‘Inbraak by hoofregter se kantoor verdag’

Hoofregter Mogoeng Mogoeng. Foto: Flickr/GovernmentZA

Hoofregter Mogoeng Mogoeng. Foto: Flickr/GovernmentZA

Die DA het gesê die inbraak die afgelope naweek by hoofregter Mogoeng Mogoeng se kantoor in Johannesburg is “uiters verdag” in die lig van die konstitusionele hof se verdoemende uitspraak Vrydag oor die maatskapliketoelaekrisis.

Glynnis Breytenbach, woordvoerder vir die party, het gesê die DA sal parlementêre vrae indien om vas te stel hoekom daar nie voldoende veiligheid by die kantoor was om die inbraak te voorkom nie. “Soos die inbraak by die Helen Suzman-stigting byna ʼn jaar gelede, beskou die DA hierdie inbraak as ʼn poging tot intimidasie,” het sy gesê.

Die konstitusionele hof het Vrydag beslis dat Cash Paymaster Services (CPS) se kontrak met die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) vir nog 12 maande verleng moet word, om te verhoed dat die betaling van maatskaplike toelae onderbreek word. Die hof het in sy uitspraak Bathabile Dlamini, minister van maatskaplike ontwikkeling, en Sassa skerp gekritiseer en gesê hulle het ʼn grondwetlike verpligting van die staat in gedrang geplaas deur nie vroegtydig op te tree om die toelaekrisis te voorkom nie.

Nathi Mncube, ʼn woordvoerder van die kantoor, het vroeër gesê 15 rekenaars is uit die menslikehulpbronkantoor gesteel. “Die gesteelde rekenaars bevat belangrike inligting oor regters en beamptes van die kantoor van die hoofregter,” het hy gesê.

Breytenbach het gesê die DA sien die inbraak as ʼn aanval op die regstelsel en veroordeel dit ten sterkste. “Ons verwelkom die spesiale taakspan wat aangestel is om die inbraak te ondersoek en doen ʼn beroep op hulle om die skuldiges so gou moontlik vas te trek. Aanvalle op die regstelsel kan nie toegelaat word nie en moet met die erns en dringendheid hanteer word wat dit verdien.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

christine ·

Ons die gewone gepeupel dink self dis verdag. Dat daar by Kwiesie se plek destyds met die verkragding saak van yours truly ingebreek was en haar klere in die gras voor haar huis gevind is en n vermiste dagboek.

adriana ·

Die DA gaan nerens kom nie. Hulle is te papbroek. Kan nie eers vir die plaasmoorde opstaan nie. Nee wat hulle beteken niks. Hulle sal doodgeskree word in die sogenaamde parlement. Maimane is onder dieselfde saambreel as die anc. Ek is so bly ek het besluit om nie meer vir hulle te stem nie. N groot las is van my skouers af.

John ·

Regter Mogoeng & Kie se koppe is te reg aangeskroef, sekerlik is daar ‘n paar mense wat ‘n stok in die slim speke sal wil steek. Iemand weet iets, bygese, as die ondersoekspan iets wil vind. ‘n Geldjie en beskerming kan uitgeloof word wat die voetspore kan help belig. Vra ons bekwaamste rekenaarkundiges om te help. Ek wil nie een van diegene wees wat gevang word waar sulke hogeres aangetas is nie… Sjoe… eina, toggie-tog!

snoefie ·

die da is te besig met onbenullige heksejagte op sosiale media. wat is die beheptheid teen kolonisering? was kolinisering net teen swartmense of was dit teen alles en almal wat nie hulle taal gepraat het nie? die kunderagtige tantrums oor snert het te vêr gegaan.

Tikkel Tokkel ·

Ek sou dink enige INBRAAK is VERDAG, kan nie dink dit is ‘n normale aksie nie.

Hendrik ·

Waarom is dit verdag? Daar word elke nag by honderde huise en besighede ingebreek.. dis maar net nog n bewys van hoe SA se wet en orde verval het….

Mr P ·

Is ook klaar met DA. Dieselfde as di anc net met n roomys voor die witmense se oe. VF …kyk hoe aktief is hulle in al die sake. Jy hoor darm van hulle.

John ·

Dit kan nie te gesofistikeerde rekenaarkundiges wees nie want inbrake kan via internet deur fundi gedoen word, sonder dat ‘n haan daarna kraai… Nee inligting moet grootskaals verdwyn en angs in die geledere van regstelsel ontketen word. Hierdie is deel van die lam le van die staatsbestel om wet en orde te ondermyn. Is die regstelsel onder beleg? Word ons goeie regters se hande geleidelik afgekap? Wat gaan volg?

Sarie ·

Ons almal weet niks gaan hieraan gedoen word nie. Net nog n dag in flenter S.A..

Andre ·

Sekerlik word sulke belangrike inligting soos met enige besigheid op ‘n server gestoor wat agter slot en grendel beskerm word . Ek kannie glo dat die “belangrike “inligting nou skoonveld is nie. Tensy die regbank so agtergeblewe is dat die inligting jou werklik op lokale persoonlike rekenaars gehou was.
Net Afrika.

Elsie ·

Regter Mogoeng Mogoeng stam uit die Marico distrik. Ek sou liewers ‘n standbeeld van hom voor die hof in Marico wou sien as die 6m gedoente van Pres. Zuma langs die N4 in Groot Marico. Regter Mogoeng is toe ongelukkig nie die skoothondjie vir die ANC soos hulle gedink het nie, en ek is baie bly daaroor.

oom gert ·

Dink net wat kan met nuclear gebeur . Jy kan nie dit aan hulle toevertrou nie. Dit sal n totale ramp wees.

Marie Visser ·

Kan nie wag vir die volgende verkiesing nie! Maimane en sy trawante sal die oorsaak wees van die DA wat gaan sneuwel. Zille moet maar by die VF aansluit, baie sal volg, ek beslis!

Dirk ·

Snaaks dat daar geen sentrale databasis of Server is wat al hierdie hoogs sensitiewe inligting stoor nie. Dis basiese IT sekuriteit daardie. Dan kan alles maar af brand, die inligting sit op ‘n ander rekenaar in ‘n Data Center iewers in die wêreld. Lekker veilig. Wat verdag is dat daar nie sulke maatreëls al in plek gestel is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.