Independent Media sê oor Gupta-advertensies

Atul Gupta (Argieffoto)

Atul Gupta (Argieffoto)

Independent Media het Sondag gesê die maatskappy se besluit om nie advertensies van Oakbay Investments te publiseer nie, was bloot gebaseer op wetlike redes.

Volgens die verklaring is die maatskappy nie gekant teen advertensies van eienaars van mededingers, soos Oakbay Investments, in sy publikasies (Pretoria News, Cape Argus en Daily News) nie. “In hierdie geval het Independent Media egter besluit om nie die Oakbay-advertensies te publiseer nie, weens die wetlike risiko wat daarmee gepaard gaan.

Die maatskappy het gesê hy neem kennis van die verklaring deur Oakby Investments wat gepoog het om ʼn rasionele handels- en redaksionele besluit te verpolitiseer.

“Independent Media verwerp met minagting die aantyging dat die besluit deel was van ʼn ‘volgehoue aanval’ op die Gupta-familie en hul ondernemings,” het dr. Iqbal Survé, uitvoerende voorsitter van die maatskappy, gesê. “Ons besluit het niks te doen met die politieke modderbad waarin die Gupta-familie hulself tans in die Suid-Afrikaanse politieke konteks bevind nie. Ons bevestig ons reg tot redaksionele onafhanklikheid en om self te besluit wat in die beste belang vir ons maatskappy is.”

Survé het bygevoeg Independent Media veroordeel enige poging van Oakbay Investments om die maatskappy te boelie of te intimideer en sal alles doen wat nodig is om sy redaksionele en handelsonafhanklikheid te beskerm.

Oakbay Investments het Saterdag sy “teleurstelling en afsku” uitgespreek oor die besluit deur Independent Media om nie die advertensies te publiseer nie. Oakbay het gesê die advertensies was ʼn “direkte pleidooi aan Absa, Nedbank, Standard Bank en FNB om 7 500 Oakbay-poste te red deur sy bankdienste aan Oakbay te herstel”. Oakbay voer aan die besluit deur Independent Media is “verdere bewys van ʼn volgehoue aanval op die [Gupta]-familie en sy sakebelange”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Andre Barnard ·

Siestog- Nou is die magtige guptas skielik slagoffers.

ig ·

Sink die Gupta’s finaal,Zupta is klaar besig om water te trap.

Veritas ·

Hoekom adverteer die Guptas (Oakbay) nie in hul eie koerante nie. Seker omdat niemand, behalwe ‘n paar staatsamptenare, dit lees nie.

christine ·

Die GifTas het n paar onderneming gesink toe ons verbruikers na verskonings oor hoekom hier nie elektriseteit in SA is nie,as die kole nie nat geword het nie was dit weer vlg week n ander liegstorie. Hulle het met hulle korupte kontrak die land lam gele. Eers na hulle gesien het hulle gaan nie uit die kontrak kom nie, het hulle nog n myn gaan koop daarom pelle het ons nou nie meer probleme nie. Laat hulle die pad vat en kan sommer ons Pres ook saamvat. You all wont be mist baai baai. Mooi banke laat hulle hul geld iewers anders loop was.

christine ·

Die GifTas gee GLAD nie om vir die 7500 werkers nie. Hulle moes in die eerste plek nie die werke gehad het nie. Nee kyk hulle baklei vir eie gewin

Mariaan ·

Die New Age word op sekere plekke gratis uitgedeel. Dit ê op hope ongelees want niemand stel belang nie. Dít nadat die staat die koerant met miljoene gefinansier het terwyl kleiner koerante sukkel om kop bo water te hou met geen staatshulp. Skande!

John ·

Mense van elders het nog altyd hul wil probeer afdwing in Afrika. Rolle agter die skerms om regerings te ‘help’ bestuur, hou net nie op nie, want minerale spel geld, spel mag, spel gelukl Dit is nie net die Guptas wat glo problematies is nie, maar dit wil voorkom of nog groepe in kompetisie is met mekaar vir die skep van ‘n eie magsbasis en vir eie gewin. Die ‘Scramble for Africa’ duur voort. Lees die boek met die titel!

Zirk ·

Lekker kry ek nou ?. Knyp hulle nog so bietjie waar dit seermaak.

My bydrae ·

Laat dit vir zupta en toekomstige zupta’s ‘n les wees.

Lance ·

Blok net die skelm mense waar julle moontlik kan .. dit gee so n goeie boodskap uit aan beleggers …ek is trots om die mense wat opstaan teen die skelm mense wat SA vir almal verwoes

Theuns ·

Dit het die Guptas en Zumas WRAGTIES nie verwag nie! Hulle het die vermetelheid om verontreg te voel? Mooi so Banke!

Jo ·

Die Guptas slinger nou wilde aantygings na alle kante toe. As die skoen jou pas……

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.