Impak van Wes-Kaapse droogte ‘erger as verwag’

droogte

Foto: Skymetweather.com

Die landbousektor in die Wes-Kaap sal ʼn ekonomiese knou van meer as R5 miljard weg hê weens die impak van die droogte in die provinsie.

Dit is volgens Alan Winde, die LUR vir ekonomiese geleenthede. Winde het uit ʼn onlangse verslag aangehaal van die departement van landbou, wat in samewerking met die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid gedoen is, waarin daar beraam word dat die impak van die droogte op die provinsie se bruto toegevoegde waarde (GVA) R5,9 miljard sal wees. Dit is verteenwoordigend van ʼn produksiedaling van ongeveer 20%.

Die impak van die droogte is erger as verwag, het Winde gesê.

Die GVA is ʼn meting van alle goedere en dienste wat deur die sektor geproduseer word. Beramings wat in Oktober 2017 gedoen is, het aangedui dat die impak op die provinsie se GVA na verwagting ongeveer R4,9 miljard sal wees. Rekordverliese in koringproduksie, asook die versterking van die rand wat ʼn impak op uitvoerpryse het, het hierdie beraming egter opgestoot.

Winde het gesê die geraamde getal werksverliese in die sektor is steeds 30 000.

“StatsSA se werksdata wat in Februarie bekendgestel is, het aangedui dat werksgeleenthede in die sektor inteendeel oor die afgelope kwartaal vermeerder het. As ons egter die afgelope kwartaal met dieselfde tydperk verlede jaar vergelyk, sien ons die ernstige impak wat hierdie droogte op werksgeleenthede en mense se lewensbestaan het.”

Die landbousektor moes sy waterverbruik met gemiddeld 60% verminder en in sommige gebiede het hulle reeds die totale hoeveelheid water wat aan hulle toegeken is, opgebruik.

As gevolg daarvan was daar ʼn aansienlike daling in plase se produksie, met boere wat eerder gewasse met hoër winsmarges prioritiseer, soos vrugte, en groente en ander gewasse laat vaar. Daar was ʼn daling van ongeveer 1000 ha van landerye waar aartappels en uie geplant is.

Verder het kleiner uitvoer-volumes tot ʼn verlies aan inkomste gelei en uitvoerpryse word ook geaffekteer omdat vrugte kleiner is of deur die son beskadig is. Uitvoer-volumes sal vanjaar na verwagting tussen 13% en 20% daal.

Landbou en landbouverwerking dra ʼn gesamentlike R54 miljard by tot die provinsiale GVA. Van al die provinsie se uitvoere, kom 52% uit die landbou en landbouverwerkingsektors. As ʼn sektor verteenwoordig dit 10% van die provinsiale BBP en word 340 000 mense deur hierdie sektor in diens geneem.

Winde het verder bygevoeg dat hy weet hoe moeilik die droogte vir boere was. “Hierdie getalle is ʼn bewys van die impak van hierdie droogte, nie net op ons ekonomie nie, maar op ons mense. Ons het geen ander keuse as om hierdie noodsaaklike sektor te ondersteun om te verseker dat produksie kan voortgaan totdat die goeie reënval kom nie.”

Hy het gesê behalwe vir die impak wat die droogte het, sal die impak van voëlgriep op pluimveeboere na verwagting ongeveer R800 miljoen wees. “Donderstorms en hael het onlangs 200 000 bokse vol laatseisoen-pruime verwoes en die sterk rand eis sy tol op uitvoerders,” het Winde gesê.

“Ons het egter aanpasbaarheid en innovasie onder ons boere gesien gedurende hierdie tydperk. Bewaringslandbou en die verkenning van alternatiewe gewasse toon goeie resultate vir die boere wat hiermee begin het. Bessies het byvoorbeeld uitstekende groei as ʼn gewas getoon ten spyte van die droogte.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Linda ·

Ek het nie veel woorde nie. My hart bloei vir hierdie mense. Wees net sterk en glo.

Annalie Cooper ·

Welkom om dié gedig van my te plaas:

Droë Kaap

Jan van Hunks droë lippe aan sy pyp
inwoners stoei bottels water te gryp
pryse skiet hoog vuiste val
die drup drup drup maak ons almal mal
Rip Van Winkle in regeringsbank
meer stank as wie sal ons bedank
nog ’n politieke speelbal plof
dood in die stof
drup drup drup wie sal betaal
vir die volle verhaal
is die geheim onder Tafel(berg)doek
die aap in die mou is nog soek
water uit klip tap los tog die haat
van weet en slaap kom spyt te laat

©️annalie cooper
30 Januarie 2018

Jean ·

N klein proeseltjie van wat kom wanneer daai skelms grond van die blankes wil afvat, n voedsel te kort n werk te kort!!
Deur die swaar kry in die kaap is daar nou n les om te leer maar die les gaan nie geleer word vir die res van Suid Afrika nie!
Inderdaad swaar tye le voor vir Suid Afrika!

Magda ·

Is verby met ons… help ons God groot asseblief… net U alleen kan!!!

Dinarie ·

Jare gelede het die boere om droogtehulp aansoek gedoen by die ANC regering.
Die asnsoek is destyds geweier omdat dit wit boere was wst die beroep gemaak het met die antwoord: “Daar bestaan nog geen droogte nie”.
Nou word werkers wat veronderstel was om deur die ANC gehelp te word, op groot shaal afgelê vanweë voortslepende droogte :wat “nie bestsan nie”.

Vermeemde ·

Kom ons neem die opsomming nou een stap verder, met die kominde seisoen indien goeie reen die winter val sal die skade herstel moet word van die droogte en daarvoor het die boere geld nodig, banke gaan nie geld aan boere leen teen die agtergrond van onteiening sonder vergoeding nie en voonemende kontantkopers gaan eerder hulle geld elders bele om opbrengs te verseker.
Verwag maar dat die aartappel produksie so te se tot stilstand sal kom in die WK.
Die droogte was net die begin van die groot honger in SA, soos Zim sal SA ook voedsel tekort aan die droogte toeskryf maar nie aan die onteienings beleid nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.