Inbraak aangemeld by sendeling se huis

Johan Potgieter.

Johan Potgieter.

Die sendeling wat gister in die Ritavi-landdroshof in Limpopo verskyn het ná hy glo ʼn werker raakgeskiet het toe hy besig was om blouapies te verwilder, het ʼn inbraak by sy huis aangemeld.

ʼn Plaaslike koerant, die Far North Bulletin berig dat daar glo vanoggend by Johan Potgieter en sy vrou, Cora, se huis ingebreek is.

“Ons honde slaap in die huis saam met ons, en ons is toe vanoggend wakker gemaak deur hul aanhoudende geblaf,” verduidelik Potgieter. Dit was omstreeks 02:20.

“Ons het deur die huis geloop om vas te stel wat fout is. In my seun se kamer het ons gesien die venster staan oop en die gordyne hang buite die venster,” het Potgieter gesê.

Hulle het toe die venster toegetrek en in die sitkamer gaan sit en koffie drink.

Later Saterdagoggend toe hulle die hek gaan oopmaak vir gaste het hulle gesien dat die hek oopgeknip is, waarskynlik met ʼn “bolt cutter of iets soortgelyks” gelyk het.

Niks is uit die huis gesteel nie.

Volgens Potgieter het hy talle oproepe na die Letsitele-polisiestasie gemaak en niemand het geantwoord nie. Volgens Potgieter is daar ook nog geen polisiebeamptes na die plaas toe uitgeroep nie.

Potgieter het gesê dit is die sesde inbraak by hul huurhuis in die afgelope sewe maande.

Maroela Media het vroeër berig Potgieter het Woensdagoggend blouapies uit die lemoenbome langs hul huurhuis op die Novengilla-kleinhoewe met ʼn windbuks verwilder.

Ishmael Mathanene (55) het na bewering van agter ʼn buitegebou aan die ander kant van die lemoenbome uitgestap gekom en is toe bokant die regteroog getref met ʼn koeël uit Potgieter se windbuks.

“Johan het dadelik die man se wond skoongemaak en is saam met hom na die Letsitele-polisiestasie om ʼn verklaring te gaan lê oor die voorval. Die man is toe na die hospitaal geneem,” het Cora gesê.

Volgens haar is die man nie ernstig beseer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

AL ·

Wees waaksaam ten alle tye. Jou gesig is alreeds op hoofstroommedia gewys. Die politieke hiënas sal seker begin sirkel.

Brie-brie ·

Moet waak teen alle tye. Jy is nou gemerk en SAP in daardie distrik gaan niks doen nie. Beskerm julle self.

Landi Slatter ·

Dagsê Elize,

Dankie vir jou terugvoer. Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Annie ·

Julle is nie veilig nie. Hulle kan moor en roof so veel hulle wil met geen gevolge.. maar as jy sonder enige intensie n fout begaan is jy gemerk … al is hulle onwettig op jou eiendom

Jan Olivier ·

Hoe kan jy blou apies met ‘n windbuks skiet ? dis diere mishandeling

Blouapie ·

Lees wéér die berig. Ons is nie geskiet maar ‘verwilder’.

BehoedeMy ·

Jan, dis mense soos jy wat my net weereens laat besef hoe siek die mensdom reeds is. Jy kan in die eerste plek nie eers ‘n maklik verstaanbare berig soos hierdie reg lees nie en tweedens is jy nie eens bekommerd oor mense se lewens nie, maar fokus op die blouapies (sê ek wat ‘n groot diereliefhebber is!). Jy is ‘n goeie voorbeeld van ‘n liberaal verwronge brein. Kry jou prioriteite in orde! Ons mense se oorlewing word bedreig en jy hardloop om die bobbejaan op(agter) die bult te gaan haal én te red?! Red nou ‘n volk met so ‘n spesie! A-nee-a man….ek is werklik bekommerd, diep bekommerd….??. (En weet jy ooit wat ‘n windbuks is?!)

Cherokee ·

Jan Olivier is heeltemal reg en jy met die hoed, ek ken Jan Olivier nie maar het jou skrywe gerapporteer weens jou manier van praat. Jul albei wat op Jan se kommentaar regeer weet niks van windbukse nie, anders sou julle geweet het dat ‘n windbuks sonder ‘n koeëltjie presies die selfde klap geluid maak. Indien die ape bloot verwilder is, waarom is die geweer gelaai met lood? Dan kon sonder koeëls geskiet gewees het. Dink voor julle praat.

sharon ·

Johan ek lees jou insetsel…. hulle is op jou voetspore!! wees aseblief waaksaam!!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.