In dié SA stad floreer nuwe ondernemings

(Foto: pixabay)

Vanjaar se uitgawe van die omvattendste en mees gelese verslag oor waar om ʼn nuwe sakeonderneming te begin, sluit Kaapstad in as een van die top-100 stede vir ʼn beginonderneming. Naas Kaïro is dit boonop die beste plek in Afrika om ʼn onderneming te begin.

James Vos, burgemeesterskomiteelid vir ekonomiese geleenthede en batebestuur in Kaapstad, het vandeesweek gesê die Global Start-up Ecosystem Report (GSER) vir 2020 volg kort op die hakke van die navorsingsgroep StartupBlink se verslag wat Kaapstad as die voorste stad in Suid-Afrika vir ʼn beginonderneming aangewys het.

“Kaapstad word erken as ʼn digitaaltegnologie-episentrum en ʼn voorste ligging vir nuwe tegnologiemaatskappye en waagkapitaalooreenkomste,” het Vos gesê.

Volgens hom is die stad trots om as ʼn ontluikende mag aangewys te word en skep Kaapstad ʼn sakevriendelike omgewing wat die ekonomie laat groei en werk skep.

“Kaapstad is ook die tuiste van byna tweederdes van alle beginondernemings. Dit kan toegeskryf word aan die talle ondersteuningstrukture wat ons ingestel het om entrepreneurs te help.”

Kaapstad word beskou as een van die voorste stede om ‘n onderneming te begin. (Foto: Stad Kaapstad)

Luidens die verslag lok Kaapstad se idilliese lewenstyl, uiteenlopende gemeenskappe, toegang tot aanvangskapitaal, innoveringskultuur en top-tersiêre instellings onder meer entrepreneurs na die Moederstad.

Die stad spog met goeie infrastruktuur, goeie regering en vier van die toonaangewende universiteite in Afrika wat ʼn opgeleide werksmag voorsien.

Die 2020-GSER het bykans die helfte meer ekonomieë bestudeer as in sy vorige verslag ʼn jaar gelede en het 270 stede in meer as 100 lande geassesseer.

Europa is die voorloper vir ontluikende ekonomiese stelsels en spog met 38 sogenaamde begin-ekostelsels. Agt daarvan is in Oos-Europa. Noord-Amerika is in die tweede plek met 32 begin-ekostelsels, gevolg deur die Asië-Stille Oseaan-streek met 22 van dié ekonomieë.

Die verslag wys ook dat die beginondernemingkultuur en entrepreneurskap wêreldwyd versprei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Spyker ·

Hou asb die ANC uit die besluitnemers se poste en die geldlaaie!

Wilhelm ·

En hopelik is die Weskaap een van die dae ‘n onafhanklike land op sy eie!

Strandloper ·

Dit is moontlik volgens die grondwet! Die DA het reeds die wiel aan die rol!

Jaco ·

Mooi woorde en mooi idees, maar as regstellende aksie en BEE eers by die deur inloer, is al daardie mooi goed iets van die verlede. Hou ook maar in gedagte dat die hele Corona ding wat ook besighede kwaai aan bande lê, nog LANK (maklik 2 jaar) gaan aanhou.

Termiet ·

Net vir “our people” miskien, as jou vel wit is kan jy maar vergeet.

JohanR ·

1994 vat die ANC ‘n mooi werkende land oor…..26 jaar later kom dit naby woestyn status. Die ANC vat die Wes-Kaap oor….binne vyf jaar kom dit naby woestyn status. En dit is hoekom die Wes-Kaap NOOIT WEER in die hande van die ANC sal wees nie. Alles wat hulle aan vat, bogger hulle op!

Anel ·

Maar ek wil regtig nie in Kaap gaan bly nie. Sal nooit, ooit daardie weer kan hanteer nie. Jammer.

Jaco ·

die Jode het dieselfde van Israel gese. Dis glo te onontwikkeld en te warm in die somer. Nadat 6 miljoen van hulle in konsentrasiekampe vermoor is, het hulle vinnig van mening verander.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.