Implats gaan duisende werkers aflê

mynboubedryf-mynbouhandves-steenkool

Foto: Hangela/Pixabay.com

Impala Platinum (Implats) het aangekondig hy gaan 13 000 mense aflê in ʼn poging om dié mynmaatskappy weer winsgewend te maak.

Implats het Donderdag in ʼn verklaring gesê drastiese herstrukturering is nodig om mynbou in ʼn volhoubare toekomstige posisie te plaas.

Die herstrukturering sal oor ʼn tydperk van twee jaar plaasvind. Dit sluit onder meer in die afskaling van 11 na slegs ses operasionele skagte om die jaarlikse vervaardiging van platinum van 750 000 fynons na 520 000 fynons te verminder, asook om permanente werknemers en kontrakteurs van 40 000 tot 27 000 te verminder.

Die vermindering in die aantal fynons wat geproduseer word, sal luidens die verklaring hoofsaaklik plaasvind om niewinsgewende platinumproduksie uit ʼn oorversadigde mark te verwyder.

Sowat 9 000 permanente werknemers en 4 000 kontrakteurs se werk kan in die slag bly.

Die myn voer aan dat die instelling van dié maatreëls oor ʼn twee jaar lange tydperk die sosio-ekonomiese uitwerking sal verminder. Hulle sal alles in hul vermoë doen om betrekkings te behou.

Dié herstruktureringsplan is deur Implats se raad van direkteure goedgekeur en vind hoofsaaklik plaas weens “ʼn beduidende afname in die Amerikaanse dollar-platinumprys en volgehoue hoë inflasie op mynbedryfskoste”.

Die herstruktureringsproses sal altesaam R2,7 miljard kos en in die boekjaar 2019-’20 voltrek word.

“Die herstruktureringsplan sal gefinansier word deur interne fasiliteite en die verkoop van voorraad.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Theresa B ·

Moenie die plunder, aanrandings ens daarmee saam vergeet nie…………..

Wasgewaarsku ·

Die mynbousektor het die regering oor en oor gewaarsku dit gaan gebeur as hulle so beleggeronvriendelik is.

Wanda ·

My hart gaan uit na die mense wat sonder werk gaan sit. Dit is vreeslik om my mense te sien swaar kry

Staak ·

Wanda, gelukkig is jou mense in die minderheid in die werksplek.

Jacques ·

Hoekom staak hulle nie nog n bietjie nie , hulle het mos baie geld en kan dit bekostig om vir weke by die huis te sit of voor die hekke te gaan staan en skree ? Dit is nou wat ek noem slim vang sy baas .

China hieragter ·

China sit agter politici wat mynbou so moeilik maak sodat mynhuise kan vou soos nou gebeur, sodat Chinese mynhuise dit goedkoop kan opraap.

Tammy ·

Gladnie jammer vir die wat hulle werk gaan verloor nie. Hulle moes nie deelneem aan stakings en alewig aandring op voordele nie. Hulle moes eerder harder werk en dankbaar wees om so bevoorreg te wees om te kan werk. Die regering is ook nie onskuldig nie , as hulle die land reg bestuur sal die buiteland ( ek praat nie van China nie) graag hier wou bele. Hierdie geval kom van n paar skewe kante! Hou maar die personeel dop as jy in enige besigheid kom…dit lyk of hulle die werkgewer n guns doen…..

marous ·

Slag nog ‘n honderd poue om vere in cr en sy gabbas se hoede te sit …..

Waarheid ·

Die waarheid is dat China die regering druk om mynbu baie onbekostigbaar en moeilik te maak, dan raak mynmaatskappye bankrot, dan koop die Chinese dit teen baie laer pryse as markwaarde.

marco polo ·

Jy praat mos nou snert. Die regering wil die myne nasionaliseer.

Deon ·

@Marco polo, dit is presies wat in die Congo en Zambie begeur het. Die Chinese moedig nasionalisering aan want hulle weet dat Afrika regerings dan geen inkomste uit die myne sal kry nie, en omdat die Afrika regerings baie geldhonger is kom die Chinese dan dadelik om die myne onmiddelik te ‘red’ en dan koop hulle dit by die Afrika regering spotgoedkoop.

GM ·

Hoekom dit altyd ‘n ‘ons mense/my mense’-ding maak? Ongeag velkleur, dis mense wat kos op die tafel moet sit vir hul kinders. Oral moet mense begin om te besef dat hulle nie belaglike ‘demands’ kan maak, afbreek en plunder, en dan verwag dat die maatskappy almal moet behou nie. Dit bly ‘n besigheid.

Oops ·

Dit is ongelukkig die gevolg van VORIGE stakings en protesaksies . die myne gee in op hoër demands tov salarisse en bonusse en huistoelaes dan wag hulle net so 6 maande dan fire hulle 13 000 mense .. en NIEMAND maak daardie konneksie nie .hulle toyi toyi lekker saam en as die afleggings kom wil hulle weer brandsteek en tekere gaan .. Ek kry net die mense jammer wat nooit deelneem aan stakings nie en ook daardeur geraak word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.