Inbraak by vlootbasis bevestig

Foto: SA vloot

Foto: SA vloot

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag het bevestig dat daar Saterdag ʼn inbraak by die vlootbasis in Simonstad was.

Brig.genl. Xolani Mabanga, woordvoerder van die weermag, het gesê militêre toerusting is gesteel. Volgens berigte sluit dit wapens en ammunisie in.

“’n Ondersoek is van stapel gestuur om die omstandighede rondom die voorval te bepaal. Die vloot beskou die voorval in ʼn baie ernstige lig en geen moeite sal ontsien word om seker te maak die skuldiges ry aan die pen nie.”

Mabanga het geen verdere besonderhede bekend gemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Oudweermag ·

Toe ek in die weermag was in 1993 was die wapenstoor 24 uur bewaar met troepe. Hoekom was daar nie wagte om na hierdie wapens en ammunisie te kyk nie??

Scalla ·

In 1993 was daar nog dissipline en trots wat tans glad nie bestaan nie, indien daar wagte was het hul seker geslaap of dalk kfc toe gegaan. Inside job.

Havie Havenga. ·

Nee jong, vrydag gaan almal huistoe. Wie sal dan nou die plek oppas. Die troepe het regte. Julle verstaan nie.

john samuel ·

Waar is gun free south africa Nou wat ons wil laat verstaan dit is Slegs wapens in privaat besit wat gesteel word…?

Oh en my ander gfsa gunsteling: “a beaten and raped woman is morally superior to one who has shot her attacker”.

Gatvolverby ·

Dit is net in Suid afrika. Omdat die vel kleur meer saak maak as die hoeveelheid grys stof tussen die ore..die land is ‘n sirkus almal ‘n spul palookas.!!!

ASG ·

Lekker – mar hulle hou an om wettige wapen eienaars te boor – terwyl al die wapens verkoop gaan word an misdadigers.

Jan ·

Laat die minister van verdediging dit in die parlement verduidelik. En laat al die boetes en tronkstraf wat vir gewone vuurwapen eienaars vir nalatigheid geld, bietjie op die minister en die vloot ofisiere geld. Die staat ‘verloor’ letterlik meer wapens in ‘n jaar as wat by gewone mense in dekades gesteel word. Sluit nou maar eers julle masjiengewere goed toe voor julle oor my jaggeweer kom twak maak.

Johann ·

Ghoke…nou verstaan ek die Duikboot wat te koop is op OLX en GUMTREE…

Joann ·

Regte narre spul. Voorheen het mens nooit van so iets gehoor nie. Glo dit is n “inside job”.

Piet Pompies ·

Inbraak by vlootbasis en weermag toerusting ingesluit wapens is gesteel, dit is ‘n groot verleentheid vir die basis se bevelvoerder, of veronderstel om ‘n verleentheid te wees. Dit laat mens net wonder of ons weermag, ingesluit die vloot reg is om ons land te kan beskerm teen ‘n inval. Ek dink nie so nie.

Grap ·

Dit is ‘n skande en weereens ‘n bewys hoe die land agteruitgaan onder die ANC leierskap.

Azuni ·

Die saak gaan koud loop. Hulle kla mos dat hulle nie geld het nie, so hoe sal hulle kan ‘n vol skaalse ondersoek instel.

My punt is dat ons weermag ‘n groot grap is. Kyk wat het ons kamma “Demokrasie” gedoen aan ‘n eens stek weermag. Dis eintlike hartseer.

CdV ·

Pure slapgatgeit. Dit is mos in die nuwe RSA se beroepsoldaat era benede ‘n soldaat se stand om wag te staan. Hy sal eerder staak en oproer pleeg en eis dat die funksie aan’n sekuriteitsfirma ge “outsource” word. Die hoof van die basis behoort onmiddelik geskors te word om ernstigheid van saak te demonstreer, maar die admiraals en minister is net so dissiplineloos.

Zirk ·

Daardie diefstal was te wagte. Die land se grootste ammunisie opslagplek, 97 Ammunisie-depot, is dan onbewaak.

KarooKlong ·

Het ‘n paar vloters nie dalk die goete geleen om te gaan oefen nie? Kan wees dat die stoorman op siekverlof is. Dit maak ook die skuit ligter op brandstof. Ek probeer maar net vir Mabanga help soek.

ANDRE ·

Kan my nie indink waarvoor dit gebruik sal word nie , ons woon mos in n vredeliewende gelukkige nuwe Suid- Afrika , hier is mos nie ” crime” nie….?

Lida ·

Al hierdie snaakse goed en agteruitgang het in 1994 begin. Daar was voorheen geen sprake van soiets nie. In die ou bedeling was staatseiendom goed bewaak en niks is ooit gesteel nie want die wagte was mense met integriteit. Kyk wat gebeur in die wildtuin. Die veldwagters is die grootste stropers en so kan mens aangaan. Mense word aangestel op velkleur maar word nie ondersoek om te kyk vir kriminele rekords ens nie. Integriteit bestaan nie in hulle woordeskat nie.

Maria van Dieweeck ·

Eish, NO cctv, NO gaads, NO whepons. Gaan seker na die Kaapse bendes toe, hulle het mos nou die een vasgetrek wat voorheen voorsien het.

PJ ·

Wapens in die vloot en weermag moet ook nou verban word soos in die geval van pogings om privaat eienaars se wapens te verban!

Trots Afrikaans ·

Sipho, ek stel belang in ‘n LM5. Verkieslik in “Vloot Blou” met ‘n “rubberduck” en twee wit broeke. As jy ‘n Frigat, nuut of tweedaans, of ‘n verskuilde duikboot “deal” kan ingooi, sal dit help om kop bo water te hou in die sinkende ekonomie.

Groete
Gatiep.

Andre ·

In die eerste plek moes geen moeite ontsien geword het dat dit gesteel kon word .Jy is pateties as n bevelvoerder en dan moet ek net nie hoop jy moet my eendag beskerm nie

Andre ·

Miskien moet hulle soos die SAPD maak om sekuriteits maatskapye te huur om die vloot basis ook op te pas

Alewyn ·

In die tagtiger jare het Dieter Gerhard dit reggekry om van die mees sensitiewe inligting in die vloot te steel vir die Russe. In die sewentigers het ons n propeller van n patrollie vaartuig verwyder terwyl aan diens. Niks het verander nie!

Vosman ·

Is dit nie dieselfde oud weermag lede wat ook so vliegtuie gesteel het nie of by die ammo depots ingebreek het na 1994 nie? Hulle ken weet mos hoe om die stelsels te omseil?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.