Inbrekers steel baba

Argieffoto

Argieffoto

JONGSTE: Die baba is toe nie gesteel nie en die polisie ondersoek ‘n saak van meineed. Klik hier om meer te lees.

ʼn 13 dae oue babaseuntjie is Maandagaand in Kempton Park, oos van Johannesburg, tydens ʼn huisbraak ontvoer.

Konst. Sharon Mahamba, ʼn polisiewoordvoerder, het Dinsdag gesê ʼn groep van drie mans en twee vroue het die ma en haar 16-jarige dogter aangeval en vasgebind.

“Die groep het die baba en sy klere gevat, asook die ma se selfoon,” het Mahamba gesê.

Die pa het omstreeks 22:00 by die huis gekom en op sy vrou en dogter afgekom.

“Die polisie kon geen teken van geforseerde toegang vind nie. Dit wil voorkom of die groep ʼn sleutel gehad het om in die huis in te kom.”

Die polisie ondersoek ʼn saak van huisbraak en ontvoering. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Cotie ·

Kan dit waar wees! O, sorry, ek’t vergeet , ek bly in SA en hier kan enigiets gebeur….

Johannes ·

Kempton Park…..Wes van Johannesburg? Ek dog dis Oos!!! Hoe nou?

Amy ·

Johannes ek bly in Kempton Park. Daar is ‘n Kempton Park Wes. (in die weste van Kempton park). Kempton Park is BAIE groot.

Amy ·

Ja, ai ek lees die berig soos my alie. Daar is ‘n Kempton Paek Wes, maar ja, Kempton Park IS Oos van JHB.

David Spohr ·

Hahahahahah
Manne die voorstad is Kempton Park Wes. Die sin lees nie
“In Kempton Park, wes van Johannesburg…” nie

Elsa ·

Ha ha Jy is reg Johannes Hoe nou. Kempton Park was nog altyd oos, maar soos Cotie se dit is Suid Afrika en enige iets is moontlik daar. Hy sy tas gepak en wes getrek ha ha.. Voel jammer vir die ma. Hoop hulle kry gou die baba lewend terug. Hoop nie hul wil van hom muti maak nie.

Ai Ai ·

Nee kyk nou het ek als gelees vandag, hoe waar en hoekom is nou my vraag? Hoop die baba word gou gevind, en is ongeskonde!

Tanja ·

Regtig mense, wat maak dit nou saak, Oos of Wes, wie gee regtig om? Dit gaan oor ‘n babatjie wat gesteel is !

Ella ·

Kan julle mense wat hierbo komentaar gelewer het nie respek hê vir wat gebeur het nie. Julle is meer bekommerd oor watter deel van kempton park nou eintlik reg is. Hierdie ouers gaan deur ‘n verskriklike moeilike tyd en nou mors julle hul tyd met hierdie simpel komentaar. Is dit nodig om te noem van die muti (Elsa)???? Regtig mense, probeer self in hul skoene staan op hierdie oomblik.

My hart breek vir hierdie gesin en bid dat die Here die baba seuntjie veilig by sy ouers sal terug besorg. Die Vader alleen sal hom beskerm.

sylvia ·

HI SHAME EK KANI GLO IEMAND STEEL N ONSKULDIGE BABATJIE NIE VAT DAARDIE BABA TERUG NA DIE OUERS TOE. EK DINK AAN DIE FAMILIE WAT DEUR DIE MOEILIKE TYD MOET GAAN. STERKTE EK HOOP JULLE KRY JUL BABA GOU TERUG

David Spohr ·

So ek aanvaar die kind is nog nie teruggevind nie…
Ek wil net graag daarop wys dat die misdaad gewapende roof en ontvoering is, en NIE huisbraak nie. Huisbraak is as mens by iemand se huis inbreek terwyl hulle nie daar is nie. Roof is as jy hulle geweldadig besteel.
Ontvoering in ons reg is tweeledig. Dis enige iets om mense se vryheid van beweging te ontneem en sluit ook in die vasbind van daardie twee vroue…
Ai ek hoop hulle kry die kindjie terug.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.