Inbrake by Gautengse skole aangemeld

klaskamer

Foto: Feliphe Schiarolli/Unsplash.com

Daar is by minstens vyf skole in Gauteng ingebreek tydens die tydperk van afsondering terwyl van die skole ook onder vandale deurgeloop het.

Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, het die voorvalle ten sterkste veroordeel en ʼn beroep op gemeenskappe gedoen om inligting aan die polisie te verskaf om hulle te help om die skuldiges vas te trek.

Minstens vyf skole het deurgeloop en waardevolle toerusting is onder meer gebuit.

Die hoof van die Mofolo Primary School in Evaton is Vrydagoggend deur gemeenskapslede ingelig dat by die skool ingebreek is. Klaskamer- en kantoordeure het wawyd oopgestaan na die inbraak. Daar is nog nie bepaal wat alles tydens die voorval gesteel is nie.

Daar is Dinsdag by die Tsokodibane Primary School, ook in Evaton, ingebreek. Volgens Lesufi is by al die klaskamers ingebreek en kaste en ander infrastruktuur is beskadig. “Die misdadigers het onder meer verwarmers, elektriese kabels, muurproppe, stroombrekers en vensterhandvatsels gesteel.”

By die Beverly High School, ook in Evaton, is drukkers, rekenaars, ligte, ʼn mikrogolfoond en kruideniersware gesteel. Dit blyk dat die diewe deur die dak toegang tot die skool se administratiewe blok gekry het.

Daar is al twee keer by die Katleho-Impumelelo Primary School in Orange Farm ingebreek. Die eerste inbraak was op 23 Maart waarna daar op 31 Maart weer by die skool ingebreek is. Twee verdagtes is intussen reeds in verband met die voorvalle in hegtenis geneem.

Tydens ʼn inbraak by die Dinokaneng Secondary School in Evaton op 29 Maart is meer as 250 stoele gesteel.

Volgens Lesufi is al die voorvalle by die polisie aangemeld. “Hierdie voorvalle dui op ’n neiging om vakansietye te benut om skole te beroof. In die konteks van die huidige afsonderingstydperk is die departement van gemeenskapsveiligheid gevra om in te gryp rakende hierdie voorvalle wat blyk ’n goed georkestreerde kriminele veldtog teen skole te wees.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Oros Soros ·

Die inbraaksyfer gedurende normale tye is hoër as die gevalle wat nou gemeld word. ‘n Amptelike navraag aan die betrokkenes sal dit bevestig, of het hulle nooit voorheen daarvan notisie geneem nie.

Die Wolf ·

Indien dit alvoorheen deur normale tye gebeur het, wat sou n redelike persoon gedoen het om toerusting gedurende hierdie tyd te beveilig? Maar nee dit is mos Holiday en goebaai. Dit word nou weer die belastingbetaler se probleem. L, kry vir jou want dit wys nou maar duidelik die mentaliteit wat ons mee te doen het in die land.

Anel ·

250 stoele word nie net weggedra nie, ook nie op ‘n bakkie gelaai nie!

Die Wolf ·

Ek wonder maar net of dit nie gebruik is om iemand se salaris aan te vul nie?

Hennie ·

Orals by swart skole Mnr die minister! Praat met jou mense, hulle is die oorsaak van hul eie probleme…

Pieter ·

Met die verval in die ekonomie, veral tydens en na die Covid-19 epidemie, gaan hierdie net toeneem.

Jacobus ·

Dit is wat die vrae rondom “lockdown” baie pertinent maak. Het dit enige doel?

Fedup ·

Panyaza dink dis vakansie. Shame. Wonder of hy al gehoor het van AFFIRMATIVE SHOPPING.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.