Inbraak by Helen Suzman-stigting ‘buitengewoon’

Francis Antonie, direkteur van die stigting Foto: ‏@NewsFlash_SA, Twitter

Francis Antonie, direkteur van die stigting Foto: ‏@NewsFlash_SA, Twitter

Die Helen Suzman-stigting het Maandag gesê hy was die slagoffer van ʼn gewapende rooftog by sy kantoor in Parktown, Johannesburg.

Volgens die stigting het die inbraak Sondagmiddag plaasgevind. Die rowers het ʼn ongewapende veiligheidswag by die ingang van die perseel oorrompel voor hulle rekenaars op die tweede verdieping gesteel het.

“Dit was nie ʼn gewone rooftog nie,” het Francis Antonie, direkteur van die stigting, gesê. “Die diewe het presies geweet wat hulle soek. Ons weet uiteraard nie wie dit is nie, maar ons het ons vermoedens.”

Volgens Antonie het die rowers hul voertuig in die kelderverdieping parkeer nadat hulle die wag gedwing het om die hek oop te maak. “Hulle het geweet daar is ʼn hysbak na die tweede verdieping. Hulle het nie ander ondernemings in die gebou geteiken nie. Buiten die rekenaars is niks waardevol gesteel nie,” het hy bygevoeg.

Volgens hom is die stigting een van verskeie burgerlike organisasies wat begin het met regstappe teen die regering in ʼn poging om burgerlike regte en vryheid in die Grondwet te bewaar en te beskerm. “Die stigting en die regsorganisasie, Freedom under Law, het onlangs aansoek gedoen om ʼn interdik te bekom teen die hoof van die Valke, genl.maj. Berning Ntlemeza, hangende ʼn hersiening van die prosesse wat tot sy aanstelling gelei het,” het Antonie bygevoeg.

Ntlemeza is deur pres. Jacob Zuma in die posisie as hoof van die land se prioriteitsmisdaadeenheid aangestel, ondanks vorige bevindinge wat sy integriteit, eerlikheid en bevoegdheid in twyfel getrek het.

“Hierdie optrede teen ʼn nieregeringsorganisasie wat optree in die belang van die publiek, is ʼn voorbeeld van die onwettigheid in ons land. Ons verafsku dit. Die stigting wil niks meer hê nie as ʼn land wat sy burgers beskerm deur die wet,” het hy bygevoeg. “Die stigting doen ʼn beroep op alle burgerlikesamelewingsorganisasies, die sakegemeenskap en die publiek om saam te staan en hul stem te laat hoor ter verdediging van die groeiende bedreiging van ons vryheid in ons Grondwet waarvoor ons so hard baklei het.”

Die polisie was nie dadelik beskikbaar vir kommentaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

9 Kommentare

jongste oudste gewildste
Michael

Hoekom verwys almal na die demokrasie in Suid-Afrika die VSA,Brittanje,Duitsland het ‘n demokrasie ons word geregeer deur ‘n leier wat nie eers weet wat die woord beteken nie en dan is hy nie eers in beheer nie die Guptas is??

Marous

Bwahahahaa!

GES

Nou huil die libberales. Kon hulle die dinge nie voorsien het nie. Ek reken dit is ‘n bietjie laat.

Johann Marx

Michael, daar’s ‘n verskil tussen “demokrasie” en “Afrika Demokrasie”. Afrika demokrasie is ‘n proses waar die minderheid kan deelneem aan hulle ondergang….

Veritas

Nou kyk net hoe verontwaardig is ou Tante Helen se fondasie nou. Nee-wat swaer, julle moet vir julle kry. Toe die ou NP-regering dié dinge probeer verhoed het, was julle ou Tante aan die voorpunt van aanvalle teen hulle. So tussen hakies, deur wie word die HSF befonds of het die Tante só baie agtergelaat? Indien laasgenoemde waar is, waar het al haar geld vandaan gekom? Uit die politiek?