In dié betrekkings verdien jy die meeste geld

Argieffoto

Argieffoto

CareerJunction het in sy mees onlangse hersiening van salarisneigings die tien mees gesogste betrekkings in die Suid-Afrikaanse werkersmark geïdentifiseer.

Hierdie opname is gedoen deur ware salarisaanbiedinge, wat tussen April 2016 en Oktober 2016 op CareerJunction gepubliseer is, te vergelyk. Meer as 30 000 poste word maandeliks op dié webtuiste gepubliseer.

Volgens CareerJunction het hy in hierdie salarishersiening slegs op die tien gesogste sektore gefokus en ook ʼn vergelyking getref tussen gemiddelde salarisse in Gauteng teenoor die Wes-Kaap en KwaZulu-Natal.

“Wanneer die salarisse van die afgelope ses maande met die vorige ses maande vergelyk word, is daar geen duidelike verskille nie. Gauteng bly streeksgewys op die voorgrond in terme van aanvraag en daarom ook bo-aan die betaalskaal,” het CareerJunction in ʼn verklaring gesê. “Veral in ingenieurswese, finansies en verkopesektore verskil die salarisse tussen 15% en 29% tussen Gauteng en die Wes-Kaap.”

Ander sektore wat deel vorm van die salarishersiening sluit in bouwerk en konstruksie, pakhuise en logistiek, inligting en kommunikasietegnologie (ICT), ontwerp, media en kunste, bemarking, administrasie en kantoorondersteuning en vervaardiging.

Volgens CareerJunction word werknemers die beste betaal in finansies-, ingenieurs- en ICT-poste waar senior vlak werknemers meer as R50 000 per maand kan verdien. ʼn Senior finansiële bestuurder kan tot R67 378 per maand verdien, terwyl ʼn senior werknemer wat korporatiewe lenings in die banksektor hanteer ʼn salaris van R73 650 per maand kan verdien. ʼn Senior ingenieur kan enige iets van R39 000 tot R62 000 per maand verdien.

Volgens die opname is van die betrekkings met die laagste salarisse in die sektore van administrasie en kantoorondersteuning, pakhuise en logistiek en vervaardiging waar die laer vlak werknemers soms tussen R3 500 en R6 000 per maand verdien. ʼn Kassiere kan tussen R6 295 en R8 180 per maand verdien, terwyl ʼn verpakker se gemiddelde salaris tussen R3 450 en R4 417 per maand is.

Kyk gerus hier en hier na CareerJunction se volledige uiteensetting van die mees onlangse salarisneigings.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Gerd Lourens ·

Staatsamptenare en politici “verdien” gemaklik die meeste geld…

Ronnie ·

Gerd, ek is ‘n staatsamptenaar en ek werk kliphard vir my salaris. Pasop vir veralgemenings.

Ag toe ·

Jy weet julle wat altyd die staatsamptenare aanval moet net weet daar werk blankes soos ek ook wat maar admin werk doen en nie veel en kry nie. Mens kan nie oordeel as jy nog nie in daardie ou se skoene geloop het nie.

asseblief!! ·

Gaan werk by Pick n pay Family store Brackenfell en verdien R2500 p/m.Jy werk jou halfdood,en oor naweke .Slawehuis!!!Vir 8 ure per week.

Reinhardt ·

In die Kaap betaal ons Berg en See belasting. Ek verdien met liefde minder as om in die Noorde te woon.

Reinhardt ·

Geen houding nie, ek is net lief vir die Kaap en nie skaam om dit te verkondig nie. My ideaal sal wees dat alle Afrikaners Kaap toe moet trek dan maak ons sommer vinnig vinnig die Kaap weer Hollands! Of hoe?

m ·

Die mense wat altyd so praat van die groot salarisse wat staatsamptenare kry moet net onthou dit hang af op waste rank vlak jy is. Moet nie net aanneem dat almal groot salarisse kry nie.

Marilize ·

Jip ek sit al 16 jaar op een vlak met ‘n toepaslike kwalifikasie, is perfeksionis en werk my oor ‘n mik ( eet, slaap en droom werk) in hierdie “staatsdiensjoppie”

anton ·

Ongelukkig is dit n feit dat staatsamptenare oor die algemeen groot salarisse kry. Ek ken n paar.
My vriend kry n pomphuis vol per maand, doen nie veel nie en werk hom gladnie oor n mik nie.
Het baie verlof per jaar en loop sommer baie rond in werkstyd ook.
In die privaat sektor werk jy maklik 3 keer harder en verdien n 3de van dit en het nie naastenby die voordele wat staatsamptenare het nie.
En dit is die feite.

Lance ·

Almal vereis wiskunde en wetenskap en net gister gehoor SA se leerders is van die swakste in die wereld ….maw net die wat hard leer en druk kom daar uit want hulle verdien dit !

zuma ·

Eish, I am getting much more than that, hehe he. Listen carefulky….

Krn ·

My son just qualified as a chef. Studied hard and the course was very expensive. Just got his first job as a Commis Chef at a renowned catering company he works on average 16 hours per day and earns R5 000 pm! Unless you’re head or executive chef you earn absolute peanuts in SA.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.