Impak van Bloedrivier-slagting op versoening bekyk

Dr. Will Gordon van die Departement van Geskiedenis aan die Universiteit van Zoeloeland. (Foto: Verskaf)

Dr. Will Gordon van die Departement van Geskiedenis aan die Universiteit van Zoeloeland het onlangs die Erfenisstigting in Pretoria besoek om navorsing te doen vir ʼn projek oor die Slag van Bloedrivier.

Tydens dié bekende slag op 16 Desember 1838 het 464 Voortrekkers teen meer as 10 000 Zoeloevegters te staan gekom. Daar word geskat dat meer as 3 000 Zoeloes tydens die konflik gesterf het terwyl slegs drie Voortrekkers, insluitend die leier Andries Pretorius, beseer is.

Volgens Gordon kan dié geskiedkundige gebeurtenis ʼn impak op versoening in Suid-Afrika hê. Dit kan beskou word as ʼn gebeurtenis wat kulture kan laat bots, óf die geleentheid skep om versoening in Suid-Afrika te bevorder.

“Ek het hier [by die Erfenisstigting] goed gekry wat ek definitief nie op enige ander plek in die wêreld sou kon vind nie. Ek het onder meer op briewe van die publiek in die argief afgekom wat 100 jaar ná die Slag van Bloedrivier by die hoeksteenlegging van die Voortrekkermonument geskryf is. Dit skep ongelooflike historiese perspektief,” sê Gordon.

Dr. Will Gordon. (Foto: Verskaf)

“Geskiedenis is oorhoofs die geskiedenis van politiek en konflik en dié geskiedkundige gebeure stimuleer vrae, soos oor versoening, by ’n mens.”

Gordon is reeds maande lank besig met die navorsingsprojek en beoog om dit vanjaar af te handel.

“Ek het op die internet op die Voortrekkermonument en die Erfenisstigting afgekom. Dit is ongelooflik om al die materiaal wat in die argief en biblioteek beskikbaar is te sien en om navorsing te doen oor geskiedkundige gebeure.”

Die Erfenisstigting nooi alle navorsers om besoek af te lê by die stigting met die oog op navorsing. Navorsers kan 012 326 6770 skakel om ʼn afspraak te maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

marius ·

En Isandlwana het geen impak op versoening nie ? Want die britse empire het pakslae gekry (1300 dood) en ‘n hand vol boere vroue en kinders (464) het nie een gesterf nie . Dis hoekom en almal weet wat die verklaring daarvoor is maar is te skaam om dit te erken . Dis die waarheid .

Nikolaas ·

Wat sou die impak op versoening wees om na die Slag van Bloedrivier as die Bloedrivier-slagting te verwys?

Sekerlik nie goed nie.

Johnny ·

Dis bloot nóg ‘n manier om die Afrikaner se sogenaamde “skuld” te verhoog.

Gert ·

Gelukkig kan geskiedenis nie verander word nie. Daar was geen versoening op 16 December 1838 nie en soos ons belowe het sal ons die dag nog steeds nie as ‘n versoeningsdag herdenk nie. Ons bly dankbaar teenoor ons Skepper dat Hy ons Voorouers teen hulle voornemende moordenaars beskerm het, en dis iets wat nooit gaan verander nie.

Wat Wou ·

Dit lyk dalk vandag nie so nie, maar die Afrikaner van vandag moet net aanhou bid soos ons voorvaders en moeders. Ons land is stukkend, en moet deur die wil van ons Hemel Vader weer herstel word. Duisternis sal nie oor lig regeer nie

Misky ·

Vertaal so bietjie van daai inligting en bewyse en stuur na die nodige partye wat altyd dwarstrek en nie glo nie. Ons as SA’ners weet waaroor dit gaan, die ander nie

Harley Davidson ·

Wat is die versoening waarvan daar gepraat word hoe kan jy versoen as die regering diskriminernde wette toepas teen die huidige benaadeelde minderhede gebaseer op hulle velkleur.

Flip ·

Al versoening wat in terme van Deut.23:21-23 en Pred.5:3-5 ter sprake mag wees, is tussen die nageslag van die geloftemakers en die Almagtige God wat hul gelofte verhoor het wat hulle vir 7 dae vanaf Wasbankspruit tot by Bloedrivier herhaal het.
Welke versoening die nakoming van die gelofte is wat nog nie vervul is nie, aangesien die outentieke gelofte van die volk weerhou word.
Hiermeer die bewoording van die gelofte wat gedurende 9-16 Desember aangebied en bekragtig is soos opgeteken is in die joernaal van die Strafkommando – De Zuid-Afrikaan 14 Juny 1838:
“om zoo de HERE ons de overwinning geven mocht, een Huis tot zijns grooten Naams gedagtenis te stichen alwaar het Hem zal behagen” – en dat zij ook moesten afsmeken, de hulp en bijstand van God, om deze gelofte zeker te kunnen volbrengen, en dat wij de dag der overwinning, in een boek zullen aanteekenen, om dezelfde bekend te maken, zelfs aan onze laatste nageslachten, op dat het ter eere ban God gevierd mag worden.”

Wat Wou ·

Baie dankie Flip. Saam staan Afrikaners.
Ons kry nou swaar, maar ons Hemel Vader sal weer ons volk kom red. Dalk gouer as wat ons dink

Johnny ·

Nou is dit ewe skielik die Bloedrivier “slagting”. Wat ‘n bevooroordeelde benaming om te gebruik. Dit was ‘n veldslag in ‘n oorlog, en nie die koelbloedige uitmoor van mense soos die term impliseer nie.
Wat wél ‘n slagting was, was die Bloukrantz moorde. En die uitwis van Retief en sy ontwapende, weerlose onderhandelingspan.

Phumba ·

“Slag van Bloedrivier ” en “Bloedrivier-slagting ” het verskillende betekenisse.
Ek hoop regtig die navorser is intellegent genoeg om dit te sien (tensy dit nou weer deel van die “woke/BLM” agenda is om die narratief te verdraai om die blanke sleg te maak).
Ek hoop regtig nie dit is n naam wat die verslaggewer uitgedink het nie – Maroela is mos nie bekend vir politiese laakbaarheid nie.

Deon ·

Dr Gordon, wat impliseer jy?…. Wil jy die regering assisteer om NOG MEER van die afrikaner se erfenis in die grond in te trap? Wil jy dalk he dat ons as nageslag n gelofte aan God moet breek? Of gaan jy die onregverdigheid van die 10 000,lw vegters wat n laer van minder as 500 mense, mans vrouens en kinders en nie vegters aangeval het uitwys? Wat gaan jy met al hierdie inligting doen? Soos een van die lesers se kommentaar tereg uitwys, “gelukkig kan ware geskiedenis nie uitgewis word nie”…… Daar is baie meer voor die hand liggende goed wat verdeeldheid saai soos bv die president en van sy ministers en gevolg wat daarvan n punt maak om sekere mense as “our people” voor te hou. Wette wat geskryf word om alle groepe behalwe die swartes uit die ekonomiese stelsel te probeer hou, en, en, en. Onthou, en moenie dit uit die oog laat nie, God het daardie mense daardie dag beskerm. God het dit gedoen want hulle het dit van hom af gesmeek.

Hans ·

Baie jammer om te hoor van soveel dood van die oormag wat daarop uit was om onskuldiges te vermoor…….
Hul het daarvoor gesoek en meer gekry as waarop hul gereken het.
Die oormag is nog steeds daarmee besig maar net op n baie meer stelselmatige manier. Hoe lank moet ons die ander wang draai????

Marius ·

Dit was nie ‘n slagting nie, dit was ‘n veldslag. Die Boere het nie die Zoeloes aangeval nie. Die Zoeloes het die Boere aangeval en die Boere moes hulself teen ‘n oormag verdedig en die Here het sy volk gered deur hul te help. Daarom is daar die gelofte. Almal ken die geskiedenis en ons sal altyd die dag herdenk en dit beleef asof dit ‘n sabatsdag is.

Andries ·

As hul R1 en R4 gewere gehad het kan ons praat van slagting. Dit is ‘n duidelike verset om nie uitgemoor te gewees het nie. Sou die Zoeloe kom braai en kuier het of was hul daar vir ander redes?

David ·

Die meerderheid stemgeregtigdes wil nie versoening hê nie. Hulle moor en plunder nog steeds.

Riekert Arend ·

Ek praat van myself maar in my oe het Bloedrevier nie gebeur sodat daar versoening kan wees nie, Julle het vergeet wat met piet retief gebeur het na hy “Versoening ” probeer het.
Nee Bloedrevier het gebeur om vir die wereld te wys ONS HET ‘n LEWINDIGE GOD WAT SY VOLK BESKERM.
PUNT.
Dit is oor al die “versoening” dat ons Blanke volkie van ons op ons kniee is en So Ver Weg van Abba Vader se Pad.

quartus ·

Ek sal nie baie verbaas wees as ons, met die ligter velle, opdrag kry om verskoning te vra vir die sterftes van die 3000 nie

Johan ·

Marius en baie ander mense maak die geskiedkundige fout deur te beweer dat daar vroue en kinders by die slag van Bloedrivier teenwoordig was. Dit was ‘n strafkomando onder aanvoering van Andries Pretorius wat gegaan het om oorlog teen Dingaan en sy mag te voer, dan neem jy nie vrouens en kinders saam nie! Mense verwar die slag van Vegkop, waar Hendrik Potgieter se laers teen die Vetrivier aangeval was deur die Matebeles en daar die vrouens en kinders ook in die proses betrek was om te help met die geveg. Soms staan ek verstom oor die onkunde van mense……

Schalk ·

Versoening in ons land is net ‘n sambok wat sekere bevolkings groepe bevoordeel en ander veroordeel. ‘n Skuilnaam vir politieke korrupsie en ‘n media sensasie

Mellivora ·

Johan, wat is jou bron vir hierdie inligting dat daar geen vrouens en kinders teenwoordig was nie?

Esme ·

Die grootste wanpersepsie ten opsigte van die Slag van Bloedrivier is dat die ‘Boere’, die bloedige slagting oorwin en oorleef het. Ongelukkig word min melding gemaak van die Gelofte aan God, ons Hemelse Vader, se teenwoordigheid en Sy Oorwinning nie.
Ek glo steeds dat Blankes na Afrika gestuur is, om die Woord van God hierheen te bring.
Ek was ‘n rukkie gelede by die Mary Moffat woning buite Kuruman en die Sendingstasie is meer ‘n murasie as ‘n Sendingstasie maar te min eer word aan God toegedien.
My Geskiedkundige Navorsing wentel keer op keer terug na ons Skepper en Sy werk in Afrika.

MakersMark ·

In twee gebeurtenisse voor Bloedrivier was Dingaan die aggressor. Retief en manskappe is vermoor na hul Dingaan se beeste bevind het en na hom teruggeneem het, en die voortrekkers by Blaauwkrans (Wenen) aangeval en 100 vermoor. Die zoeloe leër het die voortrekkers by Bloedrivier aangeval en die voortrekkers het hulself verdedig. Dit was ‘n veldslag nie ‘n slagting nie of is die weer sensasie soeke ?

Johanna ·

Ek sien uit daarna om die finale bevindings te lees. En om natuurlik insae te hê in die dokumente wat onderteken is. Dit gaan baie interessant wees.

Johanna ·

Ek sê steeds:- Laat ons saamstaan en die Wes Kaap n onafhanklike STAAT maak ons kan dit laat werk. Soos wat Swaziland en Lesotho bedryf word.
Die politieke partye wat daarteen is, wil politieke GELD GAMES speel. Sulke leiers kyk net na hulle eie beursies..
Op die oomblik gaan.al die geld uit die Weskaap uit na die ANC se koffers toe. Die Weskaap het genoeg grond vir 4miljoen ++ mense.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.