Ina Bonnette ervaar nou vrede

Ina-Bonnette

Ina sê sy sien haar seun in die wolke. Foto: Ina Bonnette

Dis vier jaar sedert Ina Bonnette ʼn wrede aanval deur haar eksman, Johan Kotzé, die sogenaamde “Modimolle-monster”, oorleef het.

“Ja, dis vier jaar later en als voel nog soos gister. Dis ʼn dag en datum wat onvergeetlik is en altyd sal wees.” Ina sê dit gaan goed met haar en sy lewe voluit. “Conrad sou my kwalik neem as ek nie aangaan met my lewe nie. “

As dit kom by vrede, sê Ina sy het dit in haar hart. “Ek sien my kind se gesig gereeld in die wolke, ek neem gereeld foto’s. Conrad is veilig in onse Pappa se hande.”

Vergifnis is egter ʼn saak tussen haar en die Here.  “Ek weet ek is al menigmaal aangevat oor vergifnis, maar ek troos my daaraan dat daar geen tydperk gekoppel is aan vergifnis nie.”

Wanneer mens iets soos Ina beleef het, verander jou lewe sekerlik handomkeer. Ina beaam dit en sê haar perspektief is totaal anders. ”Ek is nie meer so behep met aardse goed nie, ek lewe elke dag voluit.”

Ina doen motiveringspraatjies by vrouebyeenkomste en kerke oor gevaartekens in verhoudings waarop vroue bedag moet wees. “Ek motiveer mense om nie op te gee nie. Dit maak nie saak hoeveel keer jy val nie, jy moet net bereid wees om weer op te staan.  Met elke opstaan word jy net sterker.  Ek prys ek die Here dat Hy Sy hand van bewaking oor my gehou het, my sterk gehou het tydens die aanval en dat Hy my as Sy instrument gebruik om Sy almagtigheid wêreldwyd te verkondig. “

Ina gee ook raad aan mense wat deur so ʼn traumatiese ervaring is. “Hulle moet opstaan en die wêreld in die oë kyk, want die een wat dit aan my en jou gedoen het, moenie ʼn houvas op jou hê nie, want dan wen hulle heeltemal. Jesus het my en jou op aarde geplaas vir ʼn doel en mishandeling is beslis nie een van Sy doele nie. Jy is geregtig daarop om jou eie voetspore af te druk in die lewe. Staan op, staan vas, want dit is jou behoud. Moenie gaan staan en terug kyk nie,  want dis waar die seer lê. Jy is dit aan jouself verskuldig. Leef voluit elke dag. As jy opstaan is daar hoop en dan kom die oorwinning.”

Ina werk steeds by PSG in langtermynversekering en sê sy is baie lief vir lees en ontspan langs ʼn swembad of dam.

Lees alle vorige berigte oor Ina Bonnette op Maroela Media.

Ina-Bonnette

Foto: Ina Bonnette

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Gesiggie ·

Na als wat jy Ina moes deurmaak.. verdien jy net die beste en mooiste wat die lewe kan bied?? Ek is so bly dat jy vrede in jou hart het?? en ja dat jy jou Seun se gesig in n wolk kan sien?? Ek glo dit , al self hervaar met my Moeder en Sus wat ook nie meer hier is…. Mag jou lewe vervul word met Rose elke dag en jy net Sonskyn beleef… en Mag jou verlede vervang word met Tonne Liefde, Genade en oorvloed van God se Genade….

elna ·

Ina my hart gaan uit na jou. Dis waar mens se lewe verander in n oogwink. Uitkyk na aardsegoed verander en dan kyk jy na die mense om jou wat jaag na rykdom en staan verdwaas… as hulle maar net weet dis nie die antwoord nie.

Ekke ·

Ina,

Jy is ‘n pragtige mens, ek het ‘n knop in my keel. Wil net se, ek sien ook die gesig van jou seun in albei foto’s. Mag God se genade en liefde en beskerming jou altyd dra. Dra Fillipense 4:13 saam jou. Dit lui:”Ek is tot Alles in staat deur Hom wt my krag gee” Sterkte vir jou en jou familie

Anoniem ·

Jy/Ons verdien net die beste…kom self uit n huwelik waar ek emosioneel en fisies afgekraak en aangerand is. Geen mens vrou of man verdien dit nie, maak nie saak wie en wat jy is. Hoeveel vrouens/mans sit vandag nie in verhoudings selfs huwelike waar hul emosioneel afgekraak of fisies afgekraak word… My raad los haar/hom, jy is meer werd. JY KAN weer n nuwe lewe begin daar buite, moet nie wag tot dit te laat is nie.

hil ·

Hello Ina. What lovely photo’s . Can clearly see you have been given a miracle by your son. God Bless and keep smiling

Staan Sterk ·

Ina, jy het geen idee hoe ek na jou opkyk! ek was verkrag toe ek baie jonger was en het meer met die Here baklei daaroor as enige iets anders. Maar kyk wat het jy deur gemaak en jy het bly staan. Jy het opgestaan en gewys hy sal nie wen nie. Jy is my rol-model, iemand wat na so iets die wereld weer in die oe kan kyk is amazing. Ek het vrede gemaak wat met my gebeur het, my man weet daarvan en verstaan my beter. Jy moet nooit opgee nie, en dis wat ek by jou geleer het. Nooit gaan le en net oorgee. DANKIE
Mag ek eendag so `n voorreg hê om by een van jou toesprake te wees en net jou hand te kan skud en sê dankie!
Jy verdien net die beste en die mooiste. Mag ons Here jou seen.

AmY ·

Ek is byna verkrag, toe ek 16 was. Tot vandag wil ek niks van mans weet nie. Dis 30 jaar later en ek is nooit getroud nie. Later het ek kennis gemaak met boelie manlike base en manlike kollegas. Die een het tot eenkeer gesê waarom spring ek nie maar liewer by die venster (op die 8ste verdiepping) uit na ek gesukkel het ek m nuwe werk geleer te kry nie.

REGVERDIG ·

Die foto’s is fantasies. Ek het nog nooit so beleef nie. Dit is so duidellik soos daglig…….
So baie respek vir hierdie pragtige dame. xx

pop ·

Ina jy is n vrou van staal. Ek sou daai monster nooit kon vergewe sou dit aan my gedoen wees wat aan jou gedoen is nie. Ons God is voorwaar n God van genade.

Wenner ·

Ek was vir baie jare getroud met ‘n mishandelaar, ons is twee en ‘n half jaar terug geskei, ek sal nooit vergeet toe Ina se storie die koerante gehaal het nie, want hy het gese:”Sien jy wat gebeur met ‘n vrou wat nie luister nie, kyk waarna dryf julle ons”. Vandag is ek ongelooflik gelukkig, hy onderandere het intussen onlangs besluit om sy eie lewe te neem. Ina is ‘n inspirasie vir ons almal

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.