Impak van beurtkrag op ekonomie ‘katastrofies’

Foto bloot ter illustrasie. (Argieffoto: pixabay)

Die land se ekonomie loop ʼn toenemende risiko om nie volkome te herstel of verder te groei nie, weens voortdurende beurtkrag wat sakeondernemings landwyd kniehalter.

Prof. Raymond Parsons, ekonoom by die Noordwes-Universiteit se Besigheidskool, sê hoewel beurtkrag vir kort tydperke ingestel word, moet die uitwerking daarvan op die ekonomie nie onderskat word nie.

“Die gebrek aan energiesekerheid en voorspelbaarheid in Suid-Afrika veroorsaak wydverspreide ontwrigting vir sakeondernemings, veral kleiner sakeondernemings en hul lewensbestaan,” sê hy.

“Hiermee saam styg ondernemings se bedryfskoste al hoe meer wanneer die beurtkragfase vererger. Dit belemmer nie net die groeivooruitsigte vir die ekonomie nie, maar ook toekomstige werkskepping.”

Volgens Parsons veroorsaak beurtkrag ook grootskaalse onsekerheid oor die groeivoorspellings wat deel vorm van die komende mediumtermyn-begrotingsbeleidsverklaring.

“Enoch Godongwana, minister van finansies, moet sekerheid kan hê dat sy vooruitskattings van die land se toekomstige ekonomiese groei nie verder deur die onsekere en uitgebreide beurtkrag verswak sal word nie.”

Talle gebiede in onder meer Pretoria en Johannesburg het reeds Maandag gebuk gegaan onder onbeplande kragonderbrekings, benewens die nuwe fase 4-beurtkrag wat onlangs ingestel is. Luidens berigte is verskeie gebiede reeds langer as 24 uur sonder krag.

Die Black Business Council (BBC) het intussen geëis dat die uitvoerende hoof van Eskom, André de Ruyter, en die Eskom-direksie liefs moet bedank weens hul “onvermoë om die langdurige elektrisiteitsonderbrekings op te los”.

Parsons meen egter dat daar nie ʼn enkele of eenvoudige oplossing soos dié vir beurtkrag is nie.

“Die betrokke leiers in Eskom en die departement van openbare ondernemings moet nou die nodige dringendheid toepas om ten minste kreatiewe korttermynmaatreëls te identifiseer wat kan help om die onmiddellike situasie beter te bestuur en te stabiliseer,” sê hy.

Hoewel pres. Cyril Ramaphosa Dinsdag gesê het hy beplan geen afdankings by die kragvoorsiener nie, het hy sy kommer oor die feit dat die land op ʼn enkele kragvoorsiener staatmaak, uitgespreek.

“Die rigting waarin ons nou moet beweeg, is om Eskom te herstruktureer en ʼn aparte entiteit te hê vir opwekking sodat daar krag by ander entiteite aangekoop kan word. Die staat moet egter steeds die transmissie besit, maar dit is belangrik dat daar ʼn mate van mededinging is,” het Ramaphosa gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Kokerboom ·

BBC (so eensydig rassisties: hoe kan jy ‘n dooi perd opwek wat 27 jaar lank vergiftig is? U gebrek aan begrip en blaamplasing is verstommend! In 27 jaar kon jy meer as genoeg alternatiewe kragbronne daargestel het!!Nee wat steek hand in eie boesem

Frank ·

Noem hulleself nogals Besigheidskamer en hulle verstaan nie iets so eenvoudigs nie. Geen insig nie.

groenboer ·

Cyril, dit was jou eie party se beleid dat daar net een kragvoorsiener moet wees. Bly jy begin ook nou sien dat dit dalk ‘n probleem kan wees as mens al jou eiers in een mandjie ronddra – dalk moet iemand dit vir Oom Gwede ook verduidelik.

In ieder geval, dit is nou gedane sake en kla help nie. Ons sal almal maar moet plan maak om sover ons kan ons eie aanvullende krag op te wek. Ek voorsien nie dat beurtkrag enige tyd binnekort gaan eindig nie, indien ooit.

Shakespeare ·

ALLES Is katastrofies van die ANC/ EFF se oorname, inmenging en vernietiging. Nie net Evkom alleen nie. Dit het hulle baie minder as 20 jaar te vat om RSA ‘n ” dumpheap” te verander.

Di ·

Die korrupte ANC regering is verantwoordelik vir AL hierdie gemors. Wil mos verbete vasklou aan Eskom want hulle self word bevoordeel hieruit. André de Ruyter kan niks hieraan doen nie, hy het self op TV onderhoud gese dat daar ander alternatiewe voorgele is aan die regering om hierdie probleem op te los MAAR moet deur die Regering goedgekeur word, en dit gebeur net nie. Hierdie gemors kan net voor een se deur gele word en dit is die “korrupte regering”

Anoniem ·

Gaan die BBC ingenome daarmee wees indien daar ‘n WBC gestig word? Nee, want wetgewing beskerm BEE. Almal is kamtig gelyk, so hoekom is sommiges meer gelyk???

Michael ·

Solank die cANCer “regeer” sal niks beter word nie-dis totaal en al onmoontlik. Die land sal uiteindelik lyk en heeltemal “funksioneer”soos die res van Afrika. Ons is nou byna daar

James ·

Ons moet die Ja stemmers van 1992 bedank. Dis hulle wat die pad gemaak het vir die ANC. Want hulle was bang vir ‘n “burgeroorlog.” Die ANC, doen wat hulle ALTYD gese het hulle gaan doen. Die JA stemmers – het hulle die kans gegee om oor te neem, en te doen wat hulle altyd wou doen.

Frank ·

So asof Andre ‘n towerstaffie het om jarelange wanbestuur reg te tower.

Skappie ·

Nou word Andre oor die hande geslaan, maar wat van die vorige 25 jaar voordat hy oorgeneem het. As daar die nodige instandhoudings gedoen was in die verlede, sal ons as SA burgers nie nou in hierdie gemors gewees het nie. Sterkte ANC, ons land sal nooirt weer dieselfde wees as voorheen nie.

James ·

Ek dink Jaap Marais en Andries Treurnicht het sopas in hulle grafte omgedraai – met ‘n Whatsapp vir al die Ja stemmers: ” Ek het julle mos probeer reghelp…”

Nou ja. JA. Ek wag vir die eersste Ja stemmer om te kom skryf hier – “Ons moes JA stem anders was hier burger oorlog.” Wel – minstens sou ek bewapen gewees het, met ‘n werkende Polisie en Weermag om my te beskerm……

Hier is ons nou.

Lekker Rugby en Krieket kyk – internasionaal vir die Bokke en die Proteas – so tussen die donker ure deur. Gaan koop maar ‘n generator’kie, en ‘n kannetjie duur petrol.

James ·

Laat die vrugte geniet word – elkeen wat hier kla en JA gestem het, 30 jaar terug. insluitend jou kinders en kleinkinders – aan wie jy nie gedink het nie – en nou onderdruk word… GENIET!! *Ek wonder hoe is die kragsituasie in jul Leier, FW, se huis tans?) Weereens – PLUK, en GENIET.

Belinda ·

Kan mens nie hulle hof toe vat as jy nie dienslewering verkry of verlies van inkomstes het nie?
Jy betaal altans vir n diens?

Jr ·

Die een ding wat die “stupidity” van ons president in een sin verklaar is sy woorde ” VOTE FOR ANC OR THE LIGHTS WON’T COME BACK ON. WELL WHAT NOW SQUIRREL!

Jr ·

Loadshedding? MOENIE KLA – ” OUR PEOPLE” HET cANCer GEJA. X

Jr ·

Daar was n agenda agter die insit van ‘n witman as CEO. Nou kan die rassis blaam kaart gespeel word soos n kitaar. Mal emma en ex brilletjies CEO het dit al klaar gedoen. Squirrel het geweet hierdie situasie sou kom. Eskom is beyond repair now and they have known it for years.

KB ·

Amper sê ek wat op my lippe was…
Ramaphosa is nie ‘n bedryfsekonoom nie. Miskien moet hý begin stilbly.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.