Inbraak lei glo tot brand by skool

Foto: Facebook

Foto: Facebook

Die brand wat Sondag erge skade aan ʼn gedeelte van die Hoërskool Port Alfred aangerig het, is glo deur inbrekers gestig.

Lt. Luvuyo Mjekula, woordvoerder van die polisie, het gesê die brand het erge skade aan die voorste gedeelte van die skool, waaronder die ontvangskantoor, aangerig. Daar word vermoed dat boosdoeners in die vroeë oggendure by die skool ingebreek en die brand gestig het.

“ʼn Naburige inwoner het opgemerk dat daar rook by die skool uitborrel en het ʼn plaaslike veiligheidsmaatskappy in kennis gestel wat op hul beurt die polisie ontbied het,” het Mjekula gesê. ’n Saak van brandstigting en inbraak word ondersoek.” Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Foto: Facebook

Foto: Facebook

Die skool het Sondag op sy Facebook-blad gesê die skool sal Maandag vir leerders gesluit wees. Dit is nie duidelik of die skool Dinsdag weer sal heropen nie.

Intussen het kapt. Sandra Janse van Rensburg, ʼn polisiewoordvoerder, aan Maroela Media bevestig dat daar Maandagoggend ’n brand by die Hoërskool Bethelsdorp was. Sy het egter gesê die gebou wat gebrand het, was nie meer in gebruik nie en sou binnekort gesloop word. Die skool het dus besluit om nie ʼn saak by die polisie aanhangig te maak nie. Die oorsaak van die brand is nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Irene ·

Wonder wie is die inbrekers en hoe hulle lyk en waar woon hulle hoe is hulle groot gemaak

Lance ·

Ummm was hulle nie dalk unhappy met iets in die gemeenskap nie …hulle sien mos wat in Limpopo gebeur …. breek verniel brand en plunder as jy nie saamstem of unhappy is oor iets ….hoe onverantwoordelik en barbaars….brand jou eie kind se skool ….net ongelooflik

Karma ·

So, as ek nou die berig reg verstaan was daar twee skole waarby daar vroegoggend op Maandag 9 Mei 2016 ingebreek is – een is Hoërskool Port Alfred en die ander Hoërskool Bethelsdorp? By HSPA is die ontvangsvertrek en voorste gedeelte van die skool beskadigl by HSB was dit ‘n ongebruikte gedeelte wat binnekort gesloop sou word. Maar in iedergeval: waarom het die rookverklikkers afgegaan en brandsproeiers nie aangegaan nie of …. was daar geen brandvoorkomings/beperkingstelsels by beide skole nie?

Buitestaander ·

Die skool is ni onbruik nou hoef daar nie ‘n saak van beskadiging aan hangig gemaak word nie. Hoe tragsies toe. Dit kan vir ander doeleindes gebruik word.
Mens stoot nie sommer ‘n bestande gebou plat as dit nie meer gebruik word nie!

Annie ·

So Behtal hoerskool besluit om nie ‘n saak te maak nie – so boosdoeners kan nie gevang word nie – wel hulle gee die boosdoeners net meer “rope” om aan te gaan, Swak van die skool om dit te besluit, ek wonder as hulle die hele skool afbrand of die mense wat die swak besluit geneem het se huis brand wat gaan hulle dan doen. Waar daar ‘n rokie is is ‘ vurrtjie – iets is hier nie pluis nie.

Lance ·

Hoor nou dat mense skole beskadig in die hoop om n tender te kry vir die hestel weer …hoe siek is dit nie

Riekie ·

Oh my word!!! Brand vandag die skool af nou hoor ek vroeer op radio daar is ouers wat kla oor die skole afgebrand is? Dalk nog hul eie kinders wat di skole afgebrand het?

John ·

‘n Diepsinnige sielkundige ontleding is nodig oor die redes waarom vuur en skool deesdae telkens in Suid-Afrika saam in nuusberigte opduik. Dis ‘n vreemde konsep. Hoekom sou iemand dadelik ‘n vuurhoutjie met skool en handboeke in verband bring? Waar in die mens se brein word hierdie assosiasie gevorm? Miskien bestaan daar ‘n diepsinnige verband met die rede waarom ‘n groot brandpoel by Nkandla uitgediep is, in geval ‘n vuur die statuur bedreig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.