Implats-mynwerkers word vermis ná grondstorting

Argieffoto

Argieffoto

Twee werknemers van ʼn Impala Platinum (Implats)-myn in Rustenburg, Noordwes word vermis ná ʼn grondstorting Dinsdagoggend.

Johan Theron, woordvoerder van die maatskappy, het gesê die twee werknemers word vermis ná ʼn grondstorting tydens die oggendskof. “Alle ander werknemers is veilig uit die werksgebied ontruim,” het hy gesê. “ʼn Reddingspoging is reeds van stapel gestuur om die twee vermiste mynwerkers op te spoor.”

Theron het gesê die volle omvang en oorsaak van die rotsstorting is nog nie bepaal nie, aangesien die prioriteit en fokus tans die reddingspoging is. “Verdere aankondigings sal gemaak word sodra bykomende inligting beskikbaar is,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

charlene ·

Gaan hulle ook net so gelos word soos die Lilly mynwerkers en dan hoop die myn ook die mense word maar vergeet.

Juan ·

Blykbaar het jy geen idee van wat mynbou behels nie. Moet hulle eerder nog mense doodmaak net om lyke uit te haal?

Retha Pretorius ·

Ontstellend om te lees dat mynwerkers vermis word, dis die nagmerrie van elke persoon wat n geliefde in die myn het, as klein kind was dit my vrees ek groet vir pappa vanoggend hy kom dalk nooit terug nie… My gebed is hul word veilig gevind. Jou opmerking Charlene grens aan onkunde, soms word hul onder gelos want hul kan nie uitgehaal word nie… Sterkte aan die families van die werkers, vir elkeen wat nou gaan soek in n onveilige omgewing. Mag hul lewend uitkom.

Wat-ek-lees ·

Retha, jou kommentaar is in die kol. Nogtans is myne relatief veilig MAAR daar kan wel as voorbeeld gebeur dat grond (rotse) skuif a.g.v. verskuiwingsvlakke (faults). Dit het ook al voorheen gebeur dat daar anderpad gekyk word en produksie voorkeur geniet tot nadeel van veiligheid. Nou se dae is daar egter selde so-iets maar tog sal mens wonder.
Jare gelede het daar by ondersoeke telkens die rede “An act of God” voorgekom en is die ondersoek afgesluit. Dis alreeds vir baie jare nie meer die geval en word daar grondig ondersoek ingestel. Planne word opgetrek nadat opmetings gedoen is van die ongelukstoneel en dan word daar met ‘n fyn kam gewerk met die myn se verteenwoordiges sowel as die myninspekteurs oor wat het skeefgeloop en natuurlik die voorkoming daarvan in die toekoms nie net op daardie myn maar ook by ander.
Hoevele kere het dit gebeur dat ‘n ondergrondse mynwerker eerder bogronds verongeluk as in ‘n myn. Ook is die onus op jou as mynwerker om te weier om ‘n gevaarlike gebied te betree. Ek weet want dit is wat ek gedoen het. Niemand kan jou dwing om onveilig te werk ongeag van waar ookal jy werk.

Chris Ws ·

Te veel mense is totaal onkundig oor wat ‘n MYN regtig is.Dis tonnels wat geskiet word met plofstof tot die edel metaal draende erts ontbloot is en uitgemyn (weer met plofstof) kan word.Bokant jou is miljoene ton soliede rots wat krake in het en blokke rots wat tonne weeg kan uitval onder sekere omstandighede al word daar hoe veilig gewerk.Dis NIE ‘n kantoor waarvan die plafon inval op mense onder hom nie!En om mense te probeer red wat toegeval is is die gevaarlikste ding wat mens kan doen.So daar moet altyd EERSTE aan die veiligheid van die protospan lede gedink word .Die protospan lede is hoogs opgeleide en ervare mynmense maar hulle is nie onsterflik nie.
Ek het 34 jaar myn ondervinding en weet waarvan ek praat.Ek is ons VADER ewig dankbaar dat ek nie meer in ‘n myn hoef te werk nie.Dit was hel.Sterkte aan die protospanne en mag hulle die vermistes sonder insident en lewendig vind.

Karin ·

Lyk my daar is al hoe meer gemors by die myne. Of hulle word vasgekeer (en word waarskynlik nie gevind nie), of daar is n brand en hulle brand dood. En hier in Rustenburg waar so baie myne is, gebeur dit baie meer gereeld. Dis hartseer eintlik. Nooit weer iets gehoor van Lily myn nie. Ons doen besigheid met die een myn naby Lily myn, maar hoor niks.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.