Inbraak by NVG-kantoor in Pretoria

Die kantore van die direkteur van openbare vervolging vir Gauteng-Noord in Pretoria. Foto: Google Streetview

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het Maandag bevestig daar is by die kantore van die direkteur van openbare vervolging vir Gauteng-Noord in Pretoria ingebreek.

Luvuyo Mfaku, woordvoerder van die NVG, het gesê daar is by twee kantore skuins oorkant mekaar op die tweede vloer van die gebou ingebreek. Twee skootrekenaars is gesteel.

Mfaku wou nie die name van die staatsaanklaer aan wie die skootrekenaars behoort bekendmaak nie. Hy wou ook nie bevestig met watter sake die aanklaers werk nie. Volgens Mfaku is die polisie besig om die saak te ondersoek.

Die voorval kom net ʼn week nadat daar by die Valke se kantoor in Pretoria ingebreek en sewe rekenaars gesteel is. Maroela Media het vroeër berig ʼn woordvoerder van die Valke het gesê die inligting wat op dié rekenaars gestoor is, hou grootliks met menslike hulpbronne, personeelprofiele en finansies verband.

In Maart is daar ook by die kantoor van die hoofregter ingebreek. Daar is tydens hierdie inbraak ook rekenaars gesteel. Daar was inligting oor die indiensneming van regters en ander werknemers op die rekenaars gestoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Eish ·

Die ” easy as pie” inbrake by die vervolgings instansies dra maar n ongeurige klankie.

Theresa ·

Dit raak nou belaglik! Die regering gaan moet ingryp!! Nie reel dat die goed gesteel raak nie……ek ruik n rot!

Boerseun ·

Die regering se intelligensiedienste sit waarskynlik hieragter. Dis nie gewone misdaad nie. ‘n BSB-tipe operasie…

Swartkat ·

Hoe lekker om alles te laat verdwyn, sal nie gaan oor ‘ n onbenullige klagte nie

Anoniem ·

Guptas wil net seker maak of daar aanklagtes teen hulle is.

Swartkat ·

Nie net die Guptas nie daar is baie ander groot katte wat deesdae maar op ‘n warm sinkplaat is en benoude spronge maak. Dit is verdwyn of tronk toe.

Koos1 ·

Maar hulle kan mos net vra. Hulle het mos vriende op hoë plekke!

Alida ·

Stel behoorlike sekuriteit in plek met hope wagte maar hulle agtergrond moet eers nagegaan word. Geen kriminele rekord of enigiets nie. Hopenlik is al die inligting elders gerugsteun en veilig bewaar.

marous ·

Vra asb vir NVG en Valke hoeveel moet die belastingbetaler opdok vir sekuriteitsdienste by hul kantore. Publiseer dit dan.

Aag Sies Tog ·

Nou nog net by die Unie gebou ook in breek. Wat n grap is ons laand nou.

Bloudraad ·

Sekerlik gebruik hulle cloudservers wat heeltyd “backup”? Rekenaarsteel en hardeskywe vernietig beteken niks – om “inligting” kamtig te laat verdwyn want die informasie sit op verskeie “rekenaars” in Ander lande? Hierdie klink soos of baie dom boewe wat dink hulle vernietig informasie of maar net kleinskelms wat agter n rekenaartjie is om te verkoop op die straat.

Cherokee ·

Of ‘n instelling wat voorsorg maak om te kan sê dat vervolging nie kan voortgaan nie want inligting het verdwyn.

popeye ·

Hierdie groot vis van ons se kop wat vrot en sy maters sit en benoude spronge maak om bewyse te vernietig. Ek vra myself ook af aangaande die kwessie van nalatenskap….neem nou maar Bill Gates, Warren Buffet, Jack Ma, om maar net ‘ n paar miljadêrs te noem. Kyk wat het hulle gebou, teruggeploeg en wat hulle nalatenskap gaan wees…..waar pas die Guptas en viskop in nê? Suigelaars!!

cor ·

Wys jou net die skelms het geen respek vir die gereg nie, want hulle het mos meer regte as enige ander inwoner van die land. So maak hulle n bespotting van die stelsel.

Werner ·

Steel, plunder, moor. En hoe kom jy skotvry? Steel al die bewyse met so ‘n bietjie hulp van ‘binne’ en geen voeltjie fluit weer daarna. Ek dink die mafia kan baie leer van ons huidige regering.

Nicolaas ·

Die sekuriteit (of gebrek daaraan eerder) by die DPCI (Valke) se hoofkantoor in Silverton is lagwekkend. Ek het daar gewerk tot so 2 jaar terug. Dis die ou Promat gebou wat destyds Spoorweg geboue was wat die Scorpions oorgeneem het en toe die Valke in 2009/2010. Daar is hopeloos te min sekuriteitswagte. Die omheining vanaf Cresswell straat ingang reg rondom word nooit te voet gepatrolleer nie. Dis ‘n ope vraag of die kameras wat die Scorpions op die heinings aangebring het nog werk. Daar is geen alarms in die geboue nie en geen voetpatrollies word gedoen nie. Verder, vlg my kennis, word die privaat wagte by die hekke nie onderwerp aan sekerheidsklarings/keuring nie, wie weet wat hulle agtergrond is? Die ou Spoorweghuise aan die westekant waar die nasionale hoof se kantoor is, se sekuriteit is selfs swakker. Geen wonder daar vind inbrake plaas nie. Vra bietjie waar word rekenaarbedieners geberg en waar word die dossiere en bewysstukke van die Wapenskandaal wat van die Scorpions af oorgedra is geberg? Ek weens sekerheidsredes eerder nie sê nie, maar wens mense wil dit in die Parlement vra vir Lt Gen Matakata

Vra Net ·

by die Kliprivier polisie stasie was ook rekenaars gesteel uit hul kantore vrot voorsorg geen alarm stelsels easy pickings

Theresa B ·

Daar was nooit inbrake by hierdie tipe instansies nie. Nou raak dit darem baie gerieflik. Die ou met die laagste IK – kan 1 en 1 hier bymekaar sit. REGTIG!!!!

Speedguard ·

Blinde mense kan sie dat dit interne faktore is, wonder net wat kos ‘n rekenaar teenoor ‘n dosier deesdae! skande om die minste te se,skande!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.