Inenting met AstraZeneca-entstof tydelik opgeskort  

(Foto: JUSTIN TALLIS/ AFP)

Die eerste fase van Suid-Afrika se inentingsprogram teen Covid-19 is tydelik opgeskort nog voordat dit kon begin nadat navorsing gewys het die AstraZeneca-entstof het moontlik nie dieselfde effektiwiteit teen die 501Y.V2-variant nie.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, en kenners het Sondagaand tydens ʼn mediakonferensie meer inligting bekend gemaak oor die land se inentingsprogram.

Die resultate van nuwe navorsing oor die AstraZeneca-entstof, waarvan Suid-Afrika verlede week ʼn miljoen dosisse ontvang het, is tydens die mediakonferensie bekend gemaak.

Die Oxford-AstraZeneca-entstof is deur die Serum-instituut van Indië vervaardig. Sowat 1,2 miljoen gesondheidsorgwerkers is die teikengroep in die eerste fase van inentings.

Prof. Shabir Madhi, wat plaaslik die kliniese proef van die Oxford/AstraZeneca-entstof gelei het, het gesê ʼn proef is onder 2 000 deelnemers, tussen 18 en 65 jaar oud, gedoen. Tot en met einde Oktober verlede jaar, voordat die nuwe variant begin versprei het, het die entstof “geweldige potensiaal” getoon. Die waarskynlikheid om met Covid-19 besmet te word, het by deelnemers 14 dae nadat hulle die eerste van twee dosisse toegedoen is, met tot 75% afgeneem.

Die 501Y.V2-variant het toe egter aan die lig gekom en daar is bevind die entstof is baie minder doeltreffend teen die variant.

Volgens prof. Salim Abdool Karim, voorsitter van die ministeriële advieskomitee oor Covid-19, lyk dit of die entstowwe wat deur Pfizer en Moderna vervaardig word, egter redelik goed vaar teen die 501Y.V2-variant. Die Johnson & Johnson-entstof blyk volgens Karim ook ʼn goeie kandidaat te wees vir Suid-Afrika se entstofprogram.

“Covid-entstowwe bly effektief teen bestaande variante. Die volgende stel entstowwe sal van die 501Y.V2-variant gemaak word en sal daarom waarskynlik effektief wees teenoor dié variant. ʼn Mens sal dus die bestaande entstof neem om immuniteit teen die bestaande variante te gee, en dan neem mens die versterker om beskerming teen die 501Y.V2-variant te kry.”

Die regering beplan om minstens 67% van die bevolking teen die einde van die jaar in te ent.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

71 Kommentare

jongste oudste gewildste
SwartBees

Wat anders het ons verwag van die onbeholpe goewerment…. eers slaap hulle om ent stof te bestel. Toe hulle wakker skrik toe koop hulle die eerste produk wat verby kom en nou is dit n kat in die sak boonop dit als.

Chantel

Dit is eintlik lagwekkend!

Jakez

Ek het in ‘n ander artikel gelees SA het ou voorraad gekoop wat in April reeds verval. Is dit waar?

Charles

Wat die regering beplan en doen is ver uitmekkaar, hier sit hulle al klaar met ń oneffektiewe entstof.

Pieter

Daar is etlike weke terug in die buitelandse nuus al berig dat hierdie entstof nie doeltreffend is nie, maar is nooit berig in die plaaslike nuus nie. Seker gereken as samesweringsteorie en fopnuus. Nou is miljoene verkwis op ‘n swak entstof. Dit is dieselfde buitelandse media wat berig die Amerikaanse verkiesing is ‘n bedrogspul/staatsgreep. Dieselfde media berig dat Swede se kudde-immuniteit bo 40% is sonder sosiale afsondering en ‘n ekonomiese grendelstaat. Asook Israel met sy aggressiewe inentingsprogram se Covid-19 gevalle styg terwyl die nie-geente Palestyne se gevalle daal. Dit is tyd vir besinning en nie om soos ‘n klomp skape… Lees meer »