Immigrasiebeamptes vas oor korrupsie

Argieffoto

Twee immigrasiebeamptes van die departement van binnelandse sake is in hegtenis geneem op aanklag van korrupsie.

Sigqibo Ngcuzana (41) en Andiswa Ndlathu (38) het Dinsdag in die Maluti-landdroshof in die Oos-Kaap verskyn op aanklag dat hulle R40 000 omkoopgeld geëis het van drie ongedokumenteerde persone in aanhouding vir hul vryheid en hernuwing van hul permitte.

Die beamptes is Maandag in Maluti in hegtenis geneem deur die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke) ná ʼn geheime operasie waar daar op R15 000 beslag gelê is, het kapt. Anelisa Ngcakani, woordvoerder van die Valke, gesê.

“Verdere ondersoek het ook ʼn 35-jarige verdagte verbind met die saak dat hy as middelman opgetree het om die kontant van die aangehoudenes se vriende en familie te bekom.” Dié verdagte is Dinsdag in Matatiele aangekeer en daar is beslag gelê op ʼn verdere R15 000.

Die beweerde korrupsie het aan die lig gekom uit ʼn operasie deur die polisie en immigrasiebeamptes wat tussen 7 en 10 Augustus 2019 in die Maluti-gebied uitgevoer is. Ongedokumenteerde persone is in hegtenis geneem wat onwettig in die land was.

Ngcuzana en Ndlathu bly in aanhouding en sal na verwagting op 20 Augustus weer in die hof verskyn vir ʼn formele aansoek om borgtog. Die 35-jarige sal binnekort in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Gert van Wierdapark ·

Hoe wel dit “klein vissie straat-kapers”, is is daar sekerlik miljuisende van hulle. Keer hul een vir een aan om die omkoop/afperskultuur wat onder sekere van die ampte-narre in beheer bestaan, uit te roei!!

SjN ·

Korrup, kyk hul ouderdom, was nie die eerste keer wat dit plaasgevind het nie.

Pieter ·

Negentig pers van die anc regering is korrup niks snaaks nie dit moet mos so wees in suid afrika

skurweberg ·

Die probleem le by die aanstelling van werknemers. Moenie skelms aanstel nie, gebruik Psigometriese toetse of leuenverklikkers

Skelm se baas ·

Party is so gewoond aan lieg, hulle sal ‘n poligraaftoets met vlieënde vaandels slaag. Skuldgevoel en angs kom net voor as jy die konsep van reg en verkeerd verstaan. Lieg is in sekere kulture nie verkeerd nie.

Hanna Hoekom ·

As mens so na die name en vanne kyk, besef mens maar net weer dat geloofwaardigheid voor kundigheid die aanstellingskriteria moes gewees het. En daar is duisende van hierdie “amptenare”! Die buitelanders weet dit. Free for all! Die vuisvoos belastingbetaler moet maar net betaal.

Allie ·

Dit is om van NAAR te word. Iewers in die nabye toekoms sal hulle net weer bevorder word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.