‘Inbrekers’ glo ontvoer en vermoor

Foto: Facebook

Sewe verdagtes is op aanklag van ontvoering en moord in hegtenis geneem nadat hulle glo eiemagtig opgetree het.

Die verdagtes sal na verwagting Dinsdag in die landdroshof in Oos-Londen in die Oos-Kaap verskyn. Volgens die polisie is die ontvoering van en moord op die twee vermeende inbrekers reeds verlede maand aangemeld. Gemeenskapslede van Reeston het na bewering die twee mans van verskeie inbrake verdink en toe eie reg gebruik deur glo die mans te ontvoer en te vermoor.

Lede van die Oos-Londense blitspatrollie en polisiebeamptes van Scenery Park het die afgelope naweek inligting opgevolg en sewe mans in hegtenis geneem in verband met die voorval. Die verdagtes is tussen 35 en 45 jaar oud.

Nadere ondersoek het die polisie gelei tot ʼn kloof naby die Ngquthu Mahlubini-nedersetting waar beamptes menslike oorskot gevind het. Volgens die polisie is die vermeende inbrekers ontvoer en vermoor waarna hul lyke diep in die kloof gegooi is.

Die verdagtes word aangekla van ontvoering en twee aanklagte van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Hanna ·

Persoonlik dink ek dis ‘n baie goeie beweging in die regte rigting. Daar is teveel moord, inbrake en vandalisme. Daar is te min Polisiebeamptes om beskerming te bied, dis tyd dat die gemeenskappe ingryp en mekaar begin beskerm.

anton ·

Daar is nie te min polisie beamptes nie maar teveel wat nie hulle werk wil/kan doen nie!!!
Die polisie is al lankal net n werkskeppings instansie. Niks anders nie.

Daan Erasmus ·

Die mense het die wet in eie hande geneem. Juis omdat daar nie wet en orde is nie. Na my mening moet dit jou kwytskelding van vervolging gee.

Ek twyfel ·

Ek twyfel en weerlê jou bewering Jaco want die risiko is té groot, dit sien ons met die doodskis-episode en ander sake hangende.

marous ·

Gaan daar dreigemente van afbrand en vernietiging wees as borg toegestaan word of geweier word ?

Gerrit ·

Dit is wat gebeur as die saps afwesig is en misdaad eskaleer.

Oom Kalahari ·

Die mense raak moeg vir misdaad en weet die regstelsel beskerm nie meer die slagoffers genoegsaam nie. Daarom begin hul eiehandig optree weens omkopery of ontsnapping in aanhouding.

Andreas Meyer ·

Nee, jy kan. En dit word gereeld so gedoen. Of dit altyd sin maak, dit is egter ‘n ander vraag.

Nouja ·

Daardie uitdrukking is deur iemand uitgedink wat nie daarvan bewus is dat meeste veldbrande met voorbrande gekeer, gemanipuleer en gestop word nie.

Arie ·

Doodskiet na ontvoering kan gesien word as MOORD.

Wanneer inbrekers of skarminkels my veiligheid met ekstreme geweld bedreig, mag ek in weerwil ekstreme geweld gebruik tot verdediging van myself, my geliefdes en my eienddom. Dit staan in die volksmond beter bekend as self-verdediging.

Om die oorle inbrekers.DAN op te laai en iewers te gaan neergooi is duidelik n poging tot dwarsboming van die gereg en kan die aanklag baie maklik uitgebrei word tot strafbare manslag of selfs moord

Lolies ·

Ontvoerig is enige iets waar jy iemand teen hulle wil met of sonder geweld van punt A tot punt B dwing. As jy dan doodskiet, is dit ontvoering en moord.

Koos1 ·

Ek weet dis nie blankes nie, want anders het al wat ‘n minister en politikus geskree RASSISME!

Maxie ·

O ja nee as die oortreders blankes was was die arme boer se plaas reeds afgebrand, die boer in die tronk gesmyt, hy sou klaar nie borg gekry het nie .. en sy naam, van en adres sou reeds gepubliseer gewees het, so ook ‘n foto van hom en sy vrou en drie kinders en waar hulle studeer en bly en watter ouderdomme hulle is … Dit sou ook reeds WERELDNUUS gewees het en vandag op die voorblad van ‘n baie bekende AFRIKAANSE NUUSBLAD in Pretoria

Wenner ·

Wens die polisie spoor die plaasmoordenaars ook so vinnig op!

Albaster ·

Maar die polisie doen dan niks, of as die polisie wel oortreders vang laat die howe hulle vry, of korrektiewe dienste laat hulle ontsnap, so wat anders moet die gemeenskap dan doen?

Naas Vermaak ·

Die ywerigheid van die Polisie in sake waar die publiek eiegeregtig optree agv gebrek aan behoorlike polisiering is merkwaardig….seker oor hulle ego aangetas word….sou graag dieselfde ywerigheid in ALLE sake wou sien.

Haan ·

Arie NIE tot beskerming van jou EIENDOM nie! … Jy ken nie jou wet op selfverdediging nie

Annelize ·

Mense is moeg en siek en sat daarvoor om in vrees en soos ‘n kluisenaar in hulle eie huis en gemeenskappe te leef. Hierdie tipe van ding gaan al hoe meer en meer begin gebeur.

Marlise ·

Ek wil asb ‘n guns vra. Ek is getroud met ‘n polisieman, ek kom uit ‘n familie van polisie lede en oor grote van ons vriende is in die polisie. Wees versigtig om alle polisie lede oor dieselfde kam te skeer en te veralgemeen. Want die lede wat ek ken en hulle kollegas, is almal lede wat hulle lewens elke dag op die spel plaas vir ons ander. Ongelukkig is die werklikheid ook daar dat ons lede se hande baie keer af gekap is met wat hulle mag doen en wat nie. Dit is sieldodend vir hulle om die mense te vang en die hof laat hul vry of hulle ontsnap. As ons gewone straatburgers net bietjie moeite wil doen en ons polisie lede te help en ondersteun in plaas van heeltyd sleg sê gaan dit ook baie help. Ek weet daar is ongelukkig slegte appels in die polisie, maar hulle is ‘n minderheid.

GUNSIE ·

Dit raak nou ‘n AFGESAAGDE ou DEUNTJIE daardie, van my oom of my neef of my seun of my broer of my man is so ‘n goeie polisieman .. .. EN JA ons weet daar is goeies, maar ongelukkig is die VROT APPELS besig om die goeie appels nou verby te steek . so ONS MAG KLA, ons MAG ons se se, want ONS BETAAL BELASTING en ONS het die reg om VEILIG te wees en BESKERMD te voel deur die POLISIE .. JA hulle hande is afgekap in sekere gevalle, maar in ander gevalle speel hulle LEKKER SAAM met die oortreders .. Die slegte appels is besig om die MEERDERHEID en norm te word .. jammer as ek jou moet teleurstel!

AG ASSEBLIEF TOG ·

Gunsie, wat eintlik n afgesaagde deuntjie word is mense soos jy wat al ewig kritiseer en nooit niks goed van polisie lede iets kan se nie. Net omdat mense soos jy “belasting betaal” gee jou nie die reg om sommer enige polisie man sleg te se nie. Jy het geen idee wat polisie werk behels nie. Wat jy op TV sien is nie die harde werklikheid nie. Gebruik jou gesonde verstand man. Dink voordat jy sommer net uitlatings maak. Want ek twyfel sterk of jy dit ooit as polisieman sal kan maak!!

martin cilliers ·

ek voel veilig in my pagtige land en geniet elke dag na aftreder tussen alle rasse ek ruil dit vir niks, Ek sien ons polisie mense orals in die malls ens. en dit maak my trots om so beskermend te kan voel dankie vir hulle diens!!!!!

Stelling ·

Gunsie, jy is tipies een van daai wat nie n dag sal aard in die polisie nie! As jy nie weet wat om te se nie, bly liewer stil. Dis agv mense soos jy wat niks in hierdie land opgelos word nie. Stereotype!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.