Inenting van plaaswerkers moet prioriteit wees – TLU

boer-boere-trekker-plaas-boerdery-landbou

(Argieffoto: Spencer Pugh/Unsplash)

TLU SA het ʼn skrywe aan die minister van gesondheid, dr. Zweli Mkhize, gerig waarin daar versoek word dat plaaswerkers as prioriteitsgroep oorweeg moet word wat die inenting teen Covid-19 betref.

Die landbouorganisasie sê plaaswerkers verrig ʼn noodsaaklike diens en is sedert die begin van die inperking as sodanig geklassifiseer.

Henry Geldenhuys, president van TLU SA, sê in ʼn verklaring die organisasie het egter nog geen antwoord van die minister ontvang nie.

Dít terwyl die potensiële blootstelling van werkers aan Covid-19 betreklik hoog is en dit skadelik sal wees indien produksie-eenhede in isolasie geplaas moet word in die geval van ʼn verdere Covid-19-uitbreking.

Volgens Geldenhuys het TLU SA sedert die begin van die Covid-19-pandemie standpunt ingeneem dat hoewel alles moontlik gedoen moet word om die koronavirus te bestry, dit met ʼn funksionerende ekonomie gedoen moet word.

Die organisasie voer aan dat ’n tweede bedreiging – armoede en hongersnood – geskep word wanneer die ekonomie ingehok word.

“Ons het ʼn balans nodig om seker te maak dat hierdie twee bedreigings albei die hoof gebied word.”

Luidens die verklaring is dit noodsaaklik om die voedselketting en produksie in stand te hou. “Ons kan nie bekostig dat plase in kwarantyn geplaas moet word, sou daar ʼn [verdere] Covid-19-uitbreking wees nie.”

Geldenhuys sê dit bekommer TLU SA dat hy nog geen aanduiding gekry het oor wanneer plaaswerkers ingeënt sal word nie, terwyl pres. Cyril Ramaphosa Dinsdag bekend gemaak het dat 5,5 miljoen mense ouer as 60 jaar, met onderliggende siektetoestande, tussen 17 Mei en 31 Julie ingeënt sal word.

TLU herhaal nou sy dringende oproep aan die minister om die inentings van plaaswerkers te prioritiseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Herpiet ·

Hoe dink die mense? Wat van werkers wat elke dag met die publiek te doen het- kos winkels se deure moet ook oop bly. Is hulle inenting prioriteit?

gatgogga ·

Nee, ek dink nog steeds die rokers moet eerste in die ry wees.
Hulle is die kwesbaarste. Minister Kopdoek het tog verduidelik, nie waar nie?

Riaan ·

Stof to na denke… Mens moet onthou dat die 1918 “Groot Griep” net drie golwe gehad het en 1 jaar lank gevat het om met sy gasheer ‘n kompromie te tref. Daar was nie inentings daardie tyd beskikbaar nie. Die virus is soos ‘n parasiet wat ‘n kompromie met sy gasheer moet maak, anders sterf sy voortbestaan saam met sy gasheer uit. Mense word vandag nog inge-ent teen die H1N1 virus (1918 griep virus) wariante.

Met die wariante wat ontstaan het na die ontwikkeling van die entstof moet ‘n mens onthou – As die entstowwe nie effektief die gogga kan stuit nie, leer hy net om ander maniere te vind om die weerstand (entstof) te kom. Dit laat hom meer muteer en kan erger wariante tot gevolg hê of die gasheer weerloos maak teen sy aanslag – Geert Vanden Bossche, PhD, DVM (Sien gerus sy ope brief op sy linked-in blad)

Pampoen ·

Die onderwysers dink hulle is belangrik en onontbeerlik. Nou die boere ook? Ek doen seker niks en is glad nie belangrik nie ….. Ag ja wat – gaan staan maar voor in die ry … ek sal wag vir laaste.

Alta Alleman ·

Plaaswerkers? Dié einste plase wat hulle wil onteien?

Deon ·

Die hele storie is net om relevansie van die instansie te wys..

Jan ·

TLU stel teleur, hulle word deur propaganda meegesleur om by die inentingshisterie in te skakel. Nou word 100 jaar se wetenskap sowel as die jongste data in die wind geslaan wat sê dat inperking en inenting meer skadelik as die siekte is ter wille van mediahisterie wat geldbelange bevorder.

Stof ·

Wanneer fiksie as feit voorgehou word… Eksodus 20:16 het iets hieroor te sê.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.