Imperial: Sakeraad eis dat koppe rol ná diskriminasie

Mark Lamberti (Foto: Facebook)

Die Black Business Council (BBC) het Dinsdag geëis dat onmiddellike regstappe teen Mark Lamberti, uitvoerende hoof van die Imperial-groep, en Ockert Janse van Rensburg, finansiële groephoof van die Imperial-groep se sustersmaatskappy Associated Motor Holdings (AMH), ingestel word nadat albei partye aan diskriminasie in die werkplek skuldig bevind is.

Dít volg nadat die Noord-Gautengse hooggeregshof vroeër vandeesweek beslis het dat Lamberti, wat vroeër op die Eskom-raad aangestel is, skuldig was aan diskriminasie nadat hy na ʼn senior en ervare vrouepersoneellid as “ʼn vroulike gelyke indiensnemingskandidaat” verwys het.

Regter Pieter Meyer het bevind dat Adila Chowan, nou nié meer werksaam by die maatskappy nie, se waardigheid wel aangetas is deur Lamberti se stelling en dat daar wel teen haar gediskrimineer is op grond van haar ras en geslag.

Die BBC het gesê hy eis ook AMH se kop omdat die maatskappy ʼn ewe groot rol in die diskriminasie gespeel het.

“Deur nié op te tree nie, sal die maatskappye waarby Mark Lamberti betrokke is bevestig dat hulle gelukkig daarmee is om ʼn rassis in hul midde te hê wat geen respek het vir swart persone en swart vroue nie,” lui ʼn verklaring van die sakeraad. “Dit sal ook beteken dat hierdie organisasies en maatskappye rasse- en geslagsdiskriminasie ondersteun. Die hof se beslissing bevestig dat Lamberti nie in ʼn leiersposisie in Suid-Afrika moet wees nie.”

Die BBC sê hy is reeds besig om ondersoek in te stel na die moontlikheid dat verbruikers die Imperial-groep en al sy sustersmaatskappye boikot.

Eskom, Lamberti en AHM was nie onmiddellik beskikbaar vir kommentaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Dawie ·

Baie interesant , wat word van die Weermag majoor met sy blatante haatspraak ? Nou sommer iets van die verlede.

Rabes ·

Ek wonder wie is meer rassisties as die BBC waar daar geen blankes werksaam is nie

dom ·

Ok in so n geval waar kan ek kla . Ek het die ander dag vir n werk aansoek gedoen waar hulle spesifiek gevra het vir only africans. Nou soos ek verstaan val ek in die katogorie. Ek het al my nodige kwalifikasies en werks ondervinding. Al verskil is,ek is wit en nie swart nie so dit het beteken ek kry nie die werk nie want ek voldoen nie aan hul swart vereiste nie. Wat kan ek doen ????

jaco ·

nogal vreemd dat dié vrou wat ‘n Indiër is, nou so simpatiek behandel word, want ek weet van BAIE gevalle waar daar vir Indiërs en Kleurlinge bloot gesê word “sorry but you are not black enough”.
Die klassieke geval was waar ‘n kleurling en ‘n swarte vir dieselfde werk by Eskom aansoek gedoen het. Die kleurling het arm grootgeword, maar was beter gekwalifiseer as die swarte, wat ryk grootgeword het. Tog het die swarte die werk gekry. die arbeidshof het gesê dis reg so, “want swartes het meer gely onder apartheid as kleurlinge”.
Ek kan nog verstaan as wit mense nie werk kry nie en vir apartheid “gestraf” word, maar dis regtig ‘n skande dat die slagoffers van apartheid ook teen mekaar diskrimineer met stories oor “grade/vlakke” van lyding wat hulle onder apartheid gehad het.

Callie ·

Weereens SA. Jy mag nie die waarheid praat nie. Jy moet idioties wees as jy nie besef jy kan nie iemand in n pos aanstel vir sy kleur nie. Dit het munsipaliteite, Eskom, SA lugdiens., noem op, gesink. Frustrasie kook oor by die wat dit sien. Waar wil julle eindig

Joh. 3:16 ·

Iemand het eenmaal gesê: “‘n Liberalis is 30 minute van ‘n Kommunis af.” Ek het altyd gewonder wat beteken dit. ‘n Kommunis en liberalisme het alby produktiwiteit verruil vir ideologie. Alby handhaaf die ideologie van gelykheid bokant individuele verskille tot produktiwiteit.

Eish ·

Mark Lamberti is een van die reuse onder Suid Afrikaanse sakelui. Maatskappye van formaat het onder sy hand ontstaan en sy is ondervinding van onskatbare waarde.
Waar ek nou ernstig die klok verloor is die vreeslike bohaai oor dié, bes moontlik, n feit.
Alle maatskappye is deur wetgewing verplig om deur BBBEE voorheen benadeeldes aan te stel in poste. Indien die dame aangestel is op grond van die wetgewing, waaroor die gevoeligheid daaroor. Hoe op dese aarde het CR sy rykdom verwerf? Presies dieselfde wyse. Ons moet BEE toepas, maar dit nie by die naam noem nie? Belaglik!

Schalk ·

Nou verstaan ek nie? Advertensies wat duidelik ras uitspel vir ‘n pos tas ander mense se menswaardigheid aan en dit is maar reg so?
Hoe maak sy stelling jou ‘n rassis?
Het enige iemand dalk die pos beskrywing gesien waaroor die bohaai is of die omstandighede?

Hanna ·

Rassisme is slegs op blankes van toepassing. Dit het die MRK goed bewys! Jy, as blanke, moet maar opsnork en die “punch” vat. En ek kan nie sien dat dit ooit gaan eindig nie, want bitter min BEE kandidate haal poste slegs op meriete.

Gestremde ·

Dus nou hekse jag na ‘n blanke persoon in ‘n bestuurposisie en ek kan geen rassitiese opmerking daarin sien. Gaan kyk veral na gestremde poste wat geadverteer word waarna daar spesifiek verwys word dat blankes nie baat vind nie. Hier is ‘n voorbeeld van een van die dokumente wat beskikbaar is op die menseregte kommissie se webwerf:

“The B-BBEE Scorecard
The definition of “designated” groups under the B-BBEE Scorecard differs from the definition of “designated” groups under the EE Act. Under B-BBEE, only Black people (African, Indian and Coloured) are categorised as beneficiaries. The EE Act considers all people with disabilities to be previously disadvantaged and they are categorised as designated groups. Points on the B-BBEE Scorecard are only awarded for Black people with disabilities and not all people with disabilities.”

Dubbele standaarde ·

AG ASB TOG, maar jy mag na BEE en EE en AA en BEEE verwys dat 100% teen blankes gemik is . Jy mag nie eers meer AANSOEK doen indien ‘n pos in bogenoemde kategoriee val nie. In die STAATSDIENS en by parastatals is daar nie EEN wit hoe kop nie .. almal is anderskleurig maar dis NIE diskriminasie nie, dit lyk asof NET wittes kan diskrimineer, selfs in die polisie word WITTES NIE BEVORDER nie, en al wen hulle hofsake word die wittes STEEDS onderdruk en word hulle nie vir hoër poste in aanmerking gebring nie .. hulle verontagsaam hofbevele en maak dit so moeilik moontlik vir ‘n witte wat gaan kla het omdat daar teen hulle gediskrimineer is . wonder net waarvoor staan BLACK BUSINESS COUNCIL< laat julle ook WITTES toe by julle of diskrimineer julle teen wittes????

Sies tog! ·

Shame wonder hoe gaan hulle AMH aan vat as hulle nie meer bestaan nie. Ross Barlow wat AMH besit het, het meer as ‘n jaar terug AMH gesluit in SA en is terug Australia toe waar AMH begin het. Dit WAS ‘n susters maatskapy van Imperial gewees , en is dus nie meer nie.

Hoekom ·

Maar die MAJOOR Mag in ‘n leiersposisie wees wat wittes se oe wil uitsteek, die President wat wittes wil KOOK mag in ‘n leiersposisie wees, MALEMA wat wittes lewendig wil afslag mag in ‘n leiersposisie wees, die parlementslid wat boere lewendig wil begrawe mag in ‘n leiersposisie wees . DUBBELE STANDAARDE, ek sal nooit IMPERIAL boikot nie . al wat julle in elk geval gaan regkry is dat SWARTES By IMPERIAL hulle werk verloor .. maar kry maar vir julle . KAN NIE WAG NIE . maak soos by die myne .. STAAK dan maak die myn toe .. BOIKOT imperial dan verloor 2000 swartes hulle werk … GAAN AAN hoor!!

Judge Dredd ·

So indien iemand op grond van sy ras of geslag aangestel word, mag daar nie verwys word dat daardie persoon op grond van sy ras of geslag aangestel is nie?
Het die Imperial group nie BEE punte vir die vrou se aanstelling gekry nie?
So wat is fout met ‘n waar stelling?

Johan. H. ·

Groot grap want daar is weer i regter betrokke,,, So terloops In i eerste wereldse ordentlike land is Pam Golding n Icoon,,, Waarmee ek natuurlik saamstem, Maar in i derde wereld met die lotte in beheer noem hulle winnie n ikoon,,,, Hemel wat het geword van standaarde, Shame man

vrou ·

Ai party vroue is so sensitief – OOOR sensitief.
Dit beteken hulle het nie vrede met hulself nie en het geen selfvertroue nie.
Plaas dat hulle net aangaan met hulle werk.
Ek is ‘n vrou en het green probleme met werk nie.
Ek kry sulke prima donna’s jammer.

E.K. die eerste ·

Daar is mos, veral in die polisie ook mense wat (agv van hul “witheid”) oorgeslaan word vir promosie. Het ons nie ook ‘n “Wit Besigheidsraad” (in plaas van Black Business Council – terloops is die BBC nie ook rassisties met so ‘n naam nie??) om sulke gevalle aan die groot klok te hang?

Johann Marx ·

Die Kerk gaan my onder sensuur plaas, ek het gister “Eva” gesê……

jaco ·

kom ons vergeet nou eers van dié vrou se “meriete” en “regte” ras om die werk te kan doen. die engelse pers het in elk geval baie meer bewyse dat sy regtig bekwaam is.
wat egter nie verstaan nie, is dat 2 WIT mans in 2018 kwetsende goed vir haar sê en nogal selfs ‘n dissiplinêre proses teen haar begin. hulle lewe regtig in kabouterland as hulle dink sulke optrede van hulle gaan geen negatiewe gevolge na buite vir hulleself hê nie. As jy in 2018 ‘n wit mens, veral ‘n wit man, is met werk, HOU DAN JOU MOND en “just go with the flow”. Hierdie 2 weet duidelik nie hoe dit voel om sonder werk te sit en week na week, maand na maand en selfs jaar na jaar eenvoudig NIKS werk te kry nie.

Manie ·

Arme vrou. Gee nie om dat hulle poste kry oor beleid van BEE. Maar is baie ontsteld as jy die by die naam noem

Oom Kalahari ·

Mnre. Mark Lamberti en Ockert Janse van Rensburg, staan op jul regte en waarom moet werklike feite versteek of verdraai word. Daar is veel meer rasse diskriminasie wat teenoor vele wit gepleeg word en hierdie tendens sal nie net maklik oornag verdwyn nie. Wanneer iets op jou afgedwing word kom daar weerstand, maar as dit regverdig hanteer word sal die algehele gevoelens en samewerkinge verander met begrip en respek.

ARTHUR VAN VUUREN ·

Diesulke aanstellings veroorsaak reeds dat ” anderskleuriges” nie hul meriete verbeter nie en steeds slegs op grond van ras aangestel word, wat meebring dat dienskwaliteit in ‘n nimmereindigende afwaartse spriraal kolk….. binne-in ‘n bodemlose put van onbevoegdhede..

Pop ·

Ek kyk op tv na die advertensies vir die sokker na die Afrika lande. Haglik is nie die woord. Kort voor lank gaan dit so hier lyk. Produktiewiteit bly in die slag vir die rassisme ding. Dit raak by die dag meer belaglik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.