‘Inbreker’ geskiet toe hy huis betree

Die vermeende inbreker se vuurwapen is in die erf gevind. (Foto: Verskaf)

’n Vermeende gewapende inbreker is Dinsdagaand in ’n ernstige toestand na ’n hospitaal geneem nadat ’n huiseienaar hom geskiet het toe hy toegang tot die huis probeer kry het.

Die man is in die omgewing van sy bekken geskiet en is bebloed buite die huis in Waterloo in KwaZulu-Natal aangetref.

Prem Balram, woordvoerder van Reaction Unit South Africa (Rusa), sê dié nooddiens is net ná 21:00 na die huis in Jackalweg ontbied. Die gewonde man het met hul aankoms nog in die erf gelê en het verskriklik gebloei.

Die eienaar van die huis het glo vroeër glas op sy eiendom hoor breek en ’n man op heterdaad betrap toe hy toegang tot die huis probeer kry het. Die verdagte het ’n pistool by hom gehad.

Kol. Thembeka Mbele, woordvoerder van die polisie, het intussen aan Maroela Media gesê die verdagte het glo na die betrokke erf gevlug nadat hy kort vantevore ’n selfoon in die omgewing gesteel het. Hier het hy sy vuurwapen op die huiseienaar gerig.

Die eienaar het ’n skoot afgevuur nadat hy die verdagte gewaarsku het om sy vuurwapen neer te sit.

Volgens die polisie se inligting het die verdagte intussen aan sy wonde beswyk.

Die polisie ondersoek ’n saak van roof terwyl ’n geregtelike doodsondersoek gedoen word.

  • Die berig is gewysig sedert dit aanvanklik gepubliseer is om nuwe inligting by te werk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

19 Kommentare

jongste oudste gewildste
Diline

Nou gaan die eienaar seker weer van poging tot moord aangekla word. Kriminele het mos meer regte as ons landsburgers. As jy wil inbreek by mense se huise moet jy maar die gevolge van jou dade dra, KLAAR!

ES

As hy sy skietwond oorleef, hoop ek hierdie aangeleentheid ontmoedig hom hom dit weer te doen en dalk volgende keer sy lewe te verloor.

Ek is so bly ‘n gewapende huiseienaar kon homself verdedig, mens hoor te dikwels van mense wat nie so gelukkig is nie.

Papsak

Ek hoop hy n harde les geleer hy was op verkeerde pkek verkeerde tyd ons gaan nie by hulle huise in breek nie om hulle seer te maak nie so hy nie daar gehoort nie

Pablo

Die kriminele is bewapen maar jy nag nie meer n wapen aanskaf vir self verdediging nie. Kommunisme is hier.

JohanR

Wat soek jy daar? Nie JOU huis, nie JOU eiendom nie!