Inchanga-geweld: Duisende stroom na gedenkdienste

Die gedenkdiens van Nontsikelelo Blose Sondag (28 Augustus 2016) in Inchanga. Foto: Giordano Stolley/ANA

Die gedenkdiens van Nontsikelelo Blose Sondag (28 Augustus 2016) in Inchanga. Foto: Giordano Stolley/ANA

Byna 3 000 ondersteuners van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP) en 1 000 ANC-ondersteuners het Sondag die gedenkdienste van Nontsikelelo Blose en Xolani Ngcobo bygewoon wat ʼn week gelede tydens vermoedelike politieke geweld in Inchanga buite Durban doodgemaak is.

Die Nondlini-sport-en-gemeenskapsaal in Inchanga waar Blose se gedenkdiens plaasgevind het, was volgepak met ondersteuners geklee in rooi T-hemde, familielede en talle verslaggewers. ʼn Paar honderd ondersteuners het buite die saal saamgedrom nadat hulle nie binne plek kon kry nie.

Slegs 5 km weg het sowat 1 000 ANC-ondersteuners die Michael Gwala-saal volgepak vir die gedenkdiens van Ngcobo, ʼn lid van die ANC Jeugliga wat ook tydens die geweld by Inchanga doodgemaak is nadat ʼn woedende groep inwoners op sy huis toegesak het.

James Nxumalo, die voormalige burgemeester van die eThekwini-metro, het Blose se begrafnis bygewoon. Ngcobo se begrafnis is deur die ANC eThekwini se streeksekretaris, Bheki Ntuli, en Thanduxolo Sabelo, die ANC Jeugliga se provinsiale sekretaris, bygewoon.

Daar was Sondag ʼn swaar polisieteenwoordigheid in Inchanga wat deel vorm van Durban se omstrede Wyk 4. Die wyk is verdeeld tussen lede van die ANC en SAKP sedert die nominasie van kandidate vir die munisipale verkiesing vroeër vandeesmaand. Sedertdien heers erge spanning in die gebied en word voorvalle van geweld kort-kort aangemeld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Sarie ·

Die onnodige geweld & moord, ontketen nòg meer geweld & moord.. Dis ‘n bose kringloop!!!

Popeye ·

Ja wat sal ons nou se, politiek het weereens sy dodelikheid bewys. Soos ons nou nostalgies na die bakleiery tussen Natte en Sappe verwys vanmelewe se dae, gaan hierdie nuwe regime se mense sekerlik ook eendag terugkyk en wonder waar hulle die pad byster geraak het.

Frederik ·

Gaan daar soveel ANC komrats op Daniëlskuil ook toesak. Ons verneem ‘n nuwe DA Raadslid is oorlede in wat gesien word as ‘n politieke moord.

snoefie ·

die voorvadersgeeste is baie ongelukkig omdat die arme mense soos siellose skape geintimideer word om hulle lewens in hulle eie hands te been om die eenof ander ruggraatlose leier se vuilwerk te doen. daar is nie pille vir hebsug nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.