Inbrekers doodgeskiet toe pa gesin beskerm

Foto: Verskaf.

ʼn Pa van Pretoria het twee inbrekers doodgeskiet in ʼn poging om sy gesin te beskerm nadat een van dié verdagtes probeer het om met die gesin in ʼn motor weg te jaag.

Kapt. Dave Miller, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die voorval het laat Saterdagmiddag in Lynnwood Ridge plaasgevind.

“Die gesin het by die huis gekom en agtergekom die voorste hek is oop en daar staan ʼn vreemde silwer voertuig in hul oprit naby die motorhuis,” het Miller gesê.

Die man het uit die voertuig geklim en gaan ondersoek instel. Een verdagte het verby hom gehardloop.

“Die man het probeer om die verdagte wat verby hom gehardloop het te vang, maar die verdagte het hom ontduik en terug in die huis in gehardloop. Intussen kon ʼn tweede verdagte daarin slaag om verby die man te kom en in die voertuig met die man se gesin steeds in die voertuig te spring.”

Dié verdagte het probeer om in trurat weg te jaag, maar het volgens Miller “gelukkig” in die muur vasgery en kon nie verder beweeg nie.

“Die pa het na die voertuig gehardloop en daar probeer help en in die proses is die verdagte doodgeskiet.”

Intussen het die tweede verdagte in die boosdoeners se wegkommotor gespring en herhaaldelik in die gesin se voertuig, wat die oprit blokkeer het met die gesin steeds binne-in, vasgery.

“Die verdagte kon nie daarin slaag om by die oprit uit te ry nie en hy het weer die pa probeer aanval en die man het homself weer verdedig.” Die tweede verdagte is ook in die proses doodgeskiet.

Die gesin is nie ernstig beseer tydens die voorval nie. “Hulle is net uiteraard baie geskok.” het Miller gesê.

Volgens Miller het die man die polisie in kennis gestel van die voorval. Die twee verdagtes is op die toneel deur paramedici dood verklaar.

In die stadium word daar geen klagtes teen die man ondersoek nie. Die polisie ondersoek wel ʼn saak van huisroof.

Verskeie huishoudelike items is in die verdagtes se motor aangetref.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

VatSo ·

Ons kort meer landsburgers wat hulself, hulle eiendom en hul mense op hierdie manier verdedig!

Watse honger rowers ·

Al hierdie rowers ry met luukse karre of ten minste nuwe karre, Hulle is gn honger mense wat roof vir kos op tafel nie. Nie dat enige vorm van roof hoegenaamd inelkgeval verduur moet word nie.

Jerry ·

Veiligheidsbewustheid, paraatheid en deur genade tree die pa as oorwinnaar uit die stryd teen misdaad. Nog so n paar insidente soos hierdie een en die ANC en EFF behoort n optog te hou teen die optrede uit noodweer wat lei tot die dood van rowers.

Linda van Mosselbaai ·

Die 2 de keer in ‘n week waar die booswigte met hulle lewe moes betaal – hoop die ander kry die boodskap. Intussen kan ons net bid :” Dankie Heer dat die gesinne veilig kon bly – Vader werk in die harte van ander – dat hulle nie verder sal aangaan met hulle boosheid. Heer help tog dat almal kan werk kry, kos hê, veilig kan bly. Gaan met die wat regeer, dat hulle sorg vir alles wat nodig is vir hulle medelandsburgers. Here ons vra dit in U naam. Amen.”

Linda ·

Wat n nagmerrie ondervinding !!! Die Here is groot, hierdie hele gesin kon gesterf het. Rowers is uiters selfsugtig en dink net aan hulle self en niemand anders nie !!!

Vraagteken ·

Linda, hulle mag dalk selfsugtig wees, maar hulle is die grootste lafaard wat jy sal teëkom. As ‘n mens terug baklei, dan hardloop hulle.

Linda ·

Ek het jare gelede in Kynnwood gebly. Ek was 8 maande swanger toe inbrekers my glasdeure op die voorstoep die oggend 10 uur probeer oopmaak. Ek het so geskrik, die gordyne gegryp en gewaai en geskree. Twee het weg gekom, een het gegly en sy been gebreek !! Daarna het ons Roodepoort toe getrek. Ek was baie bang in daardie groot huis !!!

Francois ·

“Verdagte 1”
Een booswig in die gesin se motor gespring en soos die berig lees, het die booswig met die gesin in trurat teen n muur vasgery. Die pa het na die motor met sy gesin in, asook die booswig gehardloop, hy het probeer ‘help’ daarso – seker om die man uit sy motor te kry – en in die proses is verdagte no 1 doodgeskiet. Was enige een van die pa of sy gesin se lewens in gevaar – ek sou so dink ja. Onthou ons weet nie of die booswig in die gesin se motor enige wapens op hom gehad het en daarmee teen die pa probeer teenstand bied het nie. Wat ons weet (veronderstel) is sy gesin was weliswaar in lewensgevaar indien daai booswig met hulle sou wegkom in die gesinsmotor.

“Verdagte 2”
Die het blykbaar herhaaldelik met die verdagtes se motor teen die gesin se motor (met insittendes) gebots om hulle uit die pad te probeer kry. Was daar enige lewens in gevaar in die proses – natuurlik. Hy het boonop ook die pa probeer aanval en die pa het homself verdedig. Onthou teen die tyd wat die pa hom geskiet het, was hy reeds uit die gesin se motor en was hulle lewens nie meer in doodsgevaar nie. Ons weet nie met watse wapen hy die pa probeer aanval het nie, indien hy geen wapen gehad het nie, kan dit dalk probleme afgee omdat hy gedood is.

Die saak gaan baie ‘interressant’ wees.

Tino ·

Wel gedaan, hoop julle herstel gou van die skok.

Dit is mos nou hoe ek van my misdadigers hou!

BB ·

Dankbare nuus dat onskuldige mense kan terugveg en die beste daarvan afkom.

Bosveldknap ·

Tel ek nou verkeerd wat het met die derde verdagte gebeur?

Michael ·

nou kyk nou. nog lewens daarmee heen kan die rowers nie sien dat die mense genoeg gehad het van die sinnelose geweld nie die mense gaan terug veg en nie net meer nice wees nie jy het die reg om jou en jou vrou en kinders te beskerm

Johnnie ·

Geen aanklagte word ondersoek teen die huiseienaar nie, nou wonder ek net was hy wit of swart, laat mens wonder want gewoonlik as dit n wit persoon is word hy eers van moord aangekla tot die teendeel bewys is. Vra maar net.

Nie heeltemal nie ·

Nie regtig nie. As jy jouself verdedig mag jy skiet en die wet beskerm mense wat hulself verdedig. Daar was sowat n maand terug n baie goeie radiopraatjie hieroor op pretoria fm.

Vraagteken ·

Johnnie, gaan leer die wet voordat jy kommentaar lewer. Daar word altyd ‘n geregtelike ondersoek ingestel.

Baie mense verstaan nie hoekom hulle aangekla word as hulle in ‘n voertuig ongeluk betrokke was waar iemand gesterf het nie. Die wet sê jy (die bestuurder van die voertuig) word onmiddelik aangekla, waarna die klag dan terug getrek word. Moenie verbaas wees as die betrokke persoon ook aangekla word nie.

Ek sien die lesers op MM hou daarvan om ‘n ras-kaart te speel. Sê nogals iets vir ‘n mens…

Deon ·

Is dit nie die geval waar die eienaar en sy gesin nou met betogers voor sy hy sit en hom en sy gesin nou dreig met die dood nie??

Cherokee ·

en Pieta, jy het 100% ondersteuning vir jou kommentaar vanaf Cherokee.

Linda ·

Ek bedoel dat ek jare gelede in Lynnwood gebly het. Jammer vir spelfout.

Linda ·

Ons moet ten alle tye in ag neem dat rowers uiters selfsugtig is en geen gevoel vir hul medemens het nie. Hul modis operandi is om te roof en enige iets in hul pad dood te maak, hetsy mens of dier !!! As jy uit so n roof uit kan kom sonder n koeel in jou lyf is jy baie gelukkig !!! Maak nie saak wie wat se nie.

Linda ·

Die Niemand gesin, bekende eiendomsagente, wat destyds in hul huis in Lynnwood vermoor was het reg agter my gebly. Weereens het die huishulp alles gereel !! Eers die vrou en 2 kinders in die buite laundry opgehang. Vir die man die aand gewag, hom vermoor en onder plante ingesleep. Die hele huis geplunder en met die Niemands se motors na hul tuisland toe gery, toe sien die polisie hulle uit helikopters !! Maar 4 mense was vermoor !!!

Boeremeisie ·

Sovêr ek kan onthou is die Niemand gesin in 1986 in Waverley vermoor. Die vrou en kids is naskool ingewag en in die buitekamer opgehang. Die man met tuiskoms na werk werk vermoor.

TLC ·

Jong al wat ek sê ek is baie trots met Paapa wat sy gesin verdedig het met letterlik sy lewe. So dankbaar gesin is veilig. Sterkte aan almal

Hou op ·

DIE MEDIE MOET NOU WAKKERWORD .. HIERDIE ARME MAN EN SY GESIN IS NOU MET DIE DOOD GEDREIG .. HOEKOM maak julle altyd die mense se name en adresse bekend en plaas fotos van hulle motors (met registrasienommers wat getrace kan word) as ook die huis waar dit plaasgevind het in die koerante? IS DIE SENSASIE so belangrik . .JULLE MOET NOU LEER om so min as moontlik van hierdie slagoffers te publiseer sodat die KRIMINELE Hulle nie gaan uithaal nie . so het julle nou al HOEVEEL mense in die sop laat beland . HOU OP OM NAME VAN MENSE TE PUBLISEER of waar hulle bly of wie hulle is of ‘n foto van hulle kar en huis HOU NET OP!!

Harry ·

Hou eerder op om die pad byster te raak! Net die kaptein van die polisie se naam is bekend gemaak en ek gee jou R100 as jy vanuit bogenoemde berig kan aflei wie se motor dit is, wie die gesin is, of waar hulle presies bly? “LEER om so min as moontlik” verkeerde afleidings te maak en die “MEDIE” valslik te beskuldig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.