Inbreker gryp baba by ma

Die babadogtertjie wat ontvoer is. (Foto: Verskaf)

Die polisie in Noordwes is op soek na ’n 15 maande oue baba wat oor die naweek vermoedelik uit haar ma se arms in Jouberton, Klerksdorp, gegryp en ontvoer is.

Kol. Adele Myburgh, woordvoerder van die polisie, sê die voorval het Saterdag omstreeks 20:00 plaasgevind.

Volgens die kind se ma (20) het sy en haar baba by haar kêrel se huis gelê en slaap toe sy wakker word en ’n onbekende man in die huis opmerk. Die man het glo die baba by die ma gegryp en op die vlug geslaan. “Die ma was ten tyde van die voorval alleen by die huis,” het Myburgh bygevoeg.

’n Selfoon is ook gesteel.

Die polisie ondersoek ’n saak van huisbraak en ontvoering.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Asgat ·

Waar is die biologiese pa – gaan kyk heel eerste daar rond.

Porseleintjie ·

Die kêrel was ook nie tuis nie?? Ek ruik ‘n rot.

Agge nee ·

As die storie waar is, is dit ‘n verskriklike hartseer, as die storie vals is, is dit ‘n verskriklike ma wat die kindjie het.

HBK ·

Die aard van die misdaad? Is daar ‘n losprys-gierigheid. Anders is dit net nog n aanduiding dat die lewe niks beteken vir baie mense nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.