verdere ondersoek en Langa bly in aanhouding.
Volgens brig. Vishnu Naidoo, polisiewoordvoerder, het Langa by die departement se nasionale kantoor in Kempton Park gewerk.
Langa het glo omkoopgeld van R100 000 van ʼn buitelandse sakeman geëis. Hy sou glo in ruil vir die omkoopgeld verseker dat die sakeman en ander buitelanders nie na hul tuislande gedeporteer word nie.
Langa is op 9 Januarie tydens ʼn spesiale operasie by die OR Tambo-lughawe in hegtenis geneem toe hy tydens ʼn lokval die omkoopgeld wou aanvaar.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
7 Kommentare
Dié tipe korrupsie kom al jare, polisielede wat onwettige immigrante na Lindela moet vat, vat omkoopgeld en laai die immigrant net so langs die pad af.
Lekker in afrika
Slim het sy baas gevang! Jy eis nie eerste rondte R100,000 nie! hierdie man is al LANK in die game!
Nou word die “sakeman” beloon met burgerskap en n cushy job.
gaan na die mosambique grens, daar betaal jy R450 om deur te gaan sonder passport.
dit gebeur al 9 jaar.
en so kom hulle deur na S.A toe.