Kol. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, het gesê die drie inbrekers het by ʼn huis in Umgenipark ingebreek en ʼn televisiestel, sakke en koeldrank gesteel. Volgens Naicker het veiligheidswagte op patrollie die mans gesien en hulle genader.
“Een van die verdagtes het ʼn mes uitgepluk en een van die veiligheidswagte in die bors gesteek waarna die veiligheidswag losgebrand en die verdagte doodgeskiet het.” Volgens Naicker het die ander twee verdagtes van die toneel gevlug.
Chris Botha, woordvoerder van Netcare911, het gesê die inbreker is dood voor paramedici se aankoms op die toneel. Die polisie ondersoek ʼn saak van huisbraak en poging tot moord. ʼn Geregtelike doodsondersoek is ook begin.
Man dis nou goeie nuus so op ‘n Donderdag oggend. Ek hoop die veiligheidswag herstel gou en dat die ander 2 ook gou, emm, hulle Moses sal teekom.
Dit is goeie nuus ja. Dit is wat alle voornemende moordenaars moet kry. Hoop die veiligheids wag is spoedig op sy pos en die besering nie te ernstig is nie.
Dankie tog darem begin die mense hulle nou vir ‘n slag self beskerem, hoop net nie die areme wag kom iets oor of verloor sy werk omdat hy die vent geskiet het nie. Sterkte aan die wag.
Dis ons reg om onsself te beskerm PUNT. Hul het private eiendom oortree en moet d gevolge dra. As ons nie oorgaan tot aksie nie, sal onsgeskiet word ! Well done.
Hoe gaan dit met die veiligheidswag?
Mooi-so!
Wonderlik, jammer die ander twee beweerde inbrekers loop nog rond.
Hier op Maroela moet ‘n mens se kommentaar mos super polities korrek wees voor dit geplaas word.
Ai hoe glimlag ek vir julle kommentaar! Almal is so beleefd!!
Ons moet só beleef wees anders word jou mening mos nie geplaas nie!!