Inbreker met byl doodgeslaan

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord, poging tot moord, huisbraak en diefstal nadat ʼn vermeende rower Sondag tydens ʼn huisroof in Thabong in die Vrystaat met ʼn byl doodgeslaan is.

Die rower (31) is Sondag omstreeks 02:30 glo op heter daad betrap toe die eienaars van die huis, onderskeidelik 29 en 25 jaar oud, van elders by hul huis in die N1-uitbreiding van dié nedersetting aangekom het.

Volgens kapt. Malebo Khosana, woordvoerder van die polisie, het die inbreker die eienaars glo met ʼn panga aangeval waarna ʼn struweling ontstaan het.

Een van die huisbewoners het die inbreker oorrompel en ʼn byl van iewers in die huis in die hande gekry waarna hy die inbreker met die byl oor sy kop gekap het.

Khosana vertel dat die rower reeds aan sy beserings beswyk het toe die polisie en nooddienste na die toneel ontbied is.

Albei inwoners het snywonde in die aanval opgedoen en is na ʼn hospitaal geneem.

Volgens Khosana is dit in dié stadium onduidelik hoe die inbreker toegang tot die huis verkry het.

Hy het gesê 5 kg bevrore hoender en maalvleis is op die toneel gevind. Daar word vermoed dat die rower dié vleis uit die huis probeer steel het voordat hy onkant betrap is.

Die polisie het ook op die panga en byl op die toneel beslag gelê, het Khosana gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

50 Kommentare

Colleen ·

Ek stem saam! Mooi so. Jammer daar was net een inbreker wat uit die lewe gehelp is.

Geleer uit Ondervinding ·

Jy word van moord aangekla en inhegtenis geneem daarna kan staats aanklaer besluit op borg of bly in tronk tot met verhoor dit is hoe ons regstelsel werk en na vele ondersoeke moet jy ook kan bewys jy is onskuldig – daar is geen onmidelikke besluit neming nie al dui alles daarop dat dit selfverdedigging was!!!!!

Andre ·

Hoekom `n saak van moord, meer soos self verdediging. Hy hoort nie daar nie, net soos iemand sonder `n kar lisensie op die pad.

ComminSen ·

@Andre, maak nie saak wat nie, daar moet eers n dokket van moord oopgemaak word, sodat daar ondersoek kan word. wens mense kan dit begin besef.

Gaitsigubib ·

Ek wens weer mense kan besef dat jy twak praat. Dit is nou wel al prosedure om blankes aan te kla wanneer hulle hul self verdedig, dis egter nie nodig om dit te doen wanneer dit ooglopend duidelik is dat daar geen misdaad was nie. n Noodoodse ondersoek word wel gedoen en dit word in n dossier vervat, maar mens hoef nie ‘n “Moord doket” te open, wanneer dit op geen stadium as ‘n “moord” beskou was nie.

JSG ·

Die klagstaat moet lees strafbare manslag en dit berus by die ondersoek beampte en stattsaanklaer of dit in ‘n hof gaan eindig. Dit is standaard prosedure.

Carel ·

Die knaap het nooit gedink dit kan met hom gebeur nie, swak beplanning . . . !

Sterkte ·

huiseienaars moet hulleself maar verdedig . hoe dan anders? Dit is nonsens dat inbrekers wat ook voornemende verkragters en dalk moordenaars kan wees so lig daarvan afkom om net in hegtenis geneem te word en die volgende dag weer vrygelaat word? Ongelukkig het die skelms in SA meer regte as die huiseienaars, hulle het ‘n lang regstryd wat voorlê.

Les ·

Sê ek ook!! Oscar moet ook lewens gekry het, die sonneblom manne ook!

HESTER ·

Hoe is dit moord ? Mag jy nie jouself verdedig in eie huis nie?

Anoniem ·

Ou Johnny en Les, julle moet mooi lees. Die inbreker het die huiseienaars eerste met ‘n panga aangeval – hulle is met snywonde na die hospitaal. Daarna is die inbreker met die byl (dood)gekap.

Dis nie moord nie, dis selfverdediging.

Hannah ·

Sluit hul summier toe.

Teveel ooreenkomste met die Coligney saak.
Die ou was honger… Hoe slaan jy nou iemand dood vir n pakkie hoender ?

Tino ·

Welgedaan, hoop julle herstel gou van die beserings. Hy sal nie weer nie!

charmaine ·

So moet ons almal maar n “wapen” byderhand hou vir sulke gemors.

Helena. ·

Well done! Dis hoe dit gedoen moet word. Hulle kan mos maar want dis hulle huis, hulle vleis ens. As n wit persoon se huis beroof word moet jy baie mooi sê “verlaat my huis”. Anders gaan jy verseker sit met n klomp skreeuende ondersteuners wat seker maak jy gaan sit in die tronk.

Willie ·

Well done, lekker verassing gekry met sy panga en al.. live by the sword, die by the sword…

Sarel ·

Moord is moord? Wie jy ook al is beter hoop jy kom nie in ‘n situasie waar jy jouself teen ‘n aanvaller moet verdedig nie. Ag en moet die holrug geryde Oscar saak nou ook weer opgehaal word en van watter ” mielielande” saak word gepraat?

karen ·

die inbreker was met ‘n panga gewapen. die huiseienaar het ‘n byl gebruik…. die speelveld was redelik gelyk as ek dit reg verstaan? klag van moord maak nie sin nie. ek stem met elders bo – selfverdediging maak eerder sin.

kattie ·

Lana, double like vir jou kommentaar!!!!!!!!
Well done, dis wat gebeur as jy ‘n ongenooide gas daai tyd van die aand is.

jhb meisi ·

Saak van moord?Vir wat…
Wat maak hy in ander mense se huis in die eerste plek dan.Dis reg!

Vleislus ·

Is dit nou net ek wat die dief jammer kry? Het julle gelees, hulle het mince en hoende op die toneel gekry. Die man was bitter honger, ons kan onself nie indink hoe dit moet voel om se desperaat vir kos te wees nie. Jammer hy het net ‘n goeie pakslae gekry nie, maar moes nou met sy lewe betaal om die pens vol te kry ?

Arsène Lupin ·

@Vleislus – as hy dan so honger was, hoekom het hy maar liewers nie net kom vra nie? Hoekom het hy in die huis ingegaan (deur ‘n venster, so hy kanne by ‘n deur gaan klop hetnie) met ‘n panga – was dit om die vleis mee te sny? I don’t think so.
Hoekom het hy die mense met daai panga aangeval – die vleis was maar net ‘n bonus gewees, verseker sou hy met baie meer daar uitgestap het.

GM ·

Dis darem maar wreed om ‘n panga rond te dra om mense te gaan opkap, so ook om ‘n byl te gryp en iemand se kop oop te kloof – en ja ek weet hul sê dit was selfverdediging, die gedagte gril my net vreeslik. Dit laat my dink aan soveel plaasmoorde waar panga’s, pikke ens. gebruik is – hoe beplan hul sulke goed sonder om ‘n oog te knip?

Die saak moet beslis ondersoek word, hoe dan nou anders? Die twee kon mos saamgesweer het ook om die man dood te maak. Net omdat mens iets in die nuus lees, beteken nie dis die ware feite nie. Kyk nou maar met die Coligny-saak.

At Dippenaar ·

Hulle kan enige tyd my huis met byl en al kom oppas!

Neels ·

Township geregtigheid het geseevier . Dit sal die laaste nuus van die voorval wees , die saak is klaar gesluit . Die oorlede vleislustige se ouers gaan ook nie eers n huis by die Anc kry nie want daar was nie n voorheen bevoorregte by betrokke nie

Annie Webb ·

Presies, Neels. Ek verstaan van my huishulp die vergelding vir enigeen wat in die townships by ‘n huis inbreek en gevang word, is vinnig en dodelik. En die polisie weet beter as om te probeer arbiter speel.

George in Bloem ·

Goeie werk. Die ouens spaar die belastingbetaler ‘n klomp geld.

Koos de Meyer. ·

Jy gaan nie daardie tyd van die oggend vir kos vra met ‘n panga in jou hand nie. Die mense het hulle self verdedig. As hy by my bullteriers verby kom moet hy eers die lyksbesorgers bel. Selfverdediging is die antwoord, ons sit met te veel kriminele wat nie omgee om te moor nie. Ons is keelvol vir die eiegeregtigheid in die land.

Jepetto ·

Koos Meyer die man het gaan jag dis hoekom hy die panga het Hy kon niks kry toe beroof hy die yskas

JP ·

Nog ‘n byl moord, wie sou anders optree in die omstandighede, of moes hulle eintlik die huiseienaars begrawe het? Ons wette is darm baie beskermend teenoor misdadigers

Yvonne ·

Hy sal nooit weer die geleentheid hê om iemand se lewe te bedreig of privaatheid te skend nie. Dit is hoe dit gedoen moet word!

Celeste ·

Elke mens het n reg om homself te verdedig. n Oog vir n oog. Wat was die rower se intensie met die panga? Nie om enige goed te doen nie. Moet die slagoffer net stil staan en vermoor word? Ek dink nie so nie. Genoeg is genoeg!

marous ·

Daar gaan binnekort nie genoeg papier vir dossiere of geregtelike doodsondersoeke wees soos wat die vlaag gaan toeneem nie .

Cornette ·

Ek sien dit as selfverdediging!
Die inbreker het hulle eerste aangeval…as hulle hulself nie verdedig het nie was hulle lyke op die toneel gevind.
Die inbreker het die wet oortree – dit was nie sy huis/vleis gewees nie! As jy honger is gaan vra/bedel jy…of NOG beter: JY gaan WERK vir jou die geld om jou eie kos te koop!
Inbrekers kom weg met “I was hungry I was looking for food”…WOW met ñ panga???

klip in die bos ·

Die sosiale media is besig om mense vir groter “chaos” voor te berei. Wat dit is, sal “tyd alleen leer”

R..... ·

Nou gaan hulle seker se hy was honger en wou net iets he om te eet…. was dit anders om en het hy hulle dood geslaan sou dit weer nie in die nuus gewees het nie. belaglik.

honourable member ·

Ja wel as jy ongenooid in my huis inkom en jy kry seer daar dan is dit maar jou probleem. Die hof sal seker nou anderste daarna kyk afhangende van die ras wat betrokke is. Hierdie mense dink die wereld behoord aan hulle. Nog een misdadiger minder.

KRIEK ·

hoe kom kry jy vleis (nie in jou huis nie) met ‘n panga. Ai ai as daar ou mense was wat hulle nie self kon beskerm nie wat dan sou van julle nogsteeds die inbreker jammer gekry het.
nee wat hy is waar hy nou moet wees. Uit die samelewing verwyder.

Piet parys ·

Johnny en Les sit vir my julle huis adres vir ons op . Wil vir julle iemand reel om daar by julle kos te kom haal op die huis want jy sal mos niks aan hom doen nie . Seker sal jy jou bevuil en weg hardloop .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.