Inbrekers dra Pta-huis leeg, vlug in twee Porsches

Die voertuie waarna gesoek word. Foto: Verskaf

Twee peperduur Porsche is Saterdag in Montanapark in Pretoria tydens ʼn huisbraak gesteel.

Mike Bolhuis, die spesialis-ondersoeker wie se dienste ingeroep is om te help om die voertuie op te spoor, het gesê die voertuie is by ʼn perseel in Blousysiestraat gesteel.

“Die verdagtes het by die eiendom ingebreek en alles wat waardevol is in die huis gesteel, dit in twee Porches van die huiseienaar gelaai en daarmee op vlug geslaan,” het Bolhuis gesê. “Hulle het voor die tyd die alarmstelsel gedeaktiveer, moontlik met die hulp van ʼn binnestander.”

Bolhuis het gesê die inbraak en diefstal hou verband met ʼn sindikaat wat in die noorde en ooste van die stad en moontlik in ander gebiede in Gauteng doenig is.

“Die sindikaat konsentreer daarop om op bestelling alle tipes luukse sportmotors te steel. Die hoogste op die lys is Porsches, Mercedes, BMW’S en Land Cruisers. Die voertuie word oor die grense gesmokkel na plekke soos Zambië en Mosambiek waar dit geherregistreer en verkoop word.”

Die voertuie wat gesoek word, is ’n Porsche Cayenne met die registrasienommer 193 Z GP en ʼn Porsche Panamera met die registrasienommer 500 WTM GP.

Bolhuis het ʼn beroep op die publiek gedoen wat die voertuie opmerk om dadelik sy ondersoekspan by 082 820 3680 te kontak.

Die Sinoville-polisie ondersoek ʼn saak van huisbraak en motordiefstal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

Keuse ·

Dan bly ek maar by my 12 jaar oue Ford Ikon 1300 van R85000 wat nie eers ‘n kattebaklig het. Ek het hom gehou en van my 8 jaar oue luukse Corolla Exclusive van R223000 ontslae geraak.

njertsie ·

wha ha ha ha. as jy darem dink daardie 2005 ford ikon van jou is 85 000 werd, dan is jy in vir n kamuse ontnugtering.

Keuse ·

Dit was die twee voertuie se NUWE pryse. Ek mag dom wees maar is nie onnosel . . .

Meraai ·

Jou Ford is nogsteeds daai prys werd vir jou, want om hom te vervang gaan jou verseker meer uit die sak jaag.

Ai ai! ·

Is dit nou spog of kla? Baie geluk dat jy wel 2 motors kon bekostig. En of dit nou n duur of minder duur motor is. Daar word nie altyd gekyk na waarde nie . Erger dade word gepleeg vir n paar rand.

Bere jou sleutels! ·

Kom ek praat mooier…aangesien MM duidelik nie van my vorige stelling gehou het nie.
Hierdie mense is ryk genieg om 2 Porche te besit, maar hulle kan nie vir hulle self sink om dalk hul karsleutels in n kluis toe te sluit of iewers weg te steek nie?

JOHANN ·

hulle het ook nie geld vir n behoorlike motorhuis nie. duur moters staan onder n skadunet

Maggies ·

Ek hou maar my Tazz. Klaar betaal skuld niemand iets nie. Miskien kon hulle nie meer die Porches bekostig nie nou is dit die assuransie wat moet opdok.Sê maar net

Verons ·

Die kluis is uit die muur uit gebreek en saamgevat… En die foto van die 2 karre onder die skadunet is by hulle werk…. Karre was in ‘n motorhuis!

Frik ·

@Johann. Die die twee motors buite onder ‘n skadunet , is ‘n manier van spog. Iets soos – Kyk wat ry ons!! Maggies noem hierbo dat dit seker nou die versekering se probleem is. Miskien is die voertuie nie verseker nie en het ook geen opsporingstelsels in nie.

Phillip ·

Dankie vir jou valkoog Peet … ons het die opskrif gewysig.

Groete

Phillip Bruwer, nms. Maroela Media

Johan. H. ·

Julle vertrou te maklik as julle nounog nie iets geleer het nie, wel sorrie,,,, daar kon egter nie baie in die huis gewees het soos MM berig nie, as dit in die twee karretjies pas nie,,,

Andre ·

Vir daardie voertuie is satellietopsporing ‘n moet vir versekering. Kom ek sê die voertuie behoort aan die Homo Naledi wat NOOIT versekering uitneem nie. Darem lekker vir die benadeeldes. Wat het geword van hulle interne sekuriteit?

Dink mooi ·

Kyk mooi na daai fotoe hy is in die somer maande geneem .

Cherokee ·

en dit neig te lyk by woonstelle geneem. ‘n Gesin wat 2 Porches kan bekostig bêre dit nie onder skadunet. Die vensters lyk bietjie woonstellerig. Die standaard is immers om eers motorhuise te bou en dan Porches te koop.

Saartjie ·

Ek het ook gewonder oor daardie skadunet en die voorkoms van die gebou, maar nêrens word daar gesê dat die foto by die eienaars se huis geneem is nie. Dis bloot ‘n foto waarop albei voertuie verskyn en dit kon dus by ‘n fabriek of kantoor geneem gewees het.

The Snide Guy ·

@Cherokee is jy dan nog besig om motorhuise te bou?

Cherokee ·

Dankie vir die kompliment André, Maroela se sensors deel nie altyd jou mening nie:-)

Philip Meyer ·

Gelukkig was dit twee van Porche se mees afskuwelike modelle …
Ek het gedink motordiewe het darem nog ‘n bietjie meer trots …

Jakalas ·

Dis nou wat die Engelse sê “That is why we can’t have nice things” te sprake kom. Ek sien so veel mense wat sê as hulle daai twee Porsche’s kon koop, dan… Wat is fout met julle? Daai mense het sekerlik gewerk vir hulle besittings. As jy sukses behaal, wil jy sekerlik nie voel soos ‘n teiken nie, of hoe? Dit gee ook nie om of die karre onder ‘n skadunet parkeer is, of in ‘n motor huis nie.

Partykeer kan hulle nalatig wees, soos daai een man wat sy Lamborghini ge-idle het terwyl hy gou in die winkel in gehardloop het, maar hierdie was ‘n huis braak. Ek kan nie dink dat party mense lekker kry uit dié saak nie.

Johann Marx ·

Hahahahaha..Jakkals? Dis NET in Eerste Wêreld lande waar jou denkwyse geldig is. As jy in die nuwe Suid Afrika ‘n nuwe R2 miljoen kar ry, of in ‘n mooi huis bly, dan dink almal “Seker weer ‘n tenderpreneur wat ‘n kontrak gekry het? Seker ook betaling al ontvang sonder om die werk te gedoen het?” Kan jy mense kwalik neem daarvoor? Ek dink nie so nie…

anton ·

Neeee Jakalas,
90% van die bevolking vandag het nie gewerk vir hulle luukshede nie.
Johann slaan die spyker op die kop. Wat ek kan byvoeg is al die foutiewelike aanstellings wat maak dat mense vandag in weelde leef en rondry. Hulle weet nie wat die woord ”werk” beteken nie!!!

Shaan ·

Ek stem saam met Jakalas. Mense gun mekaar niks meer deesdae nie. Darem hartseer dat mense lekker kry uit ander mense se verlies.

The Snide Guy ·

Anton wat as hulle deel is van die 10% is wat actually hard werk? Dan is jou hele teorie in sy kanon in.
Klink my van julle ouens voel die wêreld skuld vir julle…

SARIE VAN HEERDEN ·

Die kluis is gesteel? En nog alouit die muur gebreek? Jou kluis moet ook in die vloer geskroef word. Sjoe, hoe het dit in ‘n Porche gepas?

Mari ·

Soveel leedvermaak! Afrikaners geniet dit blykbaar baie as iemand iets sleg oorkom

MS ·

Sjoe, ek hoop jy word ook so veroordeel eendag soos wat jy hulle veroordeel en die hel oor hulle uitspreuk so agter jou sleutelbord, jou boelie!

Dit is mense wat vir jare hard gewerk het hulle hele lewe lank, en uiteindelik hul droom motors kon koop en nou is dit hulle verdiende loon dat beide hulle motors gesteel word deur iemand wat geen reg het om in hul huis in te kom nie.

Jan ·

Is hierdie tipe motors ook nie maar n nalatenskap van kolianisme nie? En is die motors nie bekom deur voorheen bevoordeeldes?

Chris ·

Die hoof seun baasspeurder Mike se hulp word ingeroep, maar hy vra die publiek om ‘n oog oop te hou vir die motors. Helloooou. Ek ruik ‘n slang in die gras.

Ian ·

Die opmerkings hierbo lees soos ons Afrikaner volk se geskiedenis. Hoe jammer. Toevallig ken ek die eienaars van die voertuie. Hardwerkende Afrikaners wat alles vir hul naaste sal doen. Maar ons ons as volk verlustig ons in hul verlies. Weereens is ons die skepper van ons eie “fake news”. Laat sak my kop in skaamte. Dit is hoe ons rol.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.