Inbrekers vies oor buit, brand klaskamers af

Die klaskamers in puin. Foto: Verskaf aan ANA

Die klaskamers in puin. Foto: Verskaf aan ANA

Vier klaskamers van ʼn laerskool in Noordwes is verwoes nadat dit glo deur “ontstoke inbrekers” aan die brand gesteek is. Skade van nagenoeg R2 miljoen is aangerig.

Freddy Sepeng, woordvoerder van die departement, het Donderdag gesê die voorval het Woensdagmiddag by die Phogole Primary School in Makwassie naby Wolmaransstad plaasgevind.

“’n Lid van die gemeenskap het omstreeks 13:30 rook uit die skool sien kom en die polisie en brandweer is ontbied,” het Sepeng gesê.

Volgens Sepeng het ʼn voorlopige ondersoek bepaal dat inbrekers toegang tot die skool gekry het deur die diefwering in die administrasiegebou oop te breek, waarna die alarmstelsel ontkoppel is.

“Hulle het vermoedelik tabletrekenaars en rekenaars gesoek, maar die skool stoor dié toerusting in ʼn veilige plek wat nie op die skool se perseel is nie. Aangesien hulle nie die elektroniese ware kon vind nie, het hulle op die ou end die skool aan die brand gesteek.”

Volgens Sepeng het vier klaskamers afgebrand en is skoolmeubels en die administrasiegebou erg beskadig.

Die polisie ondersoek die voorval. Die departement beplan om tydelike klasse ingerig te hê as die skool volgende jaar heropen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Haai ·

Ek sien nerens dat enige iemand gearresteer is nie. So hoe kom hulle by die storie dat hulle kwaad was omdat hulle niks kry, en toe afgebrand het?

Meer logies sou seker gewees het hulle het dit gebrand om bewystukke soos vinger afdrukke en cctv beeldmateriaal te verbrand?

al ·

Solank dit nie jou sak raak of jou eiendom is nie, kan jy maar steel, verwoes en plunder.

Scaene Brink ·

Ek was in Makwassie Laerskool in die vroee 70’s en dit is vreeslik om dit te lees. Dit was van my beste tye in my lewe wat my vir ewig sal bybly.

Spokie ·

Ja en tien teen een is van hulle kinders of familie se kinders in die skool en dan is almal nou weer in die nuwe jaar erg verbaas as hulle moet terug gaan skool toe maar kan dit nie doen nie. Dis skokkend hoe mense dink en redeneer!!!

Bokkie ·

Nou moet ons die belasting betaler weer die skool help opbou.Al so siek en sat om te lees dat hulle net kan afbreek en afbrand as hulle kastig kwaad is.

Frans ·

Dit kani anders wees ni dit moet so wees verniel als en stricke dan om dat da ni isi

cor ·

Dit is waar die logika van 20 % vir wiskunde inkom , as jy nie jou sin kry oor iets nie dan brand jy dit af want die staat sal weer betaal en die skool sal nie Januarie oopmaak nie nog langer vakansie

Thys ·

Ongelukkig is dit nie die staat wat betaal nie, maar die belasting betalers. :(

GES ·

ʼn Voorstel is dat aanwysings beskikbaar gestel word wat aandui waar en hoe om in te breek met minimum skade. Daar moet ook kos (nie bederfbare produkte) en so een of twee rekenaars ook in die klaskamer geplaas word. Kwaad inbrekers doen baie skade. :-(

Veronica ·

Dis nou ons naaste en di toekomstige leiers van ons land.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.