‘Inbreker’ doodgeskiet, 2 gewond in skietgeveg

Argieffoto: Nico Strydom

ʼn Man is dood en twee ander gewond toe ʼn skietgeveg Maandag tussen ʼn groep inbrekers en ʼn bejaarde huiseienaar van Padfield Park in Pinetown in KwaZulu-Natal ontstaan het.

Kol. Thembeka Mbhele, woordvoerder van die polisie, sê ʼn 72-jarige man en sy vrou was Maandag omstreeks 19:45 besig om televisie te kyk toe hulle angsbevange gille buite hul huis gehoor het.

Volgens Mbhele het die gille vanuit die egpaar se tuinwoonstel gekom wat hulle aan ʼn 70-jarige vrou verhuur.

Sy sê die huiseienaar het sy vuurwapen geneem om ondersoek in te stel, waarna hy drie mans opgemerk het wat gedwonge toegang tot die tuinwoonstel verkry het. “[Die mans] was besig om die huurder [die 70-jarige vrou] aan te val en sy het om hulp geskree,” sê sy.

Mbhele sê ʼn skietgeveg het daarna tussen die huiseienaar en die drie verdagtes ontstaan. “Die skietgeveg het daartoe gelei dat een van die verdagtes in die skouer en die mond geskiet is en op die toneel gesterf het,” sê sy.

“ʼn Tweede verdagte is in die kop geskiet en later na die hospitaal geneem waar hy tans onder polisiebewaking is. Die 70-jarige huurder is in die buik gewond en word ook in die hospitaal behandel.”

Volgens Mbhele het die derde verdagte daarin geslaag om van die toneel te vlug in ʼn wegkommotor wat buite die egpaar se huis geparkeer was.

Die polisie het beslag gelê op twee vuurwapens waarvan een aan die huurder behoort. Mbhele sê die reeksnommer van die verdagtes se vuurwapen is afgevyl.

Die polisie ondersoek ʼn saak van huisroof en poging tot moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Toppie ·

Welgedaan aan die 72-jarige oom, hy het die huurder se lewe gered. Voorts blyk dit dat hy weet hoe om sy vuurwapen te gebruik. Oud maar nog lank nie koud!!!

Cherokee ·

Lindiwe Sisulu is seker trots daarop dat beslag gelê is op sy wapen wat hy vir die verdediging van die mense saam met hom en himself, gebruik het.

Eduard ·

Cherokee Lees weer die ander wapen is die huurder se wapen

ore ·

Die oom is in die moeilikheid.Hy gaan aangekla word van moord aangesien sy lewe nie in gevaar was nie.

Lana ·

Ore, jy het seker nie die eksamen vir bevoegdheid om vuurwapen te besig afgelê nie. Jy ken nie die wet nie.

Sarel swartbrand ·

Twak as ek na jou huis toe kom en jou perseel betree met n onwettige wapen is dit nie om koek en tee te vat nie

zoom zoom ·

Lana jy ken sekerlik nie die gereg nie en ook nie die hof nie

Koos ·

Baie mense het al kopwonde oorleef. Gaan doen bietjie opleeswerk.

Lorri Raaths ·

As daar op jou geskiet word dan is jou lewe in gevaar

Rob ·

Natuurlik het die eienaar opgetree in noodweer en daarby is hy gewond. Ons moet tog ophou om so bang te wees vir die gevolge van ‘n noodweer optrede. Klink my daar is mense wat wil he^ ons moet met handjies gevou sit terwyl ander om ons vermoor word – Pateties!

lina ·

Eerlik praat mens as jy deur so iets is of weet
Die oom se plaas is geteiken. Die voorval was tussen die mure van sy eiendom
Geen wet sê hy moes die tannie nie verdedig op sy eiendom binnehuis nie
LEES WEER JUL.WETTE Ek weet is deur plaasaanval

Piet ·

Lana ek stem eintlik saam met ore. Ek het al verskeie eksamens afgele ivm wapens maar dink nie dat ek alles weet nie, daarom wil ek vir jou vra om vir ons die relefante gedeeltes in die wet aan te haal wat sal se wanneer n persoon sy wapen mag gebruik (wat natuurlik hierdie persoon se verweer in n hof sou wees). Sal gaaf wees as ons van jou kan hoor.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.