‘Inbreker’ val by krans af

Foto: Netcare 911

Foto: Netcare 911

Paramedici is Maandag na ʼn toneel in Durban ontbied waar ʼn vermeende rower glo met ʼn gesteelde televisie probeer vlug en 25 meter ver by ʼn krans afgetuimel het.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici is omstreeks 12:00 na die toneel in Winston Park in Kloof ontbied. “Omstanders en polisiewoordvoerders het verduidelik dat ʼn verdagte ná ʼn huisroof op ʼn fiets weggejaag het terwyl hy ʼn televisie onder sy arm vasgeknyp het,” het hy gesê.

“Die man het vinnig by ʼn steil heuwel afgery, maar kon nie daarin slaag om betyds te stop nie en het by die 25 meter hoë krans afgery.”

Foto: Netcare 911

Foto: Netcare 911

Botha het gesê paramedici kon die man aan die onderkant van die krans op sy rug sien lê met die televisie langs hom. Paramedici en lede van die polisie se soek- en reddingspan het toerusting gebruik om langs die krans af te beweeg waar die ernstig beseerde man op ʼn draagbaar gestabiliseer en aan ʼn asemhalingsmasjien gekoppel is.

“Die draagbaar is uit die bergagtige gebied gelig in ʼn helikopter in en het na ʼn nabygeleë veld gevlieg waar ʼn mediese span gereed gestaan het. Die man is daarna na ʼn hospitaal in Durban gehaas,” het Botha gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

François ·

Justice! Laat dit vir hom ‘n les wees! Hy sal nie weer ‘ n TV steel nie……

Henri ·

Ag shame, nou gaan die ANC seker se hy mag die telivisie hou om in die hospitaal te kyk? En as hy belowe om vir hulle te stem mag hy dit huistoe vat!

MCS ·

Ja, so kry elke brak sy dag! Maarop hou sal hy nie! Volgende week is hy terug met sy slu dade! Eenmaal n skelm, altyd een!

Fanie ·

Ja en dit net vir ‘n tv. Hy is ‘n krimineel en hy gaan kry nog gratis hospitaalbehandeling. Hy hoef nie ‘n mediese fonds te hê nie, hy kan maar net gaan steel, dan is alles geregverdig!! Hahahaha…………

TM ·

Ek hoop vir sy part dit was ‘n flat screen en nie een van daardie ou boks tv’s nie. Ek kan nie eens brood koop en bicycle ry nie. Hy moes iewers ge-oefen het. Ons kan ‘n fliek maak hieroor….Forrest Dumb

Johan. ·

Wed, ek dink dit is nou definitief ‘n flat screen as dit nie voorheen een was nie……

SNEL ·

Carol, ek het ook daaroor geskryf, maar dit was uiters rasisties van my om te sê die belastingbetaler red kom net om weer deur hom beroof te word. My kommentaar is sommer verwyder. Niks verkeerds eers gesê nie. :(

charmaine ·

Is daar nie belangriker ongevalle vir Medics om te doen nie?
Dis lagwekkend!Hulle sal nog die wat hy beroof laat betaal vir sy hospitaal onkostes! Die TV het om seker oorgegooi.

Matmiet ·

Hy het E.T. gekyk. Maar hy het geval want sy fiets het nie n mandjie nie.

Nic Zwarts ·

En dis Jan van Riebeeck en apartheod se skuld dat hy net ‘n fiets kon bekostig as wegkpm voertuig……hahahaaa

scalla ·

die blinde sambok slaan hard, wou eers lag maar toe besef ek dit was miskien my fiets wat gesteel is

HEVW ·

Kyk die geweldige moeite en onkostes wat beslis nog sal vermeerder en wie gaan betaal? Ons hier wat kommentaar lewer. Kan daar nie n strafkamp gevestig word waar hulle bv. met pik en graaf paaie kan bou en mynskagte sink nie?

Frederik ·

Die man is na ‘n hospitaal gehaas. En die eienaar se TV ? Wie gaan dit laat herstel ? Dan kan die polisie ook kyk waar die man die wegkomvoertuig gekry het.

Oom Kallie ·

Hulle rook die fosfor poeier wat in televisies voorkom. Hulle rook ook hulle ARV pille. Nyaopi.

REGVERDIG ·

Hahahahahahaha ……… lmga
Die liewe liewe Karma !!!!!!!!!!!!!

poplap ·

Nou gaan die knaap seker doe huiseienaar of televisie vervaardiger dagvaar omdat die tv te swaar was. Dit of hy gaan probeer eis van workmans compensation vir besering aan diens ???

Ruby ·

Wonder of hy ‘n televisie lisensie het? :-)

Nou kry hy gratis mediese behandeling, kos, ‘n pakkie pynpille en seker ‘n prokureur ook? Lekker hierdie Suid-Afrika darem.

Dan ·

Die Valke gaan dalk eers n paar selfone bekyk of daar nie dalk n bewys is dat hy deur 4 mense afgestamp is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.