Inbraak by binnelandse sake in Roodepoort

Departement van binnelandse sake in Roodepoort (Foto: Google Maps)

Dienslewering by die departement van binnelandse sake se kantoor in Roodepoort in Gauteng is opgeskort ná ʼn inbraak die afgelope naweek.

David Hlabane, woordvoerder van die departement het, gesê die inbraak het Sondag plaasgevind en rekenaars is uit die kantoor gesteel. “Die departement kan nie in hierdie stadium sê wanneer die diens sal hervat nie, maar die doel is om dit so vinnig as moontlik weer beskikbaar te maak. Die saak is by die polisie aangemeld.”

Hlabane het gesê hy hoop dat burgers geduldig sal wees terwyl die diens nie beskikbaar is nie, aangesien dit buite die departement se beheer is. “Die departement sal alles in sy vermoë doen om seker te maak die diens word so vinnig as moontlik hervat om die impak en ongerief te verlig. Ons kliënte hoef nie bekommerd te wees nie – hul inligting is veilig.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Kolle ·

No problem. Die personeel kan nou verder by hulle huise rus.

Elna ·

Inside information soos dit maar gewoonlik die geval is en dis niks meer nuut nie. Dis gewoonlik die iemand wat skielik niemand word dis mos hoe dit gaan in Suid Afrika ” It wasnt me” or ” its nobody inside”

Callie van der Merwe ·

Wel niks is binne julle beheer nie! Soos altyd…

Awie Opperman ·

As enige staatsdepartement sê: “Moenie bekommerd wees nie”, is dit die eerste ding wat jy moet doen.

Sandy ·

…dienslewering is opgeskort…, ek sal my salaris opgee as weddenskap dat die persone wat ingebreek het, gatvol gewag was vir hulle paspoort of id, en toe maar ingegaan het en dit self gaan haal het.

JohanL ·

Die samelewing het sooooo afhanklik geword van tegnologie, dat alles nou stilstaan na die inbraak. Waar is hul gebeurlikheidsplan om voorsiening te maak vir so geval? Word alle aktiwiteite geraak?

Skud net my kop in totale ongeloof oor die situasie. Maar ja, ons is mos in Afrika – ‘n gerieflike verskoning.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.