Implats-mynwerkers word vermis ná grondstorting

Argieffoto

Argieffoto

Twee werknemers van ʼn Impala Platinum (Implats)-myn in Rustenburg, Noordwes word vermis ná ʼn grondstorting Dinsdagoggend.

Johan Theron, woordvoerder van die maatskappy, het gesê die twee werknemers word vermis ná ʼn grondstorting tydens die oggendskof. “Alle ander werknemers is veilig uit die werksgebied ontruim,” het hy gesê. “ʼn Reddingspoging is reeds van stapel gestuur om die twee vermiste mynwerkers op te spoor.”

Theron het gesê die volle omvang en oorsaak van die rotsstorting is nog nie bepaal nie, aangesien die prioriteit en fokus tans die reddingspoging is. “Verdere aankondigings sal gemaak word sodra bykomende inligting beskikbaar is,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

6 Kommentare

jongste oudste gewildste
charlene

Gaan hulle ook net so gelos word soos die Lilly mynwerkers en dan hoop die myn ook die mense word maar vergeet.

Retha Pretorius

Ontstellend om te lees dat mynwerkers vermis word, dis die nagmerrie van elke persoon wat n geliefde in die myn het, as klein kind was dit my vrees ek groet vir pappa vanoggend hy kom dalk nooit terug nie… My gebed is hul word veilig gevind. Jou opmerking Charlene grens aan onkunde, soms word hul onder gelos want hul kan nie uitgehaal word nie… Sterkte aan die families van die werkers, vir elkeen wat nou gaan soek in n onveilige omgewing. Mag hul lewend uitkom.

Chris Ws

Te veel mense is totaal onkundig oor wat ‘n MYN regtig is.Dis tonnels wat geskiet word met plofstof tot die edel metaal draende erts ontbloot is en uitgemyn (weer met plofstof) kan word.Bokant jou is miljoene ton soliede rots wat krake in het en blokke rots wat tonne weeg kan uitval onder sekere omstandighede al word daar hoe veilig gewerk.Dis NIE ‘n kantoor waarvan die plafon inval op mense onder hom nie!En om mense te probeer red wat toegeval is is die gevaarlikste ding wat mens kan doen.So daar moet altyd EERSTE aan die veiligheid van die protospan lede gedink… Lees meer »

Karin

Lyk my daar is al hoe meer gemors by die myne. Of hulle word vasgekeer (en word waarskynlik nie gevind nie), of daar is n brand en hulle brand dood. En hier in Rustenburg waar so baie myne is, gebeur dit baie meer gereeld. Dis hartseer eintlik. Nooit weer iets gehoor van Lily myn nie. Ons doen besigheid met die een myn naby Lily myn, maar hoor niks.