Ineenstorting by TB Joshua-gebou: Dodetal nog onduidelik

Die gebou wat ineengestort het Foto: Channel NewsAsia

Die gebou wat ineengestort het Foto: Channel NewsAsia

Die dodetal in die gebou in Nigerië wat ingeengestort het kan nog verander, het die Suid-Afrikaanse hoëkommissaris in Nigerië Woensdag gesê.

“Die amptelike syfer is nog nie bekend gemaak nie en die getal kan steeds styg of daal,” het Lulu Mnguni uit Nigerië aan eNCA gesê.

Hy het gesê daar is ʼn gebrek aan inligting oor dit wat op die grondvlak gebeur. “Ons het meer mense na die toneel gestuur om ons met inligting by te staan. Ons kan op die oomblik bevestig dat 20 mense in die hospitaal behandel word en 248 mense het die ineenstorting oorleef.”

Hy het bevestig Suid-Afrika gaan ʼn span kundiges van verskeie staatsdepartemente na Nigerië stuur om bystand te verleen.

President Jacob Zuma het Dinsdagaand gesê 67 Suid-Afrikaners is dood en talle is beseer toe ʼn gastehuis by die Synagogue Church of All Nations Vrydag ineengestort het. Daar is nog nie enige duidelikheid waarom dié getal teenstrydig is met die dodetal wat gister in Nigerië bekend gemaak is nie. Ibrahim Farinloye, woordvoerder vir die nasionale noodbestuuragentskap (NEMA), het Dinsdagmiddag nog aan AFP gesê die algehele dodetal staan op 62.

Die gastehuis het uitlanders, wat aanhangers is van die gewilde televangelis TB Joshua, ook bekend as “Die Profeet”, gehuisves. TB Joshua was ook by dié sinagoge betrokke. Mense van dwarsoor die wêreld stroom na sy netwerk van kerke en sy televisiestasie in die hoop om ʼn wonderwerk of profesie te ontvang.

The Star het vroeër berig nagenoeg 300 Suid-Afrikaners van verskeie kerktoergroepe het in die gebou gebly toe dit ineengestort het.

Lees ook:
67 SA’ners sterf in Nigerië by TB Joshua-gebou
SA’ners dalk geraak deur ineenstortings in Nigerië

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

G Eloff ·

In the world of churchianity all roads lead to Lagos se hulle .

Jaco ·

Maak my dink aan die verhaal van dagon wat neergestort het voor die Ark van God toe die filistyne dit gesteel het, en hoe Simson die klomp filistyne vernietig het met die tempel wat inmekaar gestort het,….,wat soek mense by die duiwel? Hulle gryp na vals hoop en as hulle maar net weet waarvoor hy staan en waarin hy glo……..ai ons mensdom darem maar……interessant genoeg nou is hy stil…..hy beweer mos hy kan dooies opwek soos Jesus, kom laat ons sien hoe goed jy eintlik is vals profeet! Dit boy egter baie hartseer om ban enige mense lewens verlies te verneem, maar rerig!

Mickey ·

Hierdie sogenaamde predikers is so slu en selfvoldaan om hulself as profete voortedoen maar die mees onverstaanbare vir my is al die idiote wat val vir hul stories dit grens aan Godslastering ek wonder baie vir wie aanbid die ouens vir God of hul eie afgode

Thinus ·

Klink vir my soos Zuma wiskunde die….62 sterf waarvan 67 Suid Afrikaners is….

Koos ·

Dit is die vierde gebou van Joshua wat nou inmekaar stort

God laat nie met hom spot nie.

G Eloff ·

Net so . Spreuke19:29 ” Vir die spotters staan strafgerigte klaar en slae vir die rug van die dwase.”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.