Inbraak by Krejcir se huis; gesin vasgebind

Radovan Krejcir. Foto: Werner Beukes/SAPA

Radovan Krejcir. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die polisie het bevestig dat daar Woensdagoggend by die Tsjeggiese sakeman Radovan Krejcir se huis in Bedfordview, Johannesburg ingebreek is.

Kol. Noxolo Kweza, woordvoerder van die polisie, sê Krejcir se vrou, sy twee seuns en ‘n vriendin was tuis ten tyde van die voorval.

“Die verdagtes het toegang tot die huis gekry deur die kombuisdeur te breek. Hulle het die gesin met skoenveters en drade vasgebind voor hulle die slaapkamers deursoek het.”

Kweza sê die inbrekers het vuurwapens en kontant geëis.

Die rowers het met twee vuurwapens, drie selfone, kontant, rekenaars en die vriendin se motor gevlug.

“Hulle het die oudste seun in die badkamer met ‘n handdoek oor sy kop gelos en die ander forseer om op die vloer in een van die kamers te lê.”

Kweza sê geen skote is afgevuur nie en dat niemand tydens die voorval beseer is nie. Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

Krejcir is in aanhouding. Hy staan onder meer tereg op aanklagte van ontvoering en poging tot moord. Hy is in November verlede jaar in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

drieks ·

ANC se werkskepping. Zumpie ken nie van ander werk nie. En so doen sy volk.

drieks ·

Mag ek nou nie die president verbind met ons misdaad nie. Wie regeer die land dan. Hy die oorsaak van die wetteloosheid. Komaan Maroela, wees regverdig…

Kay-Lee ·

Ek kan nie help om te wonder wat gaan aan in Radovan Krejcir se kop aan as hy nou uitvind daar is by sy gesin ingebreek, die angs en spanning wat hulle moes deurmaak, dink hy terug aan sy eie misdade, en hoe sy slaagoffers moes voel. Wel hierdie mense kan dankbaar wees hulle is net vasgebind, en nie aangerand, verkrag of vermoor nie.

Peter Says ·

You live by the sword, you…by the sword. Die wet van die onder wereld.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.